Rooibok koors

Deur die lens hou ek asem in en sien hoe die rooibokram ritmies en vreedsaam met sy nat snoet in die sappige gras woel. Onbewus van die Luiperd wat hoog vanaf die rotskoppie alles dophou.

Ek begin die swart kolletjies tel wat onder die rooibok se wit lieste vasklem. Bloedsuiers. Shame – wat ‘n irritasie.

ROOIBOKKE WORD DIE MacDonalds GENOEM WEENS DIE SWART 'M' OP HUL AGTERLYWE. DIE STREPE BEHEER BOSLUISE.
ROOIBOKKE WORD DIE MacDonalds GENOEM WEENS DIE SWART ‘M’ OP HUL AGTERLYWE. DIE STREPE IS BELANGRIK WANNEER HUL MEKAAR VERSORG EN OM BOSLUISE TE BEHEER.

 

‘n Slapmotor wieg langs ons in. Onwillig laat sak ek die kamera. Dis ‘n man met ‘n netjiese wit hemp en ‘n kanon van ‘n verkyker. Nuuskierig loer hy binne in ons voertuig in: “Wat sien julle?”

“Rooibokke.” Koor ons.

Verontwaardig kreukel sy neus terwyl sy voertuig weer spoed vang. Die rooibok spat weg en ek lees die man se gedagtes: “Wie stop nou vir rooibokke in die bosveld – die goed is dan vervuil … ”

Rooibokkies Jong in pad
JONGELINGE TRIPPEL ONSEKER OOR DIE PAD TERWYL HUL OP MEKAAR WAG.

Maar dit wat die rooibok aan die natuur en omgewing bied, is uniek. Hulle is groeplewend en vorm dikwels troppe van etlike honderde en word as die hoofprooi van groot roofdiere gesien.

ROOIBOKKE IS GROEPLEWENS. HIERDIE TROP SOEK SKUILING IN DIE HITTE VAN DIE DAG.
BEDAGS SKUIL DIE ROOIBOK HOOFSAAKLIK ONDER KOELTEBOME TEEN DIE HITTE.

 

‘N BOK VAN EERSTES

LIERVORMIGE HORINGS
DIE LIER-VORMIGE HORINGS VAN DIE RAM MET ‘N BLINK ROOIBRUIN HAARKLEED EN WIT KOL OP DIE KEEL.

Die Rooibok is in vele opsigte ‘n bok van eerstes.

Beweeg die wildkyker ‘n reservaat binne, is sy kanse goed om eerste ‘n rooibok te sien. Beweeg die kamper vanuit Die Kruger huistoe, mag dit die laaste dier wees wat hom by die uitgangshek groet.

My broers, almal grootwildjagters, se eerste bok wat platgetrek is was ‘n rooibok. Wanneer hul aanlê en die broek begin bewe  – omrede van die swart tuurende oog in die visier- noem pa dit rooibok-koors. Skiet hulle mis, lag pa net geduldig en maak dit weer af as bok-koors.

TROTSE RAM MET
TROTSE SATARA ROOIBOKRAM MET KENMERKENDE EFFENSE KROM RUG EN DIE STERT WAT STYF TEEN DIE LYF VASGEDRUK WORD.

 

GROOTWILD JAGTERY
Daarom is die eerste bok wat die grootwordende jagter beplan om te skiet, ‘n rooibok. Eers daarna is hy vaardig genoeg om groter en gevaarliker diere te begin jag.

JW OEFEN
JW, (BROERSKIND VAN BLOMMIE ONS FOTOGRAAF) OEFEN VIR SY EERSTE ROOIBOK.

 

5 FEITE OMTRENT DIE ROOIBOK (Aepyceros melampus)

DIE AGTJARIGE JW, TREK SY EERSTE ROOIBOK PLAT
DIE AGTJARIGE JW TREK SY EERSTE ROOIBOK PLAT MET ‘N .243 GEWEER

1. Die ram kan tot 90cm hoog staan.

2. Die rooibok verkies yl boom- of bosveld wêreld naby water.

3. Hulle kan met ‘n enkel elegante sprong tot 3m hoog en 12m ver spring.

4. Alhoewel die rooibok ‘n sagmoedige geaardheid besit, is hy baie wakker – tog ontwykend.

5. ‘n Vinnige hoë snorkgeluid spreek van gevaar en sal die rooibok met ongelooflike spoed en spronge wegspring oor lang grasse, bosse en kleiner bome.

