Grootvoete

Hierdie ‘vreeslike gevoel’ se wortels is eintlik vanuit my kinderjare …

Reeds toé al het my oudste broer Paul – wat gebore is met ‘n humoristiese terggees – geskaterlag wanneer ons meisies vreesbevange in die motor probeer wegduik. Dis nou vir die Grootvoete.

“Paul, asseblief!” smeek ousus benoud terwyl  ek my lyfie onder alles probeer inwurm. Net om te hoor hoe Paul éérs die Volla ref-en-briek langs ou Grootvoete wat nie kan verstaan waarom ‘n spinnende skilpad hom van ‘n rustige weityd wil ontneem nie.

MAKUTSWE BOSKOLOS
MAKUTSWE BOSKOLOS

Dan voel dit of jou senuwee-nerfie soos kougom gerek-en-getrek word en sien jy jouself al as ‘n platgetrapte pannekoek.  As pa dít moes geweet het sou Paul vandag met strepe op sy boude rondgeloop het.

In die Afrika-veld kan die afgemete, logge gang van die olifant van ver reeds opgemerk word.

DIE HOE RUG VAN 'N OLIFANT KAN VAN VER OPGEMERK WORD
REUSAGTIGE GETANDE KOLOS WAT BO WELIGE RUIGTES UITSTAAN

‘n Olifant op foto is aangrypend, maar kom skielik op een af om ‘n draai, en adrenalien bruis woes deur jou are.  Nog iets wat ek nie van hou nie is omsingel te word met ‘n trop sonder ‘n pad-uitgang.

Weet ek hoe dit voel om deur olifante gejaag te word? Verseker!  Kennis leer egter jy hardloop nooit, bly doodstil staan. Vandag, as hulle te naby beweeg, druk ek maar oë toe.

DIE SLUP KAN TOT ..
DIE SLURP VERRIG VEELVOUDIGE FUNKSIES  (Kruger Jun 14)

Die olifant kan goed swem en gebruik soms sy veelsydige slurp as ‘n snorkel om groot riviere oor te steek.

VYF FEITE OMTRENT OLIFANTE (Loxodonta africana)

1. ‘n Grootvoet kan daagliks tot 250kg blare, gras, saadpeule, veldvrugte en bosse vreet. Bome word maklik omgestoot en is die wortels ‘n lekkerny.

2.  Tande word gebruik om mee te grawe en te veg.

STOEI EN ROIE IN WATER
HEERLIKE NAMIDDAG STOEI EN ROEI IN DIE WARM WATERS  (Kruger Jun 14)

3. Die koeie staan aan die hoof van die trop, en troppe vorm gewoonlik rondom die dominante koei.

4. Olifante is baie goed geaard en sal beseerde olifante help of selfs kalfies wat wees gelaat word, aanneem.

5. Hulle is heeltemal daartoe instaat om ander diere soos leeus en renosters dood te maak in hul soeke na water.

Daar is niks meer plesierig dan om ‘n trop olifante in die hitte te sien afstorm na die rivier om met hul waterkaskenades te begin nie.

Olifant slide 2

‘n Grootvoet kan baie saggies op sy boomstompbene met kussings aan die onderkant, beweeg.

Hierdie suigeling onder het so woes gerol in die modder, dat hy agterna skoon flou tussen sy ma se bene gerus het.

"SJOE - MODDERSPEEL IS HARDE WERK, BIETJIE RUS TEEN MA SE AGTERBEEN..."
“SJOE – MODDERSPEEL IS HARDE WERK, BIETJIE RUS …”

 

Nou ja, om my storie af te sluit: Na my kinderondervindinge verbeel ek my olifante hou nie van my nie en ek ook nie van hulle nie. Ek meen – liewer bang-jan dan dooie-jan.

In alle geval moet die Groot Vyf altyd met uiterste respek behandel word.

Lekker vakansie hou.

Spokie

 

Advertisements

28 thoughts on “Grootvoete”

  1. Dankie vir pragtige blog.Jy vertel altyd so interessant.Is dit jou foto’s of Blommie s’n?Pragtig,veral die stoeiers in die water.

    Like

  2. Mooi fotos

    Die enigste wildtuin wat ek ken was laerskooldae se Willem Pretorius. Sover ek weet het hul nie olifante gehad nie

    Pa wat op oupa Ockert se plaas grootgeword het het egter die wild se waarde verstaan en het verduidelik van rieme sny, skoene werk biltong maak en vleis pekel.

    Die ou skaapwagter het beduie van skilpad bekruip en kop afsteek. Hy word dan vanonder oopgemaar e met wildewortel uintjies en sout in die dop gekook.

    Ouma se harde boerseep wat in reuse ysterpot gekook is se vet het gewoonlik van skaap afgekom en dit was ‘n groot kuns om die bossiesoda wat daarin was te maak van Vaalbos.

    Het nou die dag die laaste sambok wat hy gemaak het moes wegsmyt weens gogga skade

    Dankie vir onthou vuurtjie wat jy aangesteek het

    Like

    1. Baie dankie jou interessante kommentaar, sal graag meer omtrent hierdie stories van jou wil hoor. Klink na ‘n heerlike kinderlewe.

      Het jy nog nooit ‘n olifant in lewende lywe gesien nie? Wel, dan sal jy die gevoel nie verstaan nie. Dis nogals – scarry! Altans vir my.

      Like

  3. Nou net aan Katrina genoem, dat ek bevoorreg is om al hierdie mooi blogs, gratis, onder oë kan kry. Dankie en geniet julle vakansie ook.

    Like

    1. Jy kan weer sê ons is bevoorreg met almal se gratis blogs. Van die kwaliteit is vir my soms beter as tydskrifte sin, of sou jy nooit op ‘n ander plek gelees het nie. En om mekaar meer bersoonlik te leer ken, ook ‘n voorreg …

      Like

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s