Mag Kersfees vir jou ‘n vrolike tyd wees
Vol verrassings en laggies
En mag jy dít vind wat jou gelukkig maak
Jy is uniek
Gee dus ruim glimlaggies, en jy sal vele terug ontvang
Hier is ‘n paar wyshede spesiaal vir jou ontwerp
Alle fotos is geneem in Die Kruger gedurende 2014
en behoort hierdie pragdiere vandag nog daar rond te hardloop
Geniet hulle – want ons kan baie by die diere in die veld leer
Fotograaf: Blommie Skryf en ontwerp: Spokie
END
(Indien hierdie fotos en spreuke iets vir jou beteken het, lees gerus die ander onder die Hoofmenue: WYSHEDE)
Hierdie ‘vreeslike gevoel’ se wortels is eintlik vanuit my kinderjare …
Reeds toé al het my oudste broer Paul – wat gebore is met ‘n humoristiese terggees – geskaterlag wanneer ons meisies vreesbevange in die motor probeer wegduik. Dis nou vir die Grootvoete.
“Paul, asseblief!” smeek ousus benoud terwyl ek my lyfie onder alles probeer inwurm. Net om te hoor hoe Paul éérs die Volla ref-en-briek langs ou Grootvoete wat nie kan verstaan waarom ‘n spinnende skilpad hom van ‘n rustige weityd wil ontneem nie.
MAKUTSWE BOSKOLOS
Dan voel dit of jou senuwee-nerfie soos kougom gerek-en-getrek word en sien jy jouself al as ‘n platgetrapte pannekoek. As pa dít moes geweet het sou Paul vandag met strepe op sy boude rondgeloop het.
In die Afrika-veld kan die afgemete, logge gang van die olifant van ver reeds opgemerk word.
REUSAGTIGE GETANDE KOLOS WAT BO WELIGE RUIGTES UITSTAAN
‘n Olifant op foto is aangrypend, maar kom skielik op een af om ‘n draai, en adrenalien bruis woes deur jou are. Nog iets wat ek nie van hou nie is omsingel te word met ‘n trop sonder ‘n pad-uitgang.
Weet ek hoe dit voel om deur olifante gejaag te word? Verseker! Kennis leer egter jy hardloop nooit, bly doodstil staan. Vandag, as hulle te naby beweeg, druk ek maar oë toe.
DIE SLURP VERRIG VEELVOUDIGE FUNKSIES (Kruger Jun 14)
Die olifant kan goed swem en gebruik soms sy veelsydige slurp as ‘n snorkel om groot riviere oor te steek.
VYF FEITE OMTRENT OLIFANTE (Loxodonta africana)
1. ‘n Grootvoet kan daagliks tot 250kg blare, gras, saadpeule, veldvrugte en bosse vreet. Bome word maklik omgestoot en is die wortels ‘n lekkerny.
2. Tande word gebruik om mee te grawe en te veg.
HEERLIKE NAMIDDAG STOEI EN ROEI IN DIE WARM WATERS (Kruger Jun 14)
3. Die koeie staan aan die hoof van die trop, en troppe vorm gewoonlik rondom die dominante koei.
4. Olifante is baie goed geaard en sal beseerde olifante help of selfs kalfies wat wees gelaat word, aanneem.
5. Hulle is heeltemal daartoe instaat om ander diere soos leeus en renosters dood te maak in hul soeke na water.
Daar is niks meer plesierig dan om ‘n trop olifante in die hitte te sien afstorm na die rivier om met hul waterkaskenades te begin nie.
‘n Grootvoet kan baie saggies op sy boomstompbene met kussings aan die onderkant, beweeg.
Hierdie suigeling onder het so woes gerol in die modder, dat hy agterna skoon flou tussen sy ma se bene gerus het.
“SJOE – MODDERSPEEL IS HARDE WERK, BIETJIE RUS …”
Nou ja, om my storie af te sluit: Na my kinderondervindinge verbeel ek my olifante hou nie van my nie en ek ook nie van hulle nie. Ek meen – liewer bang-jan dan dooie-jan.
In alle geval moet die Groot Vyf altyd met uiterste respek behandel word.
Die rooi grondpad hierbo met die welige boog-van-groen is die laaste een waaronder jy deursweef voordat jy ons koester
houthuisie tussen bergpieke en miswolke
vind
Langs jou en rondom jou kabbel vrolike stroompies,
soos die aardkors vanuit haar oorvol pens
water spoeg
Druk jou oor teen die grond, en jy hoor die grasse en
plante kreungroei soos hulle wortels in diep
vrugbare grond inploeg
GLAD EN NAT
Wil jy ‘n entjie gaan stap in hierdie misterieuse reënwoud?
Moet dan nie vergeet om jou vastrap-tekkies en
stapstok in die hand goed vas te klem nie
Soms voel dit of jy fluister-in-‘n-paradys, want niks mag die katedraal stilte se gewyde atmosfeer steur nie
PIEPKLEIN ORGIDEE wat groei in boomstam 2014
WARM VLAMME IN GEEL SONSKYN
Hier gesels die natuur in reënboogkleure
Waar orgideë se orange-vlamme warmer skyn
Terwyl jou voete in ‘n spons-en-blarekombers wegsak
En skoenlappers vrolik fladder buite jou gryp
in die warm stroom bokant die kloof
Magoebaskloof 2014
SNEEU VIR ‘N BRUID
In Magoebaskloof onder die misreën is die bloeisels
bedruip met liefdes-trane
Dan is ek soos ‘n nimf in ‘n bos, dankbaar om ‘n stukkie paradys
in ons hartland se kloofwêreld te geniet
Lukas 10:19 - Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.