Kolle in die Sand

(Spesiale dank aan Sonel wat op my blog agtergekom het dat ek die volle storie omtrent die luiperdspoor-in-die-sand nog nie geplaas het nie.)

Terwyl ons afdaal na die laagwaterbrug, sien ek hoe die geelsand in die Sabierivier onder die sakkende son begin blink. Ons is vrolik – die kampplek is net om die draai en kan ons die tjoppies op die knetterende vuur al ruik.

Met ‘n rondborstige gevoel begin ons kameratoerusting wegpak. Ons dag was volmaak: die Groot Vyf is talle keer op film vasgeprent en het ‘n geheimsinnige Luiperd in ‘n hemelhoë boom ons die heel middag op ons tone gehad. Daar is niks beters wat nog kan gebeur nie…

Ek is verkeerd. Iets flits oor die brug en verdwyn agter ‘n sandbank. Skielik briek die Fortuner onder my boude.

“Luiperd!”

“Wat!?” koor dit om my en ek trek asem in.

SKUKUZA LUIPERD ROL EN SPEEL IN DIE WARM SABIERIVIER SAND
ONDER SABIE LUIPERD OP DIE H4-1 IN DIE WARM NAMIDDAG SABIERIVIER SAND
"PRRR - HANDE SKOONLEK VOOR DIE GROOT VANGS"
“PRRR…” LEKKER ROL EN SPEEL EN KRAP VOOR DIE VANGS VAN DIE NAG

Sowaar – daars “Kolle in die sand”. ‘n Luiperd is besig om te rol en te krap en te speel en homself te groom voor die nag se wilde vangs. Hy moes vanuit sy veilige skuiling gekom het en maak reg om ook sy tjoppie vir die nag te  jag.

 

Moeder Natuur het ons weereens verras en besluit om die hoogtepunt van die dag vir die aand-slot-toneel te bêre. ‘n Volmaakte dag wat agterna nog lank onthou sou word, want voor jy kon se ‘mes’, was al wat ‘n kamera en verkyker is stewig in die hand.

 

DIE NASIONALE KRUGERWILDTUIN bevat groot tuisvelde wat aan al die vereistes van Die Groot Vyf voldoen. Hier inspireer en fassineer die Luiperd jou met sy louter grootte en krag.

Luiperd 071

 

LUIPERD FEITE

SKUKUZA LUIPERD GROOM HAARSELF VOOR DIE VANGS
ONDER SABIE LUIPERD LEK HOMSELF VOOR HY DIE NAG INSTAP

1. Die Luiperd (Panthera pardus) word omtrent 70 – 80cm hoog en kan tot 70kg weeg.

2. Hulle is alleenlopende en geheimsinnige diere.

3. Gewoonlik jag hulle snags, en doen dit deur die prooi in ‘n lokval te lei.

4. Die luiperd se woonplek is in digte bosse, rotsagtige koppies of woude.

5.  Bedags slaap hulle meestal in ruig hoë bome vanwaar hulle die wêreld rondom kan bespied.

 

TYD OM TE GAAN:  Skielik spring die Luiperd op en stap dieper die rivier in. En dit voel asof een van my kinders besig is om my te verlaat…

SKIELIK SPRING SY OP - EN GAAN LE
ONDER SABIE LUIPERD STAP NA ‘N POEL WATER OM TE GAAN DRINK EN OP DIE NOG WARM SAND NEER TE STRYK

Met die blote oog kon ons hom nie meer gewaar, maar het die lens ons verseker daar is nog steeds: “Kolle in die sand.”

Luiperd 065 VollyfLet net op die grootte van die poot voor die luiperd se gesig. Dit kan maklik oor die volle gesig van ‘n mens klem …

38 thoughts on “Kolle in die Sand”

  1. Sjoe! Dis darem die mooiste dier en jy het sulke pragfoto’s Spokie! Wow! Wat ‘n belewenis moes dit gewees het!

    Sulke interessant luiperd feite. Altyd lekker om meer oor hierdie pragdiere te leer. 😀

    Ai ja, ek ken daardie gevoel. Dis hoe ek voel as ek sien my wilde aapkinders maak reg om terug te gaan berg toe. 😆

    Dankie dat jy dit geplaas het. Jy het defnitief my dag gemaak hoor! 😀 ♥

    Like

    1. BAie dankie aan jou! dat jy my herinner het aan hierdie luiperdfotos. Jy moet weet, my jare stap ook al aan en gebruik ek ook al haarkleursel vir die grys (Hiehie)

      Sê my, daardie aapkinders van jou, as mens so een sien wat heeltemal spierwit-wit is, dink jy dit is ‘n albino-kie? Ek het storie daaroor, maar is bang eks verkeerd.

      Liked by 2 people

    1. Dankie Dries. Ja – net voor daardie hek sluit keer die olifante jou vas of die katte wil begin jag. (Sug) Dis goed jy praat. Nou onthou ek weer die leeu-en-buffel-konfrontasie wat ons beleef het, stoksielalleen, in die middel van die spul. En ja – natuurlik was die hekke op sluittyd!

      Nou kan ek sommer begin met daai storie ook …

      Liked by 1 person

    1. Hi Olga-kie! Ja, meestal is dit geluk om die diere raak te sien, ek dink mens se oë kan instel op die bosveld se diere. Ons handhaaf natuurlik ‘n paar dinge: Ry BAIE vroeg al, ry die HEELDAG, ry BAIE stadig, kom eers weer vanaand by die kamp, en natuurlik is die volgende belangrik: los die mans en kinders rukke by die kampplek om te rus (Hul like glad nie daarvan as ons so ure op die pad is nie… )

      Liked by 1 person

      1. My man is dol oor KNP. Hy ry vroeg, ry stadig en ry tot laat. Ek vang al vis van agtuur af. Maar hy stop gewoonlik as hy so iets sien, dan word ek natuurlik wakker.

        Like

        1. Hiehiehie – ek sien julle twee al in die KNP so saamry. Maar dis swaar as mens se ooge wil begin toeval, en die kar se wiele wieg so onder jou, En die koppie knik na benede – ken daai gevoel. Ek slaap net so lekker in die kar … Gewoonlik is my verskoning – “Verskoon, ek wil net gou bietjie ‘charge’, dan is ek weer reg …”

          Like

  2. Bliksem… maar dit is die mooiste fotos… waneer was die sighting.??
    een ding is vir seker, om luiperd te sien in die KNP een moet baie gelukkig te wees… en heerdie sighting is uitstekende… Sjoe maar hierdie fotos is van die beste wat ek gesien het…

    Liked by 1 person

    1. Aaag baie dankie bulldog. Ek geniet jou fotos net so baie. Hierdie fotos is geneem in April 2014. Moontlikheid is dus groot dat die luiperd nog leef vandag. Gaan hom weer soek oor Desember …
      Maar ek moet waarsku (en hier val ons manne uit) ons ry vroeg in die oggend tot baie laat in die aand. (Die manne wat nie fotos neem nie, kry swaar om by te bly. Siesta liewer in die kamp. Hiehiehie)

      Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...