Stap in die spore van ‘n koning

Vreesbevange druk Timo hande teen sy ore: “I am too young to die! I am too young to die!” Adrenalien skiet deur my kop en ek voel hoe die riviersand die Jeep se wiele spinnend vasgryp. Ek ruk terug, net betyds om te sien hoe die stormende leeu se gespierde lyf strompelend oor ‘n dooie boom vou…

Zero. Koning van Karongwe. Dié dag sou hy weer gekroon word. ‘n Splinternuwe VHF collar trots om sy koninklike nek vasgeknip word.

DIE SPUITSTOF WORD OP DIE WARM RADIATOR LOU GEMAAK
DIE AFGEMETE SPUITSTOF WORD OP DIE VOERTUIG SE RADIATOR LOU GEHOU.

DIE WAPEN
Weer en weer word die pylgeweer getoets. Niks mag skeefloop. Agter ons kom daar klokslag ‘n radioboodskap vanaf die veldwagter deur wat van vroeg af al op die leeus se spore loop. Zero is gewaar in die Makutswe omgewing en mik rivier se kant toe.

TIMO MAG DIE PYLGEWEER VASHOU. HIER GLIMLAG HY BREED VIR DIE FOTO.
TIMO MAG DIE PYLGEWEER VASHOU EN GLIMLAG BREED VIR DIE FOTO. MINWETEND!

Alhoewel ons opgewonde, tog senuagtig in die ongerepte bosveld vir mekaar fluister, besef ek maar te goed: Hierdie is ‘n ander speelveld!

DIE COLLAR
Langs my tril Blommie (hierdie blog se fotograaf) opgewonde. Dis ‘n rooiletter dag vir haar. Die formidabele wille koning, wat se krag en statuur vele respek afdwing – by dier en mens – gaan nou-nou platgetrek word. ‘n Voorreg wat miskien nooit weer gesmaak sal word nie.

'NEE OOM KOOS, DIE NECKLACE BEHOORT AAN 'N ANDER KONING!'
” JAMMER OOM KOOS, DIE NECKLACE BEHOORT AAN ‘N ANDER KONING “

Vir nou is daar baie glimlaggies en sports.  Speels hang Blommie die belt om haar pa se nek. As skenker van hierdie waardevolle stukkie hardeleer met ingeplante radiobeheerde monitor, kom die eer hom vir n paar sekondes toe.

Almal wip toe die radio skielik praat: “Julle moet inbeweeg …”

Dis tyd! Haastig spring ons op die oop besigtigingsvoertuie en stoot die neuse rivier se kant toe.

In die doodse stilte wat heers voel ek hoe die bosveld wind aan my hare krap. Of is dit my maag wat draai?

“Daars hy!”  fluister iemand en ek gryp my stoel vas. Voorwaar – daardie aantreklike swart maanhare tussen die goue highligts kan net aan één koning behoort: die alfamannetjie van hierdie woeste stuk oerwoud.

ZERO DIE KRUISPAD OPPAD NA DIE RIVIER
DIE EERSTE VISUEEL VAN ZERO BY DIE DIE SANDKRUISPAD, OPPAD RIVIER TOE.

Ek vergaap my aan bultende spiere, massiewe slap pote wat ritmies vorentoe skop. Verbaas om te dink dat hierdie imposante dier eintlik gesien word as ‘n saggeaarde en goeie pa wat die beste bloubloed welpies gooi. Sy trop beskerm hy met nael-en-tand.

Weer trek ons asem in…

MPHO - KORT OP DIE HAKKE VAN SY PA
MPHO – KORT OP DIE HAKKE VAN SY PA.

Agter hom stap ‘n ander vors, waarvan die jong baardhare duidelik stukkies swart begin vertoon.  “Is dit sy seun?” snak iemand. “Ja, dis Mpho, ‘n moontlike troonopvolger.”

SPOKIE SNY SPOOR
Vir ‘n uur agtervolg ons die leeus op die klippad. Wetende dat hul enigetyd kan uitswaai rivier se kant toe. Dis net waarvoor ons wag.

OPPAD NA DIE RIVIER
STOP-STOP,  RY-RY, WAG-WAG:  SPOORSNY VERLANG UITERSTE GEDULD.

Die leeus is onbewus daarvan dat hul omsingel is. Die rivierbedding word gesien as die ideale plek om ‘n dier in plat te trek, aangesien dit oop is. Gevaar kan agter enige bossie in hierdie ongetemde bosveld skuil waarin die Groot Vyf en ander wilde diere vrylik rondbeweeg.

DIE KONING IS PLAT
Vir nou word Mpho die vyand. Nadat die pylveer sy pa platgetrek het, probeer hy getrou aan sy sy bly en moet gereeld met ‘n droë stok of klip weggejaag word. Digby, net agter die riete kruip hy weg vanwaar hy alles dophou…

SKIELIK ONTNEEM VAN KRAG DEUR DIE SLIMMIGHEID VAN DIE MENS
DIE KRAG VAN DIE LEEU ONTNEEM DEUR DIE SLIMMIGHEID VAN DIE MENS.

 

Tot hier verloop alles klopdisselboom. Banggat speel ek fotograaf en hou my lyf veilig en hoog op die Jeep.

BLOMMIE WOEL HAAR VINGERS DIEP IN ZERO SE HARE
BLOMMIE WOEL HAAR VINGERS DIEP IN ZERO SE MAANHAARDOS.

Blommie sou nooit kon droom dat sy eendag Zero se vel onder haar vingers mag  streel nie. Deel mag wees van ‘n kroning wat sal standhou vir die volgende 5 jaar.

