Dis eendeweer in Die Krugerwildtuin met waterstroompies wat oral oor die nog stomende teerpad kabbel. Hier proe jy kultuur, ruik olifantmis en word betower deur die geil bedompige bosveld.
So begin ons eerste dag in die Kruger wat sou strek oor 10 dae. En om ‘n Boskolos te sien wat geruisloos vanuit die ruigtes voor jou verskyn, word ‘n gereelde prentjie wat ek gou gewoond aan sou raak.
“Olifante!” fluister ek en voel hoe opwinding deur my are bruis.
Soms was ons tussen ander voertuie ingeboks, met ‘n boswa wat getrou agterna stert. Dan was omdraai of uitswaai nie ‘n vinnige opsie nie.
Hierdie vakansie was voorwaar ‘n olifant-reis. Nog nooit het ek soveel troppe en hordes aanskou, soveel so dat ek my vrees vir olifante te bowe gekom het.
Miskien het die lenskameratjie (my eerste) daartoe bygedra dat ek begin ophou bewe het. Dié het ek opgewonde op my skoot vasgeklem. Ek wou net kiek – olifantpapbroek of te not!
Na die salige reëns was die veld vrolik en het selfs die kleingoed vrugbaar vermeerder.
Ma-olifant moes erstig vir hierdie jongeling grom. Die pad het vir hom gevoel na die ideale speelterrein.
“Staan of ek skiet!” beveel ek deur die lens en raak so betower deur ‘n groep spelende olifante by die drinkgat, dat ons glad nie agterkom ons is omsingel. Ander troppe het ook fluisterend nader beweeg om hul beurt by die koel waters af te wag.
Agterna het die manne goed deurgeloop. Moeg van al die kiekery het hul rustig agter in die voertuig begin indut. En ons dog hulle bewaak en bewaar!
VYF FEITE OMTRENT OLIFANTE (Ontmoet Loxodonta africana)
1. Die brein: Is die grootste van enige landdier. ‘n Bul se brein weeg tot 5.4 kg. (Die mens sin weeg 1.5kg.)
2. Die oor: Weeg ongeveer 50kg. (Soveel soos ‘n 14-jarige dogtertjie.)
3. Die stert: Omtrent 1.2m lank. (‘n Veldmuis se stert is omtrent 10cm.)
4. Die poot: Is tussen 40-50cm lank. (Die rekord vir ‘n mens se voet staan op 38cm – die van Brahim Takioullah van Marokko.)
5. Die tande: Die rekordlengte vir’n olifanttand is 3.49 m.
MODDERBADTYD
Hierdie foto is vir my indrukwekkend. Slurpend het hierdie olifant homself oor en oor met modder bestook sodat selfs die ooghare afgestroom het daarvan.
Die Britse digter John Donne het op ‘n keer oor olifante gesê: “Die natuur se meesterstuk; die enigste skadelose reus.” John Donne se Polo is duidelik nie in die Kruger gerol nie. Tog steek daar waarheid in sy woorde. (Sien treksel en feite: Weg! tydskrif)
TERUG KAMP TOE
Hieronder wei ‘n olifant teen die Satara kampdraad terwyl die son sy laaste goue streep verf. Kan jy hom sien? Ek moes vinnig afneem, want agter my het die hoenderboudjies al lekker gespat op die braaivleisvuur.
So ‘n onvergeetlike dag kan net met ‘n katoeter in die hand en ‘n knetterende vuurtjie in die wildenis, afgesluit word.
Oh wow Spokie, die foto’s is absoluut fantasties. Wie sou kon raai dat olifant se kind se oor so baie weeg! Dankie vir die deel van jou wonderlike ervaring
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy so mooi lees, selfs die feite, jou genieting maak dit weer vir my die moeite werd!
LikeLike
Fantasties!
Pragtige fotos en baie mooi beskryf.
