BRAAIVLEIS, KATOETERS en OLIFANTE

Dis eendeweer in Die Krugerwildtuin met waterstroompies wat oral oor die nog stomende teerpad kabbel. Hier proe jy kultuur, ruik olifantmis en word betower deur die geil bedompige bosveld.

So begin ons eerste dag in die Kruger wat sou strek oor 10 dae. En om ‘n Boskolos te sien wat geruisloos vanuit die ruigtes voor jou verskyn, word ‘n gereelde prentjie wat ek gou gewoond aan sou  raak.

“Olifante!” fluister ek en voel hoe opwinding deur my are bruis.

ORPENHEK OLIFANT op die H7 oppad na Satara, besigtig deur die voorruit.
SATARA OLIFANT op die H7 gesien deur die voorruit.

Soms was ons tussen ander voertuie ingeboks, met ‘n boswa wat getrou agterna stert.  Dan was omdraai of uitswaai nie ‘n vinnige opsie nie.

Hierdie vakansie was voorwaar ‘n olifant-reis. Nog nooit het ek soveel troppe en hordes aanskou, soveel so dat ek my vrees vir olifante te bowe gekom het.

image002
“KOM KOM ROER JULLE BOUDE!” Olifante weet ‘n teerpad spel gevaar. Trompetterend sal hulle mekaar aanjaag.

Miskien het die lenskameratjie (my eerste) daartoe bygedra dat ek begin ophou bewe het. Dié het ek opgewonde op my skoot vasgeklem. Ek wou net kiek – olifantpapbroek of te not!

Na die salige reëns was die veld vrolik en het selfs die kleingoed vrugbaar vermeerder.

'WAG MA, EK WIL EERS BIETJIE SPEEL"
“STADIG MA, DIS LEKKER HIER IN DIE PAD.”  ‘n  Olifantjie trippel vrolik terwyl hy die hitte van die teerpad ontdek

Ma-olifant moes erstig vir hierdie jongeling grom. Die pad het vir hom gevoel na die ideale speelterrein.

“Staan of ek skiet!” beveel ek deur die lens en raak so betower deur ‘n groep spelende olifante by die drinkgat, dat ons glad nie agterkom ons is omsingel. Ander troppe het ook fluisterend nader beweeg om hul beurt by die koel waters af te wag.

Agterna het die manne goed deurgeloop. Moeg van al die kiekery het hul rustig agter in die voertuig begin indut. En ons dog hulle bewaak en bewaar!

VYF FEITE OMTRENT OLIFANTE (Ontmoet Loxodonta africana)

DIE SLURP
DIE SLURP weeg gemiddeld 135 kg en het 150 000 klein spiergroepe

1. Die brein: Is die grootste van enige landdier. ‘n Bul se brein weeg tot 5.4 kg. (Die mens sin weeg 1.5kg.)

2. Die oor: Weeg ongeveer 50kg. (Soveel soos ‘n 14-jarige dogtertjie.)

3. Die stert: Omtrent 1.2m lank. (‘n Veldmuis se stert is omtrent 10cm.)

4. Die poot: Is tussen 40-50cm lank. (Die rekord vir ‘n mens se voet staan op 38cm – die van Brahim Takioullah van Marokko.)

5. Die tande:  Die rekordlengte vir’n olifanttand is 3.49 m.

MODDERBADTYD

Hierdie foto is vir my indrukwekkend. Slurpend het hierdie olifant  homself oor en oor met modder bestook sodat selfs die ooghare afgestroom het daarvan.

Olifant sopnat modder gesig

Die Britse digter John Donne het op ‘n keer oor olifante gesê: “Die natuur se meesterstuk; die enigste skadelose reus.” John Donne se Polo is duidelik nie in die Kruger gerol nie. Tog steek daar waarheid in sy woorde. (Sien treksel en feite: Weg! tydskrif)

OLIFANT BY ... DRINKGAT
KUMANEDAM OLIFANT OP DIE H1-3 WOEL BY DIE WATERGAT  (Jan 2015)

 

TERUG KAMP TOE

Hieronder wei ‘n olifant teen die Satara kampdraad terwyl die son sy laaste goue streep verf. Kan jy hom sien? Ek moes vinnig afneem, want agter my het die hoenderboudjies al lekker gespat op die braaivleisvuur.

