Mis, nat Hiënas en Spinnekopwebbe

Dis vroeg, baie vroeg en is daar min kampers wat lus het om uit hul warm slaapsakke onder die nat tente uit te kruip. Nie almal wil dit buite waag, waar die melkwit mis tussen misterieuse bome ‘n sprokiesland skilder.

Bome in misEk ruik die reuk van koffiebone terwyl die stoom die ruit begin toewasem en my hart ritmies saam die woep-woep van die ruitveërs begin inskop.

Gedurende die nag het dit knopkieries gereën en onkundige kampers, wat hul afsaalplekkies in holtes digby die draad opgeslaan het, moes die modderwater trotseer.

Ons is oppad na Onder Sabie in die Krugerwildtuin en sou hier ‘n gesig beleef wat nie gou weer gesien sou word nie.

SPINNEKOPWEBBE IN DIE MIS

Spinnekopweb in mis 1
WEBBE LANGS DIE H1-3 WAT VROEGOGGEND NOG SWAAR VAN DOU IS, MET DIE OPKOMENDE SON AAN DIE AGTERKANT

Die ruimte om ons is fluisterend, betower deur digte mis wat die bosveld se struike in ‘n kersbehangsel-skouspel verander.

Dit voel of jy in ‘n reënwoud wegkruipertjie speel waar niemand waag asemhaal nie.

Spinnekopweb in mis 2Verdwaas wonder ek of dit ‘n algemene verskynsel is, en of net hierdie area se struike so oorbeweb word?

Vir kilometers ry ons in hierdie fiksieland, totdat die mis begin kopgee onder sonstrale wat woes orals inbars. Net om die hitte weer na 34 grade plus op te stoot.

Spinnekopweb in mis 4Kyk net hoe manjifiek en dig is die webbe geweef. Die gevoel is of jy eerder trampolien met hulle kan speel.

Verder lyk dit onmoontlik dat ‘n kwesbare spinnekop soveel draadwerk uit homself kan uitruig.

NAT HIËNAS
Net ‘n entjie verder kom ons op hierdie jongelinge af wat onder die laagwaterbruggie uitgekruip kom opsoek na húlle stukkie son.

ONDER SABIE HIëNAS OP DIE H10
ONDER SABIE GEVLEKTE HIëNAS OP DIE H10 MET SOPNAT POTE

Hiënas is lief om hul kleingoed onder paaie in waterpype groot te maak. Is dit ooit veilig? Want self swaarvoertuie jaag soms knetterend hier verby. Wat sou die rede wees – sou die ma weet dat die kleintjies hier kos vanaf stilhouers mag vind?

INTERASKIE, TERWYL DIE SONNETJIE LEKKER DROOGBAK
INTERAKSIE, TERWYL DIE SONNETJIE LEKKER DROOGBAK

.

VYF FEITE OMTRENT HIëNAS. Ontmoet Crocuta crocuta

Hienas sopnat 31. Hulle is nagdiere wat bekend is as aasvreters.

2. Die matriarg lei die trop (soms tot 80) wat ‘n dreigende gevaar vir leeus by ‘n vangs is.

3. Hul is doeltreffende roofdiere met ‘n kenmerkende “whooo-oop” roep.

4. Hiënas word  gesien as die Skoonmakers van die natuur wat enige eetbare iets sal aas.

5. Bisare items soos skoene, naels, tou, olifantvel en blikkies kos is al ontleed as maaginhoud.

Met hul uitstekende nagvisie en akute reuksin loop hul soos spokerige skadu’s agter die kampplek se drade en sal niks daarvan dink om braaisvleisvure te besoek nie. Ek het selfs al gehoor van kinders wat snags aan hul voete uit tente getrek is.

Geen vakansie in die Kruger is volmaak sonder ‘n foto van hierdie interessante dier nie.