.

JW MET SY TWEEDE ROOIBOK ONDER TOESIG VAN OUPA
JW SKIET SY TWEEDE GROTER ROOIBOKRAM MET ‘N .308 ONDER TOESIG VAN OUPA.

Nadat die kolf JW op die wang geslaat het, was hy maar te bly die jagseisoen is verby. Of spreek dit van bok-koors ?

Spokie en Blommie staan egter aan die bewaringskant. Ons hou daarvan om die mooi van dier en natuur in hul kosbare aard vas te vang op film. Diereliefhebbers eer nie net die  Groot Vyf nie, maar eer ook die Rooibok.

GEVAARLIKE
GEVAARLIKE WEDYWERING TUSSEN RAMME, TYDENS PAARSEISOEN, GAAN MET HARDE SNORKGELUIDE GEPAARD. HORINGGEVEGTE KAN DIKWELS NOODLOTTIG WEES.

 

Die grootwildjagter vergeet nooit sy eerste Rooibok.
Die fotograaf ken die Rooibok se potensiaal.
Die bewaarder meet aan die vettigheid van die Rooibok sy veld.
Die jagluiperd leer by die lam om ‘n ram plat te trek.
Die leeu trek agter die rooibok aan.
Die bronstige bobbejaan skeur en vreet die binnegoed van ‘n rooibok om sy krag aan die trop te vertoon.

Rooibok Slide Soen 2En vir Spokie sny Spoor?
Spreek die Rooibok van:
LIEFDE, FAMILIEBANDE en ONMEETBARE VREDE

39 thoughts on “Rooibok koors”

  1. Ek dink die meeste van ons sluk swaar aan die jagtery, maar soos jy sê daar is ‘n rede daarvoor, en ons moet dit so aanvaar. Die artikel oor die rooibokke is interressant, het nie van die M geweet nie…. sal my man nie verbaas wees as ek ‘n volgende keer vir hom sê daar is rooibokke nie? Hiermee gee ek my onkunde oor die diereryk weg 😦 Soos altyd pragtige fotos!!!

    Like

  2. Sjym man, die rooibokke is eintlik maar KNP se vliee en die olifante is die brommers. Ek myself jag nie. Kon nie eers self ‘n slaghoender doodmaak nie. Maar as mens net rooibokke met die kamera geskiet het, sou hulle heel gou buite beheer gewees het. Ek stop ook vir skillies, sit nie meer wiel in KNP nie oor die brommers wat al twee keer op kar afgestorm het.

    Like

  3. Ek moet erken, ek stop net een keer vir ‘n rooi bok langs die pad. In die Kruger stop ek ook net eenkeer vir ‘n olifant in die bos. 😉

    Ek het al gehoor dat opregte natuurliefhebbers veral die rooibok waardeer. Juis omdat dit so uitsonderlik is – soos om ‘n baba terug te hou en so manjefiek te kan spring.

    Like

    1. Dankie Xena-kie – vir jou inloer by die Rooibokke. Mens kan sien jy gaan nie saam my na die Kruger toe nie, daar stop ons selfs vir die skilpaaie in die pad.
      Maar nou ja, ons kan nie almal dieselfde wees nie – how boring!!!

      Like

      1. Natuurlik stop ‘n mens vir die skilpaaie in die pad. En langs die bosse. En orals waar jy hulle sien. Mens sien nie ‘n skilpad in elke bos nie. 😉 En al het jy hulle in elke bos gesien, stop jy want dit is ‘n skilpad.

        Like

    1. Heeltemal reg, Toortsie. Skoon vergeet daarvan. Die rooibok kan haar geborene terughou tot na die eerste reëns. So maak sy seker daars genoeg kos vir die lammetjie.

