Totsiens, Ma-Renoster

Dis Sondag, die 9de November 2014.

My hande is swaar van die modder soos ek in die mis al langs die gladde krans brose plantjies indruk. Ek sal daarvan hou as bloeisels reg rondom ons houthuisie in die berge blom.

Binne die cabin, moes die foon aanhoudend gelui het, want ek sien hoe manlief daarmee aangedraf kom.

“Iets vreesliks het gebeur, ” fluister Blommie skor. “Vir nou steek ons dit vir my ma weg. Ons wil haar nie ontstel terwyl sy in die ICU lê nie.”

Ek vergeet van die modder. My hart ruk. Nog slegte nuus?

“Hulle het gisteraand ‘n ma-renoster geslag, ” fluister sy en ek hoor diep teleurstelling.  “Die jongeling is vermink, bloeiend agtergelaat, soos hul gevlug het, minus die horings …”

SATARA RENOSTER langs die
EEN OOR OP EN OOR OOR AF – Pasop!”

Almal raak stil. Baie stil. Gaan renosterstropers die laaste sê hê in hierdie geslag van ons? Ons land is in ‘n renoster-oorlog gewikkel waarvan die gevaarligte al hoe helderder skyn.

Selfs die Krugerwildtuin is lank nie meer vir wilde diere ‘n veilige hawe nie.

Of die diere op hierdie fotos vandag nog leef – sou ek self bitter graag wou weet.

In elk geval voel ek nie lus om my emosies daaroor vandag op skrif te stel nie.

BOS-KOLOS langs die
“STOP! – EK WIL EERSTE OOR”  ‘n BOS-KOLOS stap rustig en vreesloos die pad in.  Hulle bestuurvermoë is in vele opsigte soos die van ‘n Taxi.

 

Me Edna Molewa het al in 2013 gesê dat die renosters se groeikoers teen 2015 negatief gaan wees. Dat indien huidige stroping-tempo voortduur, Suid-Afrika se renosterbevolking binne 13 jaar, finaal uitgewis sal wees.

Kyk dus mooi na hierdie foto wat Blommie in 2013 geneem het – dit was dalk die laaste een van diè imposante ou …

UITSONDERLIKE VOORKOMS
                      DIE UITSONDERLIKE BOULYN VAN DIE RENOSTER – STEWIG SOOS ‘N ROTS

Gistermiddag (Dinsdag) tydens my etensuur hoor ek die volgende oor RSG nuus. “Daar is ses stropers vasgetrek in die Phalaborwa-Hoedspruit omgewing.”

Ek frons. Wie weet – dalk is Ma-Renoster nie al een wat gestroop is nie en word die Stroper dalk die gestroopte.

Kol Pieter Lategan, bevelvoerder van die SAPD Eenheid vir Bedreigde Spesies sê: “Soos dit tans lyk, het die renoster nie ‘n kans nie. Die enigste oplossing is om die renostermark met geheime operasies binne te dring, sodat die grootbase wat ager die smokkelary sit, gevang kan word. ”

Renoster tweeling 2

Advertisements

42 thoughts on “Totsiens, Ma-Renoster”

    1. Dankie jou inloer, ja wildstropers dink ek ook moet gejag word. Was net geskok om nou die dag te hoor dat dit ‘n maikie by die skool se pa was wat betrokke is. Dan dink ons altyd dit is ‘anderkleuriges”. Dis mense om en naby ons.

      Like

  1. Ons was verlede jaar op ‘n boskamp in die Kruger Wildtuin. Ons het deur ‘n erg beboste gebied geloop wat veral bekend is vir swart renosters. Orals kon mens hulle spoor sien. Daar was beslis van hulle. En toe loop ons hulle raak! Wat ‘n belewenis.
    Vanjaar was iemand van ons groep weer op so ‘n wildkamp. Hul het weer dieselfde beboste gebied geloop. Nie EEN swartrenoster gesien nie, nie eens ‘n SPOOR of ‘n merk of IETS wat verklap dat daar swartrenosters is nie.
    Skrikwekkend.

