Vullisverwyderaars van die natuur

Rondomtaliedraai se uitstappie oor die Aasvoëls by die slagpale het hierdie ondervinding in herinnering geroep:

“Hi, pssst! Het julle gehoor, die Mega-pride-wyfies het ‘n kameelperd platgetrek langs die Ntsemani loop… “

“Lets go..o..o!”  Ek voel hoe die warm bosveldwind ‘n paadjie deur my hare kloof terwyl opgewondenheid deur are bruis. Toe ons hulle wel vind, is daar ‘n senuagtigheid te speur tussen die trop, wat kort-kort sal opkyk terwyl hulle aan die karkas vreet.  Skielik vries die oerwoud – want van ver kan jy die gegrom hoor van ‘n ander wilde dier wat nader beweeg: Dis die maanhaarkonings van die oerwoud wat ook oppad is hierheen …

'VERSIGTIG JULLE - HIER KOM PA!"  Leeuwyfies met kroos eet aan 'n platgetrekte kameelperd. Leeumannetjies kan vangs afvat by die wyfies.
‘VERSIGTIG JULLE – HIER KOM PA!” Leeuwyfies met kroos vreet aan ‘n platgetrekte kameelperd. Leeumannetjies kan vangs afvat by die wyfies en kleintjies wat in die pad is dood byt.

Opgewondenheid pluk-pluk aan my hart terwyl die verkyker die toneel hier reg voor my stoep laat afspeel. Alhoewel die bedrywigheid redelik diep in die bos afspeel, bring die lens elke aksie nader.

Heelwat later, terwyl die witson weier om kop te gee, is daar ander bewuswordings in die geheimsinnige ruimte. Dis nie net die leeus wat hier koningkraai nie. Agter die bosse flits rooi strepe verby, soos 2 jakkalse koes-koes wag vir ‘n gaps-kans. Hulle het ook honger kleintjies by die huis.

Ek ruik die reuk van witmis en staar op na die grouwordende hemel. Dan trek ek asem in – ja sowaar – die vullisverwyderaars het gearriveer…

Geruisloos omsingel hul die plek. Swart stil beelde, gesprinkel in geraamte bome. Hulle moes op die warm lugstrome ingevlieg gekom het, agter die reuk van die dood aan.

Aasvoëls.

Vir nou miskien die toonbeeld van geduld, wetende dat hul beurt miskien nie vandag sal kom, of dalk more nie, maar daarna – gaan die vere verseker waai!

'KOM ONS DANK SOLANK VIR DIE KOS."  Die biddende figuur van 'n Satara witrugaasvoël langs die H7.
“ONS Sê SOLANK DANKIE VIR DIE KOS.”  Die geduldige biddende silhoeët van ‘n Satara witrugaasvoël langs die H7

OMTRENT AASVOëLS

Aasvoëls is die begrafnisondernemers van die veld. Wanneer ons sien hoe aasvoëls ‘n dooie karkas aan repe skeur noem ons hulle “vuil”, “sies” en “stink”.  Dis egter nie waar nie.

Navorsing toon dat aasvoëls lief is om te reis. Gemerkte voëls opgemerk in Kimberley kom vanaf die Krugerwildtuin.
Karongwe Private Game Reserve witrugaasvoêl naby Hoedspruit langs die R36

Min mense weet dat aasvoëls dikwels bad nadat hulle klaar gevreet het. In die proses soveel water drink dat hulle soms nie kan opvlieg nie. Selfs die kuikens word baie goed versorg en is hulle lief om in groepe saam te kuier.

Vroegoggend, wanneer die son die aarde begin warm bak, begin aasvoëls met behulp van lugstrome vlieg agter dooie reuke aan. Witrugaasvoëls se oë is besonders skerp en sak gewoonlik eerste toe, raap dan vinnig hulle deel op, voordat die ander groter swart-, krans- en Ruppell aasvoëls opdaag. 50 Witrugaasvoëls kan ‘n rooibokkarkas van 23 kg binne 10 min verskeur.

