Bontrugwewer

(Veldfeite)

Die Bontrugwewer (Ploceus cucullatus) kan maklik verwar word met die swartkeelgeelvink, maar verkies hierdie geveerde meer subtropiese gebiede.

Twee weke gelede het ons hierdie een opgemerk in die Polokwane Reservaat waar hy ernstig begin swoeg het aan ‘n nuwe nes. Om die twee anker takkies teenmekaar te kon weef, het voorwaar vernuf en stamina vereis.

Toe wys hy vir ons die ‘split’ en die ‘strek’ en die ‘rondomtaliedraai’, onbewus dat elke beweging op film vasgelê word.

Wewer Plk Gallery 2Soms het hy onderstebo gehang maar vlytig bly weef aan die nes-in-wording. Tussendeur word die vlerke pronkerig gewaai soos die hofmakery ook deel van die bouery uitmaak.

Hulle roep is ‘n lieflike, borrelende tjieee tjieee sjrrr, wat met ‘n ongewone hees klank onderbreek word.

BONTRUGWEWER in Polokwane Reservaat Nov 2014
BONTRUGWEWER in Polokwane Reservaat Nov 2014
Advertisements

23 thoughts on “Bontrugwewer”

    1. Dankie Sonel, lekker om jou gesiggie hier te sien! Moet sê, daardie laaste spinnekop fotos op jou blog het my heel beindruk … (en lank agterna nog laat grilll.)

      Liked by 1 person

      1. LOL! Wel, ek is bly om te hoor Spokie en ek het jou Golden Orb foto’s so geniet ook en hierdie Wewers is tog te pragtig! Niks om voor te gril nie, glo my. Mense laat my gril. hahahahaha

        Liked by 1 person

  1. Dis n wonderlike reeks fotos Spokie!

    Kan ek jou so bietjie uitvra oor die Polokwane reservaat? Sou jy se dis die moeite werd om spesiaal soontoe te ry van Pretoria af, of eerder daar aandoen oppad Noorde toe (dis maklik genoeg om die reservaat van die N1 af te bereik). Is die paaie binne die reservaat goed genoeg vir n gewone sedan? En die res van die fasiliteite op goeie standaard?

    Like

    1. Dankie die kommentaar Dries. Waardeer.

      Jong, ek sou eerder by die Reservaat aandoen oppad Noorde toe. Jy kan met die sedan daar ry (as dit nie te veel reën) en is daar pragtige boksoorte: Elande, koedoes, rooibokke, kameelperde, volstruise, hartbees, blouwildebees, renoster ens. Daar is huise binne wat nie te duur vir oornag is, asook kampplek, maar behoort jy deur die reservaat te kan toer op 1 dag. Dit is nie baie groot nie, maar goed genoeg om jou vir ‘n volle dag besig te hou. Ek sal eerder binne oornag as by kampgronde langsaan wat oop is vir almal…

      Liked by 1 person

    1. Dankie perdebytjie. Gedurende die naweek het ek massiewe bome gesien in Graskop, en dadelik onthou hoe pragtig joune op jou blog is. Sien nou nog die vingers … Natuur is darm ongeloofllik, ne?

      Like

    1. Ja nee bulldog, mens dink mos altyd die voëls wat jy vir die oomblik sien is die beste! Maar daai van jou is wragtig pragtig …. Dankie!

      Like

    1. Aaag dankie, jy maak my hart warm. Eks net bly ons hitte het bietjie gebreek hier met die lekker reëns, het dadelik aan jou gedink toe die eerste druppels in die stof plons!

      Liked by 1 person

      1. Spokie, dit klink warm daar in jul geweste… Wat pak ek in vir Desembermaand daar – sal ek te warm kry met toe skoene en dun sokkies? (In my sneeuvlokkie-geweste, besit ek nie eers meer sandale nie! Ha-ha😄).

        Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s