Hienas sopnat 4Fotos: Blommie
Skryfsels: Spokie

Hierdie stukkie is ook ingeskryf vir die uitdaging: http://scrapydo2.wordpress.com/2015/01/15/toeka-tokkel-4-vakansie/

Advertisements

46 thoughts on “Mis, nat Hiënas en Spinnekopwebbe”

  1. Ag jinne ma’ die baba hienas is te oulik! Spokie, ek geniet jou inskrywings vreeslik baie. Van jou foto’s is asemwegslaan mooi. Ek kan my net indink hoe mooi daardie spinnekopwereld met die blote oog moes lyk. Wow.

    Liked by 1 person

    1. Aaah! lekker om jou hier te sien mtn. Ek het nou net vir Olga hieronder gesê dat ek ook nou begin wonder hoe groot die spinnekoppe is. Ek gaan die fotos opsoek en bietjie inzoom. Dalk sien ek ‘n …. leeu! Hehehe.

      Like

  2. Dankie die besoek Hester, ja – die spinnerakke lyk voorwaar soos die outydse gordyne wat nog so ‘grof’ geweef was. Ek onthou nog my ma sin …

    Like

    1. Ai Dries, hoe trek jy nou my nostalgiese-kitaarsnaar met hierdie kommentaar van jou. Ons mis ook nie daardie koedoewors-en-pap nie. Verkies net om daar te sit en eet, terwyl ons die “stout” apies afneem wat die mense se kos so gaps.

      Liked by 1 person

    1. Ons waardeer al jou moeite ook met Torka-Tokkel, scrapydo. Hoop dat die skakels oor-en-weer ook vrug sal afwerp. Dankie jou mooi kommentaar.

      Like

    1. Dankie jou besoek hier, vriendin. Geniet jou blog net so baie. Jy laat mens voorwaar glimlag met jou humoristiese streke! Like you!

      Like

  3. Ek het eenkeer ‘n oulike storietjie voorgelees, i.v.m ‘n spinnekoppie, wat haastig een nag ‘n beskermingsweb oor ‘n boompie “gespin” het… Die boompie het gestaan voor die deur van die stal, waarin die Jesuskind gebore was. Vandaar die gebruik om tinsel om ‘n kersfeesboom te “spin”, tydens Kersfeestyd! 😊😊

    Liked by 1 person

    1. Wat ‘n pragtige storietjie oor ‘n spinnekoppie. En sowaar? is dit waar die gebruik van tinsel om kersbome vandaan kom? Nou toe – so ek was nie te ver verkeerd toe ek sê die webbe lyk soos kersversierings nie?

      Dankie die besoek. Mis jul baie. Mail my bietjie asb.

      Like

    1. Dankie Carol. Ja, ek het al agtergekom hoe langer jy in die veld rondry hoe meer ingestel raak jou oog. Hiehiehie – seker net soos jy ingestel raak met die doen-en-late van die skreeubekkies daar by jou!

      Dankie jou besoek. Waardeer.

      Liked by 2 people

    1. Dankie die kommentaar, melouisef, Nee, ek het nie geweet ons moes malaria pille neem? Maar ek het gehoor die ouens oor die grens het baie siek geword! Ek dink die hewige reëns wat ons beleef het, het miskien die miskiete beheer vir ‘n rukkie.

      Like

      1. Ek dink mens moet maar by jou apteek en dokter verneem, party doen ander nie. Ek is maar skrikkerig want dis nou baie erg en word nie meer beheer nie. Maar soos jy sê met die baie reens….

        Like

        1. Ivm malariapille. Vriende van ons oor Des wat in Mosambiek ingegaan het,het van die kinders en ma nie verder pille wou drink. Vreksiek daarvan geword. maar, toe doen hul malaria op … so ek weet nie wats beste nie, want die pille kan nou weer simptome onderdruk. Glo jy gaan meer weet … maar bly dit maar ‘n kontroversiele onderwerp.

          Like

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s