SATARA SONSONDERGANG met olifant silhouette
SATARA SONSONDERGANG MET OLIFANT SILHOUETTE

So ‘n onvergeetlike dag kan net met ‘n katoeter in die hand en ‘n knetterende vuurtjie in die wildenis, afgesluit word.

61 thoughts on “BRAAIVLEIS, KATOETERS en OLIFANTE”

  1. Katoeter, laas daai naam iewers op skool gehoor…hextic.
    Op wittebrood ry ons ewe onskuldig, met ‘n plat Subaru in Larsens Camp (Kenya) deur die lang grasse. Jy weet mos as ietsie vir jou kyk. Al jou hare staan op punt, maar jy sien niks. Nou ja, ek beskyt myself toe die rots langs my beweeg. Tussen sekerlik 40 REUSE olifante. My splinternuwe man. ….. kalm en stil, het daai dag besef, ek is dood heilig doodbang vir sulke sagte rustige olifante. Wat kan ek se? Naaste aan dood wat ek ever was.

    Liked by 1 person

    1. Naaste aan dood wat jy ever was? Hehehe – oulik!

      Ja, daar is niks so lekker soos ‘n gemaalde bone koffie-katoeter nie. Ek is mal oor die interessante plekke waaroor jy skryf op jou blog. Lekker gelees gisteraand. Dankie die inloer.

      Liked by 1 person

  2. Dankie vir die skryf! en dit oor OLIFANTE! My GUNSTELING!
    Wat ek altyd geniet, is die “tiener” wat agter loop in die trop. Die “breker”. Hy moet so standerd 5 rond wees, het gewoonlik ‘n wip in sy stap en slurp, en MOET die karre wys HY IS BAAS. 🙂

    Liked by 1 person

    1. Ja, ja! Jy is reg, ek het ook opgemerk die tiener-olifant (bulletjie?)wat agter loop en die voëls wegjaag by die drinkgat al trompetterend. Ek het net gedink hulle is baie ‘cheeky’.

      Jy weet van olifante … kan sien.

      Like

    1. Ja Dries, die Kruger? – Groot lekkerte. En ek weet ook nou al, olifante is jou gunsteling. Jy besit ‘n ‘pragfoto’ van die een met die GROOT tande: sal interessant wees om te weet wat het dit gemeet?

      Like

      1. Ou Masbambela was n “sighting” wat my en Marilize ons lewens lank sal bybly, ek het tot een van ons fotos van hom in my kantoor opgehang. Min mense het hom te siene gekry.

        Sy regtertand was 2.31m lank en het 49kg geweeg, ongelukkig het hy omtrent n 3de van sy linkertand afgebreek kort voor hy gevrek het, die stompie daarvan was 2.07m lank en het net onder die 43kg geweeg.

        Ons het ook al n paar ander grotes in die Wildtuin raakgeloop, onder andere Masthulele, tans die KNP se grootste, by n paar geleenthede, en natuurlik was ons uit ons vel uit van opgewondenheid toe ons met Tembe Olifant Park se Isilo, ongelukkig ook nie meer met ons nie, kon kennis maak in 2013.

        Daars min dinge so mooi soos die groot ivoordraers. Lewende monumente vir Suid-Afrika se ryke bewarings-suksesse.

        Liked by 1 person

  3. As ‘n mens eers agter ‘n kameralens is vergeet jy baie keer jou grootste vrese. Glo jy gaan hom baie geniet, en vir ons nog baie mooi fotos wys.

    Like

    1. Ja, hier kom nog baie mooi fotos. Vernaam Blommie (medeblogger) sin. Ons 2 is baie soos jy en Toortsie: werk saam, bedien saam, kerk saam, blog saam. vriende saam, klankbord vir mekaar ens.

      Dankie ook vir jou inspirasie in my lewe. Waardeer.

      Liked by 2 people

      1. For future birthdays, just post a recurring event in your husbands calendar with a reminder (long enough for him to think about what to get you or do for you). did that with mine and works like a charm! (Also did that with is in my calender haha, we are just as bad!)

        Like

  4. Sjoe! Jou foto’s is stunning Spokie. Olifante is sulke pragdiere en met jou foto’s het jy hul net nog mooier gemaak. Dit moes omtrent ‘n ervaring gewees het. Jou Olifant sonsondergang lyk prentjiemooi hoor. Absoluut asemrowend! Baie dankie vir die lekker virtuele toer. Ek het dit so geniet. 😀 ♥

    Like

    1. Ai, dankie jou volledige kommentaar. Uitsonderlik. Ek wens natuurlik ek kan jou eendag op Magoebaskloof kry. Daar gebeur baie projekte: skoenlapper sanctuary wat ons moet opsit, hierdie naweek kom daar alreeds volunteers van oorsee wat die nodige plante en vrugte gaan aanplant vir die bedreigde samango ape, goggas, skoenlappers en voels.

      Jy moet eendag die spinnekoppe kom afneem. Daars baie slaapplek en jy sal dit vreeslik geniet. Niemand gee nog aandag aan die spinnekoppe, alhoewel daar uitsonderlike goggas in die reënwoud al geidentifiseer is. Ons het ook baie mense nodig: iemand wat fotografie klas aan volunteers kan aanbied … (alles nog in babaskoene, maar is die planne al op tafel)

      Liked by 1 person

      1. Ag, jy is te dierbaar Spokie en ek is bly jy dink so. Ek probeer my bes om my gedagtes bymekaar te hou as ek kommentaar lewer, maar party dae is dit sleg jongie, maar ek is bly jy is tevrede. 😀

        Oi! Ek dink dis maar iets wat by wens sal bly, want die ou girl hou nie van ver ry nie, veral nie in ‘n kar met die verkeer. Miskien as my droom eendag waar word en ek kry my motorhome. Ek het vir manlief gesê hy moet net seker maak dat daar bull bars voor en agter aan is. 😆

        Ek wil nie by sulke lekker plekke gaan ‘kuier’ nie. Ek wil daar gaan bly. LOL! Dis een van die redes hoekom ons nie op vakansie gaan nie. Ek sal by sulke plekke wil bly en nie teruggaan huis toe nie. haha! Die ander rede is dat my klein honnekind gewoonlik nie toegelaat word by meeste plekke nie, so ja, dan gaan ek ook nie in nie, want ek sal hom nooit by ‘n kennel kan los of weg kan gaan, want hy sal hom dood treur. Al los ek hom net vir ‘n paar uur by een van die seuns, is daardie ogies papsopnat wanneer ons by die huis kom en dit kan ek nie hanteer nie. Ek bekommer my in elk geval so oor hom as ek iewers heen moet gaan sonder hom, dat ek dit nie geniet om uit te gaan. 😀

        Dit klink asof julle mooi spinnies het daar ook. Ek sou dit beslis baie geniet het. Nee wat, sou ek daar uitkom, sal jy beslis probleme hê om van my ontslae te raak, so wees maar bly ek kan nie daar uitkom nie. Ek sal sommer daar bly. LOL!

        Al die projekte klink fantasties en net wat ek sou geniet het hoor. Ek wens julle alles van die beste toe. Dit klink absoluut wonderlik. 😀 ♥

        Liked by 1 person

  5. Mooi fotos Spokie. Prag diere ook die grootvoete. Jy het ook ander diere raakgeloop en afgeneem? Sal die fotos ook wil sien. En die skoenlappers? Daar is mooies in die Kruger, maar mens moet fyn kyk.

    Like

    1. Dankie jou besoek, Louwie. Gaan nou by jou blog inloer. Ja, daar kom nog baie mooi fotos. Ek mis nie skoenlappers nie. is baie ingestel op hulle, maar is moeilik om van uit die motor hul af te neem.

