Poort na ‘n paradys

Die rooi grondpad hierbo met die welige boog-van-groen is die laaste een waaronder jy deursweef voordat jy ons koester
houthuisie tussen bergpieke en miswolke
vind

Langs jou en rondom jou kabbel vrolike stroompies,
soos die aardkors vanuit haar oorvol pens
water spoeg

Druk jou oor teen die grond, en jy hoor die grasse en
plante kreungroei soos hulle wortels in diep
vrugbare grond inploeg

Magoeba waterval glad e natGLAD EN NAT

Wil jy ‘n entjie gaan stap in hierdie misterieuse reënwoud?
Moet dan nie vergeet om jou vastrap-tekkies en
stapstok in die hand goed vas te klem nie

Soms voel dit of jy fluister-in-‘n-paradys, want niks mag die katedraal stilte se gewyde atmosfeer steur nie

PIEPKLEIN ORGIDEE wat groei in 'n boomstam
PIEPKLEIN ORGIDEE wat groei in boomstam 2014

WARM VLAMME IN GEEL SONSKYN

Hier gesels die natuur in reënboogkleure
Waar orgideë se orange-vlamme warmer skyn
Terwyl jou voete in ‘n spons-en-blarekombers wegsak

En skoenlappers vrolik fladder buite jou gryp
in die warm stroom bokant die kloof

Magoebaskloof 2013
Magoebaskloof 2014

 SNEEU VIR ‘N BRUID

In Magoebaskloof onder die misreën is die bloeisels
bedruip met liefdes-trane

Dan is ek soos ‘n nimf in ‘n bos, dankbaar om ‘n stukkie paradys
in ons hartland se kloofwêreld te geniet

Geniet jou Kerstyd

Spokie

26 thoughts on “Poort na ‘n paradys”

    1. Wow – how small world! Wat was jou nooiensvan gewees? Sal graag een dag wil gaan kyk na die grafte. Het hulle in Haenertsburg gewoon, of op een van die plase? Stuur tog vir my die detail …

      Like

    1. Hi Tokeloshe – lekker om weer iets van jou te hoor! Ja, die orgidiee in Magoebaskloof word gereeld geskou of vir troues gebruik. Geseende Kerstyd vir jou ook.

      Liked by 1 person

    1. Ja, ons gaan die hele tyd weg wees. Die internet mas klink na ‘n goeie idee, sal natuurlik eers moet krag insit. Intussen is die Ipad darm ‘n hulpie … Gaan jou natuurlik net so baie mis!

      Like

        1. Blommie het ook al gevra: “Wanneer gaan kuier ons nou vir jou blogvriendin?” Sug – ek het soveel familie hier vanaf oorsee, dit gaan rof met reëlings. maar kla nie, is bly hulle is hier! Geniet jou Kerstyd.

          Like

        1. Toemaar, ek dink ons het almal ‘spesiale’ plekkies, soos daardie mooi boom van jou by jou huis. Mens moet gereeld in die natuur kom, dis goed vir jou gees.

          Liked by 1 person

    1. Dankie Toorts – ons voel so bevoorreg om so ‘n naweek plekkie te mag hê. Ek is besig om daar ‘n uil-hoekie skoon te skrop op die rotse naby die waterval, om daar te sit en ontspan en mensies wat genesing in die natuur soek, te beraad. So baie stukkende mense buite …

      Liked by 1 person

Leave a reply to Debbie Dreyer Cancel reply