Die bewaring van aasvoëls het ‘n prioriteit in SA geword. Getalle neem gevaarlik af a.g.v. gifstowwe of kragdrade wat hulle doodskop of versuiping in plaasdamme.

Navorsing toon dat aasvoëls lief is om te reis. Gemerkte voëls opgemerk in die Kimberley omgewing kom van sover af as die Kruger Wildtuin.

STOKNESTE

Stokneste word op ontoeganklike plekke gebou. Bo-op takke van hemelhoë bome. Een wit eier van omtret 215g word uitgebroei.
Stokneste word op ontoeganklike plekke gebou. Bo-op die takke van hemelhoë bome. Een wit eier van omtret 215g word  dan uitgebroei

Terug na ons storie:   Daardie week het die leeus amper drie dae om die beurt aan die kameelperd ge-vreet, voordat hul die karkas wat begin ruik het, halfhartig afgestaan het.

Dit was tyd vir begrafnisopruiming.

Witrugaasvoëls is waarskynlik ons volopste soort,  maar word deur talle bedreigings in die gesig gestaar.
“TYD VIR DUIK!”  Wanneer aasvoëls in vlug na benede val kan hul teen 100kpu afduik

Gewoonlik is ‘n mens se aandag so gevange op die roofdiere, terwyl rondom en bo jou vele interessante stories afspeel.

"SO KAMEELPERDBOUD SMAAK DARM VORENTOE! "  'n Trommeldik Satara leeuin lek haarself skoon op die H7.
“SO KAMEELPERDBOUD SMAAK DARM VORENTOE! “ ‘n Trommeldik Satara leeuin lek haarself skoon op die H7.

Later fotos van die trotse twee spogmannetjies wat met ‘n rits karre agteraan direk op ons afgestap gekom het.

(Fotos geneem deur DMD215 – Blommie)

19 thoughts on “Vullisverwyderaars van die natuur”

  1. Wow! Die mooiste foto’s ooit en jy vertel dit so goed Spokie! Hierdie sal omtrent ‘n awesome boek uitmaak hoor. Baie nuttige informasie ook hoor en ja, die vullisverwyderaars moet ook daar wees né? 😀

    Like

    1. Your photos of the golden orb web spiders are beautiful. I had often seen in the bush everywhere, sparkling in the early morning sunlight the webs of this gorgeous spiders.

      Like

      1. Ek dink dit sal ‘n blitsverkoper wees hoor. Dink maar aanhoudend daaraan. 😀

        hahahaha! Ai, jy vlei my hoor. Nee wat, daar is baie wat 100 keer beter is as ek, maar baie dankie vir die kompliment. Jy is dierbaar. 😀

        Like

  2. Ek het jou gevind! En so ‘n interessante bloginskrywing daarmee saam!
    Onderaan Leave a Reply moet jy mos jou inligting invul. Toe ek nou op “toortsie” druk, toe gaan verskyn daar ‘n nuwe veld waarby die inligting ingevul moet word.
    Daarby vul jy jou emailadres, die Naam hoe jy wil hê die mense moet sien wie kommentaar gelewer het, en jou webadres, wat natuurlik spokiesnyspoor.wordpress.com is.
    Hoop jy kom reg.

    Like

  3. Ek is so bly ek het jou blog ontdek, dit is baie goed.

    Dit is pragtig geskryf, met baie goeie fotos en informasie.
    Ek sal nie omgee as ek die geleentheid het, maar ek dink ek sal ook ‘n biejie bang wees.
    Ek is so bly om te hoor dat die Aasvoëls darem bad.

    Like

    1. Ja, welkom hier! Wanneer jy moeg is vir Canada, kom bietjie terug na SA, die bosveld is nog net so mooi. Maar daars natuurlik net sulke mooi plekke in Kanada om te gaan kamp. My broer hulle daar is ook campers, en wys ons gewoonlik hul vakansie fotos.

      Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...