Die mooiste vir my is die foto van die Olifant vol modder
LikeLiked by 1 person
Dankie die inloer – ja, ek hou ook van die olifant vol modder. Dankie.
LikeLiked by 1 person
Katoeter, laas daai naam iewers op skool gehoor…hextic.
Op wittebrood ry ons ewe onskuldig, met ‘n plat Subaru in Larsens Camp (Kenya) deur die lang grasse. Jy weet mos as ietsie vir jou kyk. Al jou hare staan op punt, maar jy sien niks. Nou ja, ek beskyt myself toe die rots langs my beweeg. Tussen sekerlik 40 REUSE olifante. My splinternuwe man. ….. kalm en stil, het daai dag besef, ek is dood heilig doodbang vir sulke sagte rustige olifante. Wat kan ek se? Naaste aan dood wat ek ever was.
LikeLiked by 1 person
Naaste aan dood wat jy ever was? Hehehe – oulik!
Ja, daar is niks so lekker soos ‘n gemaalde bone koffie-katoeter nie. Ek is mal oor die interessante plekke waaroor jy skryf op jou blog. Lekker gelees gisteraand. Dankie die inloer.
LikeLiked by 1 person
I love this series of elephants. The little one following his/her mother is so cute! 🙂 Great photos!
LikeLike
Thanks Amy. Yes, the little elephant is cute!
LikeLike
LikeLiked by 1 person
Jinne, dankie Toortsie. Ek gaan die boek kry. Ek het eers gedog dis ‘n fiksie boek, maar sien nou meer. Waardeer jou moeite.
LikeLike
Geen moeite. Ware verhaal.
LikeLike
Dankie vir die skryf! en dit oor OLIFANTE! My GUNSTELING!
Wat ek altyd geniet, is die “tiener” wat agter loop in die trop. Die “breker”. Hy moet so standerd 5 rond wees, het gewoonlik ‘n wip in sy stap en slurp, en MOET die karre wys HY IS BAAS. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ja, ja! Jy is reg, ek het ook opgemerk die tiener-olifant (bulletjie?)wat agter loop en die voëls wegjaag by die drinkgat al trompetterend. Ek het net gedink hulle is baie ‘cheeky’.
Jy weet van olifante … kan sien.
LikeLike
Nee wat, ek verbeel my net…
Het jy al The Elephant Whisperer gelees?
LikeLike
Is daar so boek? The Elephant Whisperer? Klink dinamies. Sal bietjie navraag doen.
LikeLike
Fantastiese boek. Kry dit. Jy sal dit baie geniet.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek weet dalk ‘n bietjie van tieners… en wil hulle nou in die olifante ook sien! 🙂
LikeLiked by 1 person
Die eerste dag terug in die Wildtuin bly maar n lekkerte, ne Spokie! Ai, en die olifante – wie kan moeg raak vir hulle?
LikeLike
Ja Dries, die Kruger? – Groot lekkerte. En ek weet ook nou al, olifante is jou gunsteling. Jy besit ‘n ‘pragfoto’ van die een met die GROOT tande: sal interessant wees om te weet wat het dit gemeet?
LikeLike
Ou Masbambela was n “sighting” wat my en Marilize ons lewens lank sal bybly, ek het tot een van ons fotos van hom in my kantoor opgehang. Min mense het hom te siene gekry.
Sy regtertand was 2.31m lank en het 49kg geweeg, ongelukkig het hy omtrent n 3de van sy linkertand afgebreek kort voor hy gevrek het, die stompie daarvan was 2.07m lank en het net onder die 43kg geweeg.
Ons het ook al n paar ander grotes in die Wildtuin raakgeloop, onder andere Masthulele, tans die KNP se grootste, by n paar geleenthede, en natuurlik was ons uit ons vel uit van opgewondenheid toe ons met Tembe Olifant Park se Isilo, ongelukkig ook nie meer met ons nie, kon kennis maak in 2013.
Daars min dinge so mooi soos die groot ivoordraers. Lewende monumente vir Suid-Afrika se ryke bewarings-suksesse.
