Liewe Riekinkie
Nie meer is jy net ‘n pers vlindertjie op mamma se troukoek of ‘n gedagte in pappