By die waters

Wanneer ons rondrits in die wildernis en iemand sou vra; “Waarheen gaan ons … wat wil julle graag sien?” antwoord ek gewoonlik: “Kom ons gaan sit by die rivier of op die dam se wal – by die waters.”

 Natuurlik is almal nie beindruk met my voorstel nie. Want die manne like mos van 4×4-ploeg of jaag agter Die Groot Vyf aan. (Sug) Agterna val jy rooiboud uit die Jeep en karplaks op die bed neer. Maar die hartseerste nog: geen fotos.

 Nee, nee, nee. By die waters is rus en saligheid en water-geveerdes en dorstige diere en sundowners en … as dit nou moet, die Groot Vyf ook!

Daarom sal ek en Blommie vroeg-vroeg uitsluip – terwyl die mis nog  rookagtig wuifel oor koel waters – en  ons warm slaapplekkies agterlaat om rivier se kant toe te mik. 

(Meeste fotos: Blommie Jul 2013) 

VROEGOGGEND LEWE BY DIE WATERS. Reusereier (Ardea goliath) waterdikkoppies en nylkrokodil
VROEGOGGEND LEWE BY DIE WATERS.  Reusereier (Ardea goliath) waterdikkoppies (voëls) en nylkrokodil

As jou dag so geseënd afskop kuier jy sommer gou-gou water-lekker.

DIS ONS BEURT. Sebrafamilie drink dorstig terwyl hings aan linkerkant  vir roofdiere dophou
DIS ONS BEURT.  Sebrafamilie drink dorstig terwyl hings aan linkerkant vir roofdiere dophou

Dis interessant om te sien hoe diere beurte maak by die drinkplek. Hul respekteer rystaan.

BRRR ... DIS NAT. Skukuza bobbejane vang 'n namiddag swem in die Sabie rivier
BRRR … DIS NAT!  Skukuza bobbejane vang ‘n namiddag swem in die Sabie rivier

By die waters kan soms die mooiste dinge gebeur – soos hierdie troppie bo wat in die salige hitte besluit het om af te koel.  Soos kinders het hul mekaar se koppe onder die water gedruk en het dit soms rof en skreeuend gegaan. Die kleineres is afgeknou en sommige het besluit dis veiliger op die droë rotse.  

"SKUIF OP KROK - EK WIL UITKLIM!" 'n Seekoei soek pad tussen wriemelende krokkedille.
SKUIF OP KROK – EK WIL UITKLIM!”  ‘n Seekoei soek pad tussen wriemelende krokkedille.

Voor die eerste somerreëns raak watervlakke laag en populasie oorvol. Dan wonder jy wie is baas of wie is klaas? 

"DAGSê!"  Aitsa - wie kom slurpswaaiend met 'n groot dors hier aangetrippel?
“DAGSê!”  Aitsa – wie kom slurpswaaiend met ‘n groot dors hier aangetrippel?

Ja,  olifante kan nogal fluister-trippel op sagte kussingpote en kan onverwags agter jou voertuig verskyn as jou aandag op die dam is. ‘n Beter idee is om te  ‘ruik’ of olifante naby is of die voertuig af te skakel en te luister waar die takke breek.  Om te sien hoe olifante baljaar in die water is natuurlik aanskoulik en ‘n glimlag-plesier. Deur hul strootjies spuit hulle mekaar nat en kan die logge liggame soms heeltemal onder die water verdwyn soos hul snorkel. 

"Grote griet - die water is la.a.a.ag"  Skukuza kameelperd met bosluisvoëls op die rug
“GROTE GRIET –  DIE WATER IS  La.a.a.ag!”  Girivana dam  kameelperd  met bosluisvoëls op die rug langs die  S12  (2013)

Om ‘n kameelperd af te neem wat water drink vra geduld. Hulle sal uiters versigtig nader skuifel, lank rondloer en wonder hoe veilig dit is, dan besluitloos om die dam beweeg vir die regte drinkplekkie, uiteindelik bene oopspalk om strek-strek af te sak, net om haastig daarteen te besluit en orent te ruk, terug te draai en weer van voor te begin. En dan, uiteindelik, tyd vir kiek!