LikeLiked by 1 person
Het zijn prachtige dieren
LikeLike
Dankie natuurfreak – olifante bly maar prachtige dieren
LikeLike
As ‘n mens eers agter ‘n kameralens is vergeet jy baie keer jou grootste vrese. Glo jy gaan hom baie geniet, en vir ons nog baie mooi fotos wys.
LikeLike
Ja, hier kom nog baie mooi fotos. Vernaam Blommie (medeblogger) sin. Ons 2 is baie soos jy en Toortsie: werk saam, bedien saam, kerk saam, blog saam. vriende saam, klankbord vir mekaar ens.
Dankie ook vir jou inspirasie in my lewe. Waardeer.
LikeLiked by 2 people
For future birthdays, just post a recurring event in your husbands calendar with a reminder (long enough for him to think about what to get you or do for you). did that with mine and works like a charm! (Also did that with is in my calender haha, we are just as bad!)
LikeLike
Sjoe! Jou foto’s is stunning Spokie. Olifante is sulke pragdiere en met jou foto’s het jy hul net nog mooier gemaak. Dit moes omtrent ‘n ervaring gewees het. Jou Olifant sonsondergang lyk prentjiemooi hoor. Absoluut asemrowend! Baie dankie vir die lekker virtuele toer. Ek het dit so geniet. 😀 ♥
LikeLike
Ai, dankie jou volledige kommentaar. Uitsonderlik. Ek wens natuurlik ek kan jou eendag op Magoebaskloof kry. Daar gebeur baie projekte: skoenlapper sanctuary wat ons moet opsit, hierdie naweek kom daar alreeds volunteers van oorsee wat die nodige plante en vrugte gaan aanplant vir die bedreigde samango ape, goggas, skoenlappers en voels.
Jy moet eendag die spinnekoppe kom afneem. Daars baie slaapplek en jy sal dit vreeslik geniet. Niemand gee nog aandag aan die spinnekoppe, alhoewel daar uitsonderlike goggas in die reënwoud al geidentifiseer is. Ons het ook baie mense nodig: iemand wat fotografie klas aan volunteers kan aanbied … (alles nog in babaskoene, maar is die planne al op tafel)
LikeLiked by 1 person
Ag, jy is te dierbaar Spokie en ek is bly jy dink so. Ek probeer my bes om my gedagtes bymekaar te hou as ek kommentaar lewer, maar party dae is dit sleg jongie, maar ek is bly jy is tevrede. 😀
Oi! Ek dink dis maar iets wat by wens sal bly, want die ou girl hou nie van ver ry nie, veral nie in ‘n kar met die verkeer. Miskien as my droom eendag waar word en ek kry my motorhome. Ek het vir manlief gesê hy moet net seker maak dat daar bull bars voor en agter aan is. 😆
Ek wil nie by sulke lekker plekke gaan ‘kuier’ nie. Ek wil daar gaan bly. LOL! Dis een van die redes hoekom ons nie op vakansie gaan nie. Ek sal by sulke plekke wil bly en nie teruggaan huis toe nie. haha! Die ander rede is dat my klein honnekind gewoonlik nie toegelaat word by meeste plekke nie, so ja, dan gaan ek ook nie in nie, want ek sal hom nooit by ‘n kennel kan los of weg kan gaan, want hy sal hom dood treur. Al los ek hom net vir ‘n paar uur by een van die seuns, is daardie ogies papsopnat wanneer ons by die huis kom en dit kan ek nie hanteer nie. Ek bekommer my in elk geval so oor hom as ek iewers heen moet gaan sonder hom, dat ek dit nie geniet om uit te gaan. 😀
Dit klink asof julle mooi spinnies het daar ook. Ek sou dit beslis baie geniet het. Nee wat, sou ek daar uitkom, sal jy beslis probleme hê om van my ontslae te raak, so wees maar bly ek kan nie daar uitkom nie. Ek sal sommer daar bly. LOL!
