Toon my jou Hart

Ons naweek-wegbreekplekkie in Magoebaskloof is ‘n reënwoud van misslierte, bergpieke en welige plantegroei. Elke blom daar dra ‘n hart en as jy fluisterluister sal jy dit sien klop en bloei. Net soos die mens, is sommige se kwesbare blomblare gevreet en sou deur die ervare fotograaf of wêreld verwerp word.

(Hiermee vra ek my blogvriende om my vir die volgende 2 maande te verskoon. Ek is volgeboek met kampe en konferensies en om as spreker oor naweke uit te reik en nog voltyds te werk, is baie harde werk. Maar onthou – ek gaan na die stukkende vroukies/blare toe. Dis waar ek moet wees.)

Dit is snaaks dat wanneer iemand stukkend is, sy hart juis duideliker na vore tree …

Hierdie blomme is oor Paastyd afgeneem, nadat ek moeg geklouter was in die kloof agter skoenlappers aan wat my flapperend bly ontwyk. (Toemaar, ek sal hulle nog kiek!)

Geniet dit, terwyl jy die merke van die lewe aanskou.

Magoeba Blom 1

Magoeba Blom 2

Magoeba Blom 3

Magoeba Blom 4

Magoeba Blom 5

Magoeba Blom 6

Magoeba Blom 7

Magoeba Blom 8

Magoeba Blom 9

Magoeba Blom 10

Magoeba Blom 11

Magoeba Blom 12

Liefde in jou hart moet opreg wees
Verafsku wat sleg is en hou vas aan die goeie

Tot ons weer sien
Liefdetjies
Spokie

29 thoughts on “Toon my jou Hart”

  1. Ek kan my altyd verkyk aan jou pragtige foto’s en die spreukies wat dit so mooi beklemtoon. Ek het gewonder hoekom is jy so stil. Ek was ook ‘n rukkie stil maar is weer aan die gang. Ek sien dis nou al meer as 2 maande en vertrou als gaan goed daar by jou. Ek mis jou pragtige fotografie en stories. 😀 ♥

    Liked by 1 person

  2. Fraaie bloemen wil ek soene – Gert Potgieter. Pragtige fotos. Geniet jou werktyd met die gebreekte blomme. Dit is so bevredigend om sukses te sien blom,

    Liked by 1 person

    1. Dankie jou mooi kommentaar, Sparkle. Ek gaan julle ook mis. Ja, die uil staan in my tuintjie tussen die houthuis en die afgrond. En is daar nogal rerige uiltjies wat in die nag daar hoot! Dis die mooiste klank om aan die slaap mee te raak.

      Sterkte vir jou.

      Like

  3. Ik hoop dat je Nederlands kan lezen. Prachtige Foto’s, ik maak uit de tekst op dat je het heel druk gaat krijgen met conferenties en kampen ( wat voor werk doe jij) succes met de drukte. If You didn’t understand my Dutch please tell me

    Like

    1. Dankie Hillechien, ek verstaan jou Nederlands baie goed. Yes, church conference and vrouekampen keeps me busy. Its more help in the emotional intelligence camps for women who needs help. Its not really my work, but a service/function. Thanks – but I’ll be back soon.

      Liked by 1 person

Leave a reply to rondomtaliedraai Cancel reply