Kruger – warm op die spoor

Gedurende April 2014 was ons ingeboek in die Kruger Wildtuin vir ‘n langnaweek. Satara is beroemde kat-wêreld en omring deur groot oop grasvelde wat wildkyk avontuurlik maak. 

Oppad kamp toe het ons opgewonde gestaar na die ontelbare wildedier spoorsoorte langs die pad. Ons het geweet: baie spore, baie diere. Bosveldreuke het neusies laat kreukel en adrenalien jou laat regopsit!

Om hierdie luiperd te kon kiek moes ons vir twee ure versigtig vorentoe skuifel. Volgens ‘n “oorvertelstorie” was ons merker ‘n hemelhoë boom ‘n entjie die bos in direk langs die H4-1 naby die Nkuhulu piekniekplek. Spoorsny met die oog was ons voorland. Toe ons hom wel vind was die visueel skaars 1 uit 5. Hoog bo-op die stam tussen ruig blare en kamoeflerende skurwebas het kollekat homself tuisgemaak. Net die lens (of verkyker) kon hom nadertrek.

Alhoewel beraming toon dat daar omtrent 1000 van hierdie pragtige diere in die Park is, is luiperd die taaiste van die Groot Vyf om te sien en kan jy maklik droëbek huiswaarts keer.

 

Skukuza luiperd langs die H4-1
Skukuza luiperd langs die H4-1

Bedags lê luiperds meestal en slaap en slegs wanneer hul opstaan om te strek of om te draai kry jy ‘n vinnige gelukkie. Dit verg geduld en baie fotos later.

Daar was ‘n soet smakie terwyl die wildernis in voluit beleef word.

Advertisements

6 thoughts on “Kruger – warm op die spoor”

  1. Wow! Wat ‘n mooie dier en so pragtig afgeneem! Sjoe! Julle is omtrent braaf! Ek het maar in die kar gesit en wag hoor. Hoop nie julle gee om nie. 😆 Ek is net bly julle het die mooi foto’s saam jul teruggebring. 😀 ♥

    Like

    1. Ja, die Luiperd is vir my ook die mees aantreklikste kat wat daar is. Maar ai, moeilik om te vind, ons het al baie keer droëbek huistoe gekeer. Dankie vir jou lees hier, waardeer jou baie.

      Liked by 1 person

      1. Ek sal jou glo en ek sal maar net so droëbek wees as ek nie foto’s van daardie pragdier kan kry nie. Julle was so gelukkig. Dis regtig stunning foto’s. 😀

        Groot plesier. Ek het nou eers bietjie opgevang. 😀

        Liked by 1 person

    1. En natuurlik is daar geen warmer gevoel as jy die eerste een is wat die luiperd ‘gevind’ of ‘gesien’ het. Dankie de WEts Wild vir die inloer …

      Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s