Al die projekte klink fantasties en net wat ek sou geniet het hoor. Ek wens julle alles van die beste toe. Dit klink absoluut wonderlik. 😀 ♥
LikeLiked by 1 person
Lekker hier by jou gelees en kyk
LikeLike
Dankie vriendin. Is bly jou rekenaar en alles werk weer lekker. Kan nogal irritasie word die tegnologie. Hoop ons sien gou.
LikeLiked by 1 person
Magnificent creatures 🙂
LikeLike
Yes – elephants are magnificent. Thanks the visit.
LikeLike
Mooi fotos Spokie. Prag diere ook die grootvoete. Jy het ook ander diere raakgeloop en afgeneem? Sal die fotos ook wil sien. En die skoenlappers? Daar is mooies in die Kruger, maar mens moet fyn kyk.
LikeLike
Dankie jou besoek, Louwie. Gaan nou by jou blog inloer. Ja, daar kom nog baie mooi fotos. Ek mis nie skoenlappers nie. is baie ingestel op hulle, maar is moeilik om van uit die motor hul af te neem.
Hou jy van skoenlappers? lees gerus my kommentaar hierbo aan Sonel, hou ook die hoofopskrif Magoebaskloof hier bo dop. Die familie moet in hierdie reënwoud ‘n skoenlapper-sanctuary opsit. Is jy ‘n kenner?
LikeLike
Louwie, kannie verstaan wat aangaan. Kom nie by jou blog uit nie, Hy maak elke keer my Reader net oop. Sal later weer probeer …
LikeLike
‘n Olifant as troeteldier? Jinne seegogga, miskien is dit veiliger om by seegoggas te bly. Hiehie – grap net. Ja, hulle is vrek oulike diertjies, vernaam so klein. Eks mal oor hul onwankelrigge hoppery. Vernaam as hul die snorkel (slurpie) begin ontdek.
LikeLike
Pragtige foto’s. Ek het nog net ‘n olifant lewendig in ‘n zoo gesien en dit was lank gelede! Jy’s geseënd.
LikeLike
Ja dankie pienkpatoffels, dis omtrent ‘n groot voorreg om tussen hierdie pragtige diere rond te kerjakker. Waardeer jou inloer.
LikeLiked by 1 person
Pragtig Spokie.Jou nuwe kamera het uitstekende foto’s geneem.Lekker saam met jou na al die ollies gekyk.
LikeLike
Dankie vir die besoek perdebytjie. Wie weet, dalk sien ons mekaar eendag by een van hierdie pragplekke. Dit sal heerlik wees!
LikeLiked by 1 person
Wat a vakansie en briljante fotos…
LikeLike
Dankie jou positiewe kommentaar, Bulldog. Geniet jou kamera ook.
LikeLike
Aahhh jou fotokies is pragtig!! Bly jy het jou vrees vir olifante oorwin!! Nou kan ons vir Flippie gaan kliek van kop tot toon of is dit stert tot slurp!!!
LikeLike
Hiehie! Dankie Maikie. Ek sê dankie vir al die opleiding waarmee jy so geduldig met my was. Nou weet ek ook meer van kameras. Al het ek vir jou 10 keer op ‘n dag gevra op wat is jou kamera gestel. Kannie wag om by jou fotos uit te kom nie … dink hul is briljant, Blommie.
LikeLike
Dit is die mooiste foto’s! Lyk na ’n heerlike vakansie 🙂
LikeLike
Aaa!! Lekker om jou hier te sien, mtn. Jy is vinnig. Ja, dit was ‘n ongelooflike vakansie. Dankie die inloer.
LikeLike
Klein kreatuurtjies is darem maar mooi – kyk hoe skitterwit is die naels van daardie klein olifantpootjies, so ‘n mooi foto!
LikeLike
Ja nee Frannie, so ‘n klein olifantjie bly maar ‘n pragtige ding. Eintlik so presies geskape, ne? Dankie die inloer.