      Liked by 1 person

  4. Ek ken maar min bokspesies, maar hierdie rooibokke het ‘n sagte skoonheid en bekoring. Ek voel eintlik jammer dat hulle op die jagters se beginnerslysie is

    Like

    1. Is so, Sparkle, die rooibok het ‘n sagte skoonheid en bekoring. Jy’t dit so mooi beskryf. Ag, eks jammer dat enige dier op die jagterslys is, maar nou ja, mense is seker ook vleisvreters en biltong-eters.

      Like

  5. Pragtige fotos, met interesante feite en bie goed geskryf.
    Ek weet hoe somige mense kan voel oor die jag-fotos, maar dit is respekvol gedoen.
    Jag is baie populêr hier in Kanada.

    Like

    1. Aaa! lekker om jou hier te sien Tokeloshe (alhoewel jy so ver van my is). Wat jag die Kanadese ouens meer en deel. Is dit die takbok?

      Like

    1. Dankie tog, Dries. Uitendelik sien jy my rooibok-fotos en artikelfeite raak. Die res van die dames is baie kwaad vir my oor die jagfotos, terwyl ekself nie van jag hou nie. Maar dis die familie waarin ek getroud is, en besit van hul wildplase en reservate waarop beheer uitgeoefen moet word. (Sug)

      Like

      1. Ek voel jou dilemma Spokie! Self jag ek ook nie (wel, brommers en muskiete uitgesluit) maar ek besef ook geheel en al dat jag as n vorm van volhoubare benutting absoluut noodsaaklik is om veral kleiner natuurgebiede te bestuur. Ek veroordeel niemand wat hou van jag en dit eties doen nie, maar moet my asseblief nie saamnooi nie…

        Like

    1. Neeeee man, dit gaan nie oor die jagtery nie, dit gaan oor ROOIBOKKE! Maar, ek verstaan, dis maar die lewe waarin ek grootgeword het. Diereboerdery. Skiet en darting vorm deel van beheer. Maar ek HAAT dit ook. glo my. Gaan nooit saam nie. Al word daar ‘n bees ook geslag .
      Eet jy darm braaivleis?

      Liked by 1 person

  6. Prachtige foto’s.Ik weet dat je een dierenliefhebber zijt en niet jaagt maar kinderen die men leert schieten op levende wezens daar is mijn verstand te klein voor.Ik zou het nooit kunnen daar is mijn liefde en respect voor de natuur veel te groot voor.

    Liked by 1 person

    1. I LOVE your blog although i have a hard time to look at the photos 😦
      I cannot find the spot to leave a comment otherwise I would have said I so agree with you. This is the kind of thing I put on my FB…. Maybe one day we will have an impact.?

      Liked by 2 people

      1. Dit mag so wees maar mens leer nie kinders om bokke of enige iets dood te maak nie. Dit beteken jy leer die kind die genot van doodmaak (wat by mense voorkom). Leer hom belangriker dinge in die lewe en as hy dan moet leer skiet – skyfskiet. Die kind is nog lank nie n grootwildjagter nie, miskien is daar nie eerss grootwild oor as hy die dag groot is nie.
        Nie my pa of my skoonpa het ooit n dier geskiet nie. nie my man of enige van my familie nie. En as ek uitvind iemand skiet diere is hulle nooit welkom in my huis nie.

        Liked by 1 person

        1. Ek stem. Moet asb nie my artikel verkeerd verstaan nie. Dalk moet jy weer lees. Dit gaan nie oor jagtery nie, dit gaan vir my oor die rooibok en sy attribute. Ek wou graag rooibok fotos gewys het. Ek vra groot verskoning as van die fotos jou ontstel het.

          Liked by 1 person

          1. Ek weet Spokie maar ek het n baie groot probleem met kinders wat geleer word om diere te skiet en dood te maak. Daardie dae is nou al lankal iets van die verlede, dis nie toelaatbaar nie. Ooknie vir manne wat kinders wil leer nie. In my beroep is dit n No No!

            Like

Gesels asseblief saam ...