Agterna wys sy my ‘n paar lang swart hare. Dié het sy vinnig uitgepluk terwyl zero geslaap het. ‘n Soewenier. Ek is verras oor die dikte en sterkte daarvan.

Rustig kiek ek voort terwyl die reuk van olifantmis en katpiepie my neus begin kreukel.

Die rivier is warm en droog. Soos ‘n dooie lê Zero oop-oog en staar na …’niks’. Om te voorkom dat sy oë uitdroog druk die veearts ‘n salfie daarin en vou ‘n pers handoekie om die kop vir koelte.

'N OOGSALFIE TEEN UITDROGING EN 'N BOSVELDKAPPIE TEEN DIE SON
‘N OOGSALFIE TEEN UITDROGING EN ‘N BOSVELDKAPPIE TEEN DIE WITSON

.

DIE KONING WORD WAKKER
Agterna het ek baie oor my “wat as …” getop. Julle weet mos: “wat as…”  iets skeefloop. In my gedagtes het ek voorbereidings getref en besluit om die groot coolerbox langs my vorentoe te gooi vir ingeval van ‘n noodgeval.  Agterna het ek gedink dat dit eintlik ‘n puik idee was. Want om die fotos te kon neem was ek by die Jeep se laagste openingskant en kwesbaar.

Terwyl Zero wakker word en in ons rigting storm, is ek werklik braaf genoeg om nog hierdie foto te neem. Wat met die kamera later gebeur het, weet ek nie, maar was ek duidelik bewus van my vingers wat om die koel werklikheid van die coolerbox se handvatsels geklem het.

'NOU IS DIT MY BEURT!" Zero word wakker.
” NOU IS DIT MY BEURT!” Zero word wakker.

Terwyl die afrikaanse Timo gil “I am too young to die!” trek oom Koos spinnend weg en ek voel hoe die Jeep diep in die riviersand vasval. Kletterende klippies en stof warrel in my neusgate en skielik wonder ek waar Mpho is. Vandag is hier groot sports.

Want ‘n halwe klap van só ‘n deurmekaar leeu kan jou maklik bokveld toe stuur. Gelukkig is daar ‘n dooie boom in die rivierloop en terwyl ek my oë hier sluit, sien ek weer hoe hy pootjie en hoe die tuimelende figuur van ‘n koning vernederd en diep ploeg, binne in die warm sand van die Makutswerivier.

Mpho is dadelik by!

Zero agterkant
‘N FOTO VAN ZERO ‘N PAAR MAANDE DAARNA.

GROOT SPORT
Die res van die geselskap, wat veilig aan die oorkant van die river as  toeskouers gesit het, het geskater van die lag. Vir hulle was dit groot sports.

Maar nog nooit was ek só bly om die agterkant van ‘n leeu te sien nie!

(Hierdie stukkie is ook ingeskryf vir Scrapydo se challenge: https://scrapydo2.wordpress.com/2015/01/22/toeka-tokkel-5-sport-en-volgende-5-onderwerpe/ )

40 thoughts on “Stap in die spore van ‘n koning”

  1. Kyk nou net! Vanoggend val jou Groot Sport storie oor Zero, uit my Ipad uit… (ek het dit amper misgeloop). Die foto’s is skrikwekkend mooi 👀, maar wees versigtig, hoor😃!! Pragtig.

    Like

    1. Ja, jy kan nie hierdie storie gemis het nie! Dit het ‘n paar jaar terug gebeur, maar onthou ek dit tot vandag toe nog. Eks bly jy deel in dinge in my lewe wat die res van die familie nie van weet nie. Waardeer jou. Wens jy wil jou stories ook op blog sit, dan kan ek dit ook geniet… sal spesiaal wees.

      Like

  2. Dis mos om van jaloers te raak Spokie! ;).
    Eendag gaan jy in jou wiegstoel sit en deur jou bloginskrywings blaai en lank na hierdie ene sit en kyk met ‘n groot glimlag op jou gesig.

    Wat ‘n stunning ervaring is dit nie. Sjoe!

    Liked by 1 person

    1. Jy is heeltemal reg omtrent die wiegstoel waarin ek gaan sit en my reiservarings lees. Dis die hoofrede vir my blog. Dankie jou besoek aan Zero die leeu.

      Like

    1. Aag dankie Dries! Ja dit was / is ‘n pragtige maanhaar. Vandag is Zero afgetree en woon in ‘n veiliger kleiner hawe waar mense hom kan gaan kiek. Eerder dit, as wat die volgende troonopvolger hom sou doodgemaak het.

      Dankie vir die lees van die storie.

      Liked by 1 person

  3. Dankie vir die dramatiese sport episode. Ek het skoon op die punt van my stoel gesit en lees. Dit wys jou ook dat n mens die onderwerp kan aanpas om jou omstandighede te pas. Wel gedaan. Jou fotos maak dit nog meer dramaties

    Liked by 1 person

    1. Dankie jou lees en kommentaar op die leeus, Carol. EK dink jy ken goed van ‘sports’ – daardie skapies van jou laat jou seker ook soms op die punt van jou stoel sit! Dan moet jy seker maar die leeu/probleem ‘face’.

      Liked by 1 person

    1. Hehehe – amper het jy een (nee 2) vriendinne minder in jou lewe gehad. Ons sien al uit om saam jou die birdhide te besoek, en Blommie beplan al die spyskaart … het net ‘n vrouekamp hierdie naweek, maar sal laat weet.

      Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...