 

"Mmmm - ek dink julle het genoeg gekiek en gestaar ..." Nsemane dam seekoei langs die H7
“PSSST! – KORREL VIR DIE BORRELS .  Nsemane dam seekoei langs die H7

Soms in die Krugerwildtuin as die hitte oor 41grade stoot, wens jy  om saam die seekoeie in koel waters borrels te mag blaas. Moet dit egter nooit waag nie – seekoeie is baie gevaarlik en het menig mens al gedood.  

"Laaste krappie gaps voor die son goud word"  Lace panic reier
“LAASTE KRAPPIE GAPS VOOR DIE SON GOUD WORD!”   Lake Panic reier

Die beste tyd by die waters is natuurlik wanneer die son gaan slaap. Dan kry die nagdiere lewe en paddas begin met hul kooroefening. Die atmosfeer vul met goud en selfs die seekoeie klim uit die dam om heelnag om jou tent te kom nurk. 

So ‘n sielvolle dag laat jou vervuld en soet slaap, sonder rooiboude of ‘n slaappil …

Advertisements

21 thoughts on “By die waters”

  1. O, ek stem! Ek sal ook net daar by die waters gaan sit en foto’s neem heeldag. Absolute stunning foto’s weereens hoor. Dit voel asof ek daar was. Die ‘virtual travelling’ is my ding. 😆

    Like

    1. En hoekom antwoord jy almal se comments en ek word ge-ignore hê? Jissie! 😆 Laat ek daar in my hoekie gaan sit en sulk. *snik* *snot* *snik*

      Like

      1. Hiehiehie – dat so ‘n oulike dame nou kan snik en snot ook. (Glimlag) Skuus – weet nie, my reader het eweskielik net geel koppies (Sonelle) ondermekaar uitgegooi. My rekenaar by huis is maar bietjie oud, hy toets jou geduld.
        Wens rerig jy kon saam my eendag by die water gaan sit . Ons sal ons mal-haas geniet! (Of ons gaan te stout wees)

        Liked by 1 person

        1. hahahaha vir die ‘oulik’ maar dankie. Ja, ek kan goed snik en snot. hiehie.

          Ja, serves you right. Is omdat ek bietjie by jou vasgehaak het en toe ek na die pos toe gaan, toe sien ek jy het my nooit teruggeantwoord nie en toe wil ek jou net dadelik laat weet. Nou kry die arme rekenaar die skuld. Toemaar, ek is ook oud en ek verstaan. 😆

          Ai, moenie laat ek nou snot en trane huil nie. Ek is nie en vir kuier nie en met my Simba seuntjie gaan ek nêrens as hy nie kan saamgaan nie en so lief soos ek vir die natuur is, haat ek muskiete, bosluise en uitkamp. LOL! Maar wie weet, dalk sal ons dit nog eendag doen. En ons sal ons mal-haas geniet EN stout wees. hahahahahaha!

          Liked by 1 person

    1. Nee wat jy hoef glad nie senuweeagtig te wees by waters. Daar kan jy jou voertuig eenkant parkeer onder ‘n groot boom en veilig die diere se kaskenades dophou. Ry is vir my benouder, want jy kan om enige draai teen ‘n olifant vasry …

      Liked by 1 person

    1. Hiehiehie – watter foto? Weer groot welkom hier by my blog. Ekt amper gedog ek het vir jou en perdebytjie verloor! Aaklige gevoel gewees.

      Like

    1. Wow! Dankie de Wets Wild vir die inloer, voel ge-eerd, jul blog is natuurlik vir my ‘n groot genieting en het ek baie teruggelees op dit. Wie weet, dalk ontmoet ons eendag by Lake Panic!

      Liked by 1 person

    1. Thanks a lot! I’m busy reading your blog adventures in Africa / Rhodesia. Interesting. No wonder you knew Afrikaans words!

      Like

      1. I lived for 4 years in Jhbg before getting married (from England) and going off to Rhodesia. I enjoy the Afrikaans language, (but have limited knowledge) and Afrikaners – when I hear their accent when they speak English I just love it. Pleased you are following my blog – there is more to come and I must get down to it.

        Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s