Riekinkie

My ouma is bosbevange. Olifantmis gee haar adrenalien. Sy hou daarvan om spoor te sny agter wilde diere aan en onder ‘n sterrehemel te kamp. Maak nie saak of daar warm badwater is nie, solank naguiltjies haar en oupa bekoor, is hul sielsgelukkig.

Foto: Internet
Foto: Internet

My pa en ma is stadsjapies. Hulle haat kamp en ‘n koue bad. Hul verkies om deur netjiese geriewe omring te word en dra my pa ‘n wit jas as hy chef speel. Sy Jamie Oliver potte is blink gepoets terwyl my ouma se driepootpot op die vuur swart roet stook.

My ma en pa is sielsgelukkig wanneer die atmosfeer met roosreuk, sekuriteit en dettol bedruip is. Hulle meen die bos is onveilig en wild en kreukel neus vir renostermis.

OUMA SE HOUTHUISIE IN DIE BOS
OUMA EN OUPA SE CABIN IN DIE BOS

My ouma plant madeliefies rondom die krans wat haar houthuisie omsoom en ril nie vir moddernaels of slierthare in misreën nie.

My pa hou van IT-werk en tegnologie en verkies geskropte naels en ‘n stywe kuif. Hy dink ouma is lotjie-getik. Sy Toyota se malvarooi word blink gepoets en ruik na sta-soft en my ouma se 4×4 ploeg in die kloof rond en ruik na olie en rooistof.

Maar wat het dit met mý te doen? Baie! Pa en ma kan nie wag om my perfek gestrykte hempies oop te vou nie en ouma kan nie wag om my kaalboud in modderpoele saam vlinders langs wattervalletjies te laat rondwoel nie. (Sug.) Pa rol oë. Hier kom sports!

My ma en oupa verkies om nie kant te kies nie. Peetma-Blommie besef daar is geen bridge te vind over troubled waters.

14 WEKE
14 WEKE

Aangename kennis: My naam is Riekert. Op 12/3/15 was ek 14 weke oud.  My voetjie 1.47 cm lank en my hartklop 154bpm.

“Rerig?” vra ouma geskok. Dis nou oor die bpm.

“Stadig Riekinkie,” kommer ouma. “Dis normaal,” troos ma. Tegnologie slaat ouma dronk.

My pa noem my ‘n wonderwerk. ‘n Dief wou my steel en my ouers onvrugbaar laat.

Eendag het ouma, wat al jare wag om Oumie te word, my pa en ma gegryp, hul voor ‘n Godsman gestoot en pa gewys om te praat. My pa skrik en vertel die man alles wat die dokters sê. Toe plaas hy sy hand op my ma se maag en bid vir haar. Sy opdrag was dat ons ‘n seisoen moes wag of hom moet epos as niks gebeur. Toe gebeur dit net so!

Dit het my ma en pa se siening omtrent God verdiep. Ouma glimlag in die geheim. My pa dra hierdie prent op sy Facebook hoofblad:

Lighuis

Amper was ek nie gewees nie …

57 thoughts on “Riekinkie”

  1. Liewe Riekert, ek is BAIE bly oor jou, wonderwerk en al! 🙂
    Maar as ek jou foto’tjie so kyk, lyk dit my jy gaan tog te lekker kuier by jou ouma, jy sal haar taal verstaan. Lyk my jy is juis nou ook kaalboudjies… so kaalboudjies in die modder sal nie vir jou vreemd wees nie. 🙂
    Jy moet vasklou daar waar jy is, hoor!

    Liked by 1 person

  2. Dit klink of Riekert net die beste van altwee wêrelde gaan hê. Niks verkeerd met ‘n lekker warm bad en jou eie bed nie. So lief as wat ek vir die natuur is, is ek nie die kampeerder soort nie. Gee my dan eerder ‘n luukse motorhome. hahahah! Daar is ook niks fout met moddernaels en nat hare van in die reën loop nie. Niks lekkerder as dit. Jou ouma klink na ‘n dierbare mensie. Bly daar is nog mensies soos sy. 😀

    Baie, baie geluk Trienie en mag klein Riekert vir julle sommer baie vreugde en liefde bring. 😀 ♥

    Like

  3. Nou weet ek waar jy jou liefde vir die natuur gekry het…. ouma se kind 🙂
    Geluk, dit is die lekkerste lekker om ouma te wees. Hopenlik aard Riekert ook na sy ouma…. of gaan hy IT kind wees met geskropte naels?

    Like

  4. Spokie, dankie vir jou dierbare voorstelling van Riekert aan ons…😘. Hy begeester jou al klaar! 🙏…voorspoed en vrede vir julle.

    Like

  5. I didn’t understand everything but I think congratulations are welcome. Love to read the sud African language. Looks a little like Dutch ( my language). Have a nice evening

    Like

  6. Ag baie geluk jong. Ek het lang jare reeds vrede gemaak met die feit dat ek nooit Ouma gaan wees nie en toe, op ‘n dag, kry ek ook een van daai sonarfotos. Het my amper onkapabel geskrik, want ek weet toe nie of ek nou regtig Ouma wil wees nie. Sy is nou sewe maande oud en ek verveel almal tot die dood met fotos op facebook. Geniet hom!

    Liked by 1 person

    1. Aaag dis wonderlik om te hoor dat jy ook ‘n nuwe Ouma is. Wat van ons blog-ouens. Mag ons ook ‘n vars fotokie of 2 kry van kleinding? Eks skaars op FB. Kannie dit ook behartig. (Ek kan natuurlik nie wag om Oumie te word, het iets nuuts in my lewe nodig!) Dankie jou kommentaar.

      Liked by 1 person

    1. Yip – hier kom ‘n ding. Het alreeds vir Peetma-Blommie en oupa gesê ons moet maar kleinding in Coolerbox sit as ons die katte gaan jag. Blykbaar raak hul mal as hul die geluid van ‘n baba hoor. Hul jag mos lammertjies. (Fluister: moenie pa en ma vertel nie)

      Ek gaan defnitief by Dirkie kers opsteek. Eendag kan kleinding die briefies oor hom lees as hy groot is …

      Liked by 1 person

    1. Ek het ook gewonder wat gaan aan… Baie geluk aan jou ook Peetma!! Hoop ons kry oulike fotos van die rakker. (Fluister: ons steek hom in die coolerbox weg as ons naby luiperds kom … )

      Like

Leave a reply to Sonel Cancel reply