Leef met hart en siel

Soms kan die donkerkamer soveel unieke fotos oplewer, dat mens eenvoudig net iets met dit moet doen.

Hierdie fotos kom vanuit ons Jan 15 besoek aan Die Kruger, en word my hart opgewonde as ek besef dat hierdie diere heel moontlik vandag nog daar rondtrippel!

Geniet dit:

Bontvisvanger laat hoor sy lied.
Bontvisvanger laat hoor sy lied.

 

Kreukel lyne van 'n olifantkoei 2015
Kreukel lyne van ‘n olifantkoei 2015

 

Wakker oog van die Sebra hings 2015
Wakker oog van die Sebra hings 2015

 

Seker voetstappe van 'n olifantbul 2015
Seker voetstappe van ‘n olifantbul 2015

 

Bloedrooi-en-swart van die Bromvoël 2015
Bloedrooi-en-swart van die Bromvoël 2015

 

Satara Koedoebul toon sy trotse horings 2015
Satara Koedoebul toon sy trotse horings 2015

 

Vriendelike groet van die skilpad 2015
Vriendelike groet van die skilpad 2015

 

Stewige greep van die Langtoon 2015
Stewige greep van die Langtoon 2015

 

Hamerkop staan by kabbelende waters en wag vir 'n uitspringhappie
Hamerkop staan by kabbelende waters en wag vir ‘n uitspringhappie

 

Pasgeborene wys sy unieke haarstyl 2015
Pasgeborene wys sy unieke haarstyl 2015

 

Mag jou dagie bestaan uit Liefde en Omgee
Onthou – die lewe is te kort om bitterheid toe te laat
Sien elke dag as ‘n nuwe begin!
Liefdetjies
Spokie

48 thoughts on “Leef met hart en siel”

  1. Eks veral mal oor die landskap foto. Amper so mooi soos ‘n skere Merrie se beskeie poging wat geraam teen my muur hang. (Gesteel natuurlik.)

    Like

    1. Hiehie – dankie dat ek mag deel in die gesteelde muurbehangsel teen jou muur. Ja, dankie, landskap fotos is vir my ook mooi.

      Like

  2. Sjoe maar dit is nou besondere fotos. So mooi. Veral daardie langtoon foto is amazing. Die byskrifte is ook perfek. Dankie vir die deel van jou fotos

    Liked by 1 person

        1. Die Langtoon is eintlik baie interessant. Is so groot soos ‘n kiewiet en loop met sy langtone op waterplantblare. Bly dus by die waters. Wanneer hul die kuikens dra doen hul dit onder hul vlerke en sien jy net klein toontjies wat uitseek. Te oulik! Iewers het ek fotos, sal dit vorentoe wys.

          Like

    1. Dries – jy roer my hartsnare met jou kommentaar oor die sonsopkoms buite Satara. Dis was baie vroeg en mistig toe ons hierdie goue bal op die horison gewaar. Sug … saam jou wens ek ons is weer daar …

      Liked by 1 person

    1. Hi vriendin. Nee ek gebruik nie ons dierefotos vir kursusse nie. Glo nie teologie en wildfotos loop saam nie. Of … gee jy nou vir my ‘n baie goeie idee!?

      Liked by 1 person

  3. Magnificent photos. It is so important to appreciate all creatures, small and big. So often people in the “Park” just want to see the Big Five and then miss out on so much 🙂

    Like

    1. Nou toe! Eks bly om te sien die fotograaf van die fotos is bly dat ons darm iets met die fotos doen. Al snipper ek soms die meeste weg …Dit verleng die ondervindinge darm so bietjie …
      Dankie jou kommentaar, Blommie.

      Like

    1. Aaag ja, ek dink ook die bokkie is cute! Wat wag net nie alles vir hierdie ou diertjie in die woeste wildernis.

      Like

Gesels asseblief saam ...