Blink in die oog

Die oog van die dier op ‘n foto is gewoonlik dit wat jou aandag gryp en jou siel warm woel.

Ek lees dat indien jy nie die blink in ‘n oog vasgevang kry nie kan jy maar die foto weggooi of in jou emosionele file stoor. Dis natuurlik makliker gesê as gedaan, want net soos die mens, draai die dier ook sy kop weg teen skerp lig of trek ‘n sluier oor die oog. 

Vanuit die donkerkamer by die huis spring daar soms gelukkies uit. Hierdie oë is vasgevang gedurende April 2014 in die Krugerwildtuin. Die kanse is dus goed dat hulle vandag nog rondloer deur die ruig blare of waterdruppels in hierdie asemrowende wildernis.

Verleidende lang oogwimpers van die kameelperd
Verleidende lang oogwimpers van die kameelperd
 
Die oog van die rooibok is 'n spieël waarin jy kyk
Die oog van die rooibok is ‘n spieël waarin jy kyk

Kyk diep in die oog hier bo, jy sal die voertuig asook ‘n ander bok daarin sien. Let ook op die doudruppel wat vroegoggend nog hang aan ‘n haartjie aan die onderste ooglid.

Bloedsuiers in die kreukels om die oog
Bloedsuiers in  kreukels om die oog

Bosluise ry saam hierdie witrenoster (ceratotherium simum)  in die Satara omgewing. Let ook die vliegie op die boonste lid van die oog.  Dis dus nie net die lens van die kamera wat jagmaak op die blink in die dier se oog nie. Die renoster is gewoonlik hardkoppig en weier soms om op te kyk. Gewoonlik steur hul hulself min aan gebeure rondom hulle en sal ongestoord voortwei.  

Glans in die oog van die seekoei
Glans in die oog van die seekoei

Seekoeie is lief om na jou te staar en lewer gewoonlik goeie skynsels  in oë op.

Satara sebra hings met manjifieke huid en oop gesig
Satara sebra hings met manjifieke huid en oop gesig

Sebra’s is rasserig en baie prikkelbaar. Hul deurdringende gerunnik, kwa-ha! kwa-ha! kan selfs snags in die donker oerwoud gehoor word.

Daar is natuurlik niks so mooi soos die knipoog van die son wat tussen rimpels in die water na jou terugweerkaats nie …

Sabie rivier sonsondergang
Sabie rivier sonsondergang

 

Tuur deurdringend na die oog – dit spreek van die siel se lewe of dood.

(Fotos deur Blommie – April 2014 Kruger)

19 thoughts on “Blink in die oog”

    1. Welcome dendymactoodle – your my first English girl! Well, if you cant speak Afrikaans your wrighting in Afrikaans is sharp! Yes, there will be lot of pictures!

      Like

  1. Dankie perdebytjie. Jy is ‘n inspirasie vir my! Hiers in elkgeval alreeds meer voete as op litnet. Dankie jou voorstel.

    Like

  2. Ahaa,ek het jou gevind! Welkom hierdie kant.Jy gaan dit baie geniet.Ons is nie baie nie,maar jy kan gerus kyk vir wie ek almal volg en dan “follow” gaan kliek by hulle.Voor jy jou oe uitvee het jy ‘n hele aanhang.
    Pragtige inskrywing en jou foto’s is wonderlik,veral die rooibok se oog…dis besonders!

    Like

Gesels asseblief saam ...