LikeLike
Olifante het net een probleem, hulle vergeet nooit en vergewe nooit en die mens is die rede omdat die mens die olifant se karakter skade berokken deur onnosele asprisheid – jag en nou met drones terroriseer.
LikeLike
Is waar, ek het al gehoor olifante vergeet nooit. En dit is die mens se domheid wat olifante skade berokken. Sulke pragdiere. Dankie jou kommentaar.
LikeLike
Mal mal mal oor olifante! Maar is dit nie vrek warm nou nie?
LikeLike
Ja, dit is vrek warm in Die Kruger. Ons was gelukkig om na die reëns koeler weer te beleef het. Maar, ons bly heeldag in die voertuig met aircon, so ons kom dit nie agter nie. Sit nie by die kamp nie, slaap net daar … Eks bly jy is mal oor olifante.
LikeLike
Hierdie jaar moet ons eenvoudig weer Kruger toe….
LikeLiked by 1 person
Yes!! Laat weet as jul Kruger toe gaan … dalk is ons gelukkig en sien mekaar daar.
LikeLiked by 1 person
Dit sal seker later in die jaar wees, hou duimvas.
LikeLiked by 1 person
Ons het reeds gehoor van verskeie sotte wie die olifante met radiobeheerde model vliegtuigies geterriroseer het. Ek hoop hulle is gevang en vervolg.
LikeLike
Ek het ook net ‘n stukkie van hierdie storie gehoor oor die radiobeheerde moedel vliegtuigies. wonder wat het gebeur en daarvan geword …
LikeLike
Uiteindelik! Eh! Ek hou nie van olifante nie. Goed het al eenkeer bly afloop op die kar waarin ek gesit het en dit was nie eers ‘n Fordjie nie. Ander keer het een wetter (glad nie oud nie al trompetterend op die kar afgestror. Glo my \my noolste Nolie moes vet gee om van die swerkater weg te kom. Des het hulle gekuier en wou he ons moes saam KNP toe. Ek het die uitnodiging onser groot gelag van die hand gewys. Hulle en my BB en sy gevolg het alleen gegaan. Glo my, hulle was twee keer gejaag. Een keer omdat iemand, seker ‘n eerste keer besoeker begin toeter blaas het omdat die karre voor hom gestop het. Toe draai olifant se kind om storm op die tou karre af. Hulle almal, die toeterblasende sot inkluis, moet gatskoon maak. Die tweede keer enkele meters van krokkedilbrug se uitgang. Die werkers het gedink dis baie snaaks. Maar dis seker maar watgebeur \waar BBBEE voorgang oor kennis en ondervinding kry. Maar, bly jy het dit geniet. Dis pragtige fotos hoor. Jou lenskamera kom goed tot sy reg..
LikeLike
Toemaar, ek verstaan jou olifant-gevoel. Ek het ook lank so gevoel, totdat ek begin verstaan het hoe olifante dink. Dis juis mense wat toet en verkeerde dinge doen wat die olifante opwerk. Ek het ook al gesien dat olifante vroeg in die oggend baie kalm is. Miskien was daar nog nie baie karre wat hul gesteur het vir die dag nie. Ek dink hul word ook maar moeg vir die geplaery.
Dankie jou mooi kommentaar. Ek het al gehoor dis maar besig daar by krokodilbrug. Ons het vriende wat die veldstappery daar behartig.
LikeLike
Wow dit klink o lekker! Olifante is my gunsteling diere en as kind wou ek so graag een he!.
LikeLiked by 1 person
n Olifant as troeteldier? Jinne seegogga, miskien is dit veiliger om by seegoggas te bly. Hiehie – grap net. Ja, hulle is vrek oulike diertjies, vernaam so klein. Eks mal oor hul onwankelrigge hoppery. Vernaam as hul die snorkel (slurpie) begin ontdek.
LikeLiked by 1 person