    Like

  2. Vermoedelik is dit klaar te laat.
    Daar is ‘n oop seisoen op waardevolle teikens
    Eers die renosters dan die ou mense dan die olifante dan die boere dan die besighede en as Afrika se hê mentaliliteit aan die heersers se basse begi raak leef ons maar van Amerikaanse of Europese hulp.

    Like

  3. Bygelowe?! Ek sê niks. Jammer dat ons nie mekaar se blogs kan sien soos by litnet nie. Ek mis baie. Hoe kan ek maak om net kennisgewing van nuwe blogs te sien en nie kennisgewing van al die kommentare nie. Mooi foto’s. Dankie

    Like

    1. Hallo Coetzee, goed om jou te sien. Ja – op litnet was dit makliker om mekaar se blogs te kon sien. Om net nuwe bloginskrywings te sien sal jy moet gewoond raak aan jou ‘Reader’. Myne sit heel bo links en wys “Reader” terwyl ander weer net kliek op die groot W van wordpress. Hier kan jy jou sakies beheer en opstel. Speel maar net baie rond op al die opsies, dis al hoe jy gaan wen.

      Like

  4. Ai, dis altyd so hartseer om te lees van hierdie pragdiere wat uitgewis word oor ‘n simpel bygeloof en mense wat net geld wil maak. Die foto’s is absoluut asemrowend Spokie en jy vertel dit so mooi. Mal daaroor. 😀 ♥

    Like

  5. Dis verstommend dat in hierdie dag en eeu mense nog glo dat horingpoeier viriliteit bevorder.Dan is daar natuurlik die geldsugtiges wat die liggelowiges uitbuit!Dis hoogtyd dat daar wêreldwyd,veral daar waar die gebruik hoog is,wetenskaplike bewys gelewer word,dat dit snert is.

    Like

    1. Aaaa perdebytjie. Jy het iets hier beet. Dit sal ideaal wees as ‘n spesifieke land gedagvaar kon word wat stropery aanhits. Ek weet net nie of SA meer die vermoë daartoe het nie? En ja, het hul dan nie wetenskaplike ouens daar nie? Maar ek het al gesien dat die krag van bygeloof sterker funksioneer dan die krag van logika.

      Like

  6. Mens kan so maklik moedeloos raak oor die situasie Spokie, Maar ons weet en moet onsself herinner dat daar baie mense is wat alles insit en selfs hul lewens op die spel plaas om ons renosters namens ons te beskerm, elke dag, en sonder hulle harde en toegewyde werk sou dinge nog soveel erger gewees het.

    Like

    1. Dis die waarheid Dries. Erkenning aan elke persoon betrokke. Ek glo jy doen ook baie? Waardeer jou. Ek weet dat Sanparke – as deel van hul strategie teen stropery – vir generaal-majoor Johan Jooste, ‘n afgetrede weermagoffisier, aangestel het as bevelvoerder van die wildtuin. Ek meen die veldwagers is ook onder hom, asook SAPD asook lugmag daar. Ons salueer julle, Dries.

      Liked by 1 person

      1. My dae van in die veld werk het lankal tot n einde gekom Spokie, maar ek het gelukkig genoeg kontak met kollegas “daarbuite” om te glo die oorlog is nog nie verloor nie! Ons Suid-Afrikaners kan en moet saamstaan en hierdie ouens en dames aanmoedig.

        Liked by 1 person

      2. 👍Ek vertrou die situasie sal verbeter. “The big five”, is een van die hoof trekpleisters vir internasionale toeriste na Suid-Afrika. Bewaar dit asb vir ons nageslag.

        Liked by 1 person

  7. Dit is een van die dinge wat die RSA sal deur gaan totdat die regering ernstig daaroor optree. Dit is niks minder as moord in die eerste en al stropers moet gehang word … 

    Like

    1. Wie weet – dalk is jou voorstel ‘n oplossing. Die probleem is dat ons regstelsel langsaam sy gang gaan. Boonop word borgtog te dikwels toegestaan.En die vonisse is nie streng genoeg nie, dit skrik nie die oortreders af nie.

      Like

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s