      Hou jy van skoenlappers? lees gerus my kommentaar hierbo aan Sonel, hou ook die hoofopskrif Magoebaskloof hier bo dop. Die familie moet in hierdie reënwoud ‘n skoenlapper-sanctuary opsit. Is jy ‘n kenner?

      Like

  6. ‘n Olifant as troeteldier? Jinne seegogga, miskien is dit veiliger om by seegoggas te bly. Hiehie – grap net. Ja, hulle is vrek oulike diertjies, vernaam so klein. Eks mal oor hul onwankelrigge hoppery. Vernaam as hul die snorkel (slurpie) begin ontdek.

    Like

    1. Hiehie! Dankie Maikie. Ek sê dankie vir al die opleiding waarmee jy so geduldig met my was. Nou weet ek ook meer van kameras. Al het ek vir jou 10 keer op ‘n dag gevra op wat is jou kamera gestel. Kannie wag om by jou fotos uit te kom nie … dink hul is briljant, Blommie.

      Like

  7. Olifante het net een probleem, hulle vergeet nooit en vergewe nooit en die mens is die rede omdat die mens die olifant se karakter skade berokken deur onnosele asprisheid – jag en nou met drones terroriseer.

    Like

    1. Ja, dit is vrek warm in Die Kruger. Ons was gelukkig om na die reëns koeler weer te beleef het. Maar, ons bly heeldag in die voertuig met aircon, so ons kom dit nie agter nie. Sit nie by die kamp nie, slaap net daar … Eks bly jy is mal oor olifante.

      Like

  8. Ons het reeds gehoor van verskeie sotte wie die olifante met radiobeheerde model vliegtuigies geterriroseer het. Ek hoop hulle is gevang en vervolg.

    Like

  9. Uiteindelik! Eh! Ek hou nie van olifante nie. Goed het al eenkeer bly afloop op die kar waarin ek gesit het en dit was nie eers ‘n Fordjie nie. Ander keer het een wetter (glad nie oud nie al trompetterend op die kar afgestror. Glo my \my noolste Nolie moes vet gee om van die swerkater weg te kom. Des het hulle gekuier en wou he ons moes saam KNP toe. Ek het die uitnodiging onser groot gelag van die hand gewys. Hulle en my BB en sy gevolg het alleen gegaan. Glo my, hulle was twee keer gejaag. Een keer omdat iemand, seker ‘n eerste keer besoeker begin toeter blaas het omdat die karre voor hom gestop het. Toe draai olifant se kind om storm op die tou karre af. Hulle almal, die toeterblasende sot inkluis, moet gatskoon maak. Die tweede keer enkele meters van krokkedilbrug se uitgang. Die werkers het gedink dis baie snaaks. Maar dis seker maar watgebeur \waar BBBEE voorgang oor kennis en ondervinding kry. Maar, bly jy het dit geniet. Dis pragtige fotos hoor. Jou lenskamera kom goed tot sy reg..

    Like

    1. Toemaar, ek verstaan jou olifant-gevoel. Ek het ook lank so gevoel, totdat ek begin verstaan het hoe olifante dink. Dis juis mense wat toet en verkeerde dinge doen wat die olifante opwerk. Ek het ook al gesien dat olifante vroeg in die oggend baie kalm is. Miskien was daar nog nie baie karre wat hul gesteur het vir die dag nie. Ek dink hul word ook maar moeg vir die geplaery.
      Dankie jou mooi kommentaar. Ek het al gehoor dis maar besig daar by krokodilbrug. Ons het vriende wat die veldstappery daar behartig.

      Like

    1. n Olifant as troeteldier? Jinne seegogga, miskien is dit veiliger om by seegoggas te bly. Hiehie – grap net. Ja, hulle is vrek oulike diertjies, vernaam so klein. Eks mal oor hul onwankelrigge hoppery. Vernaam as hul die snorkel (slurpie) begin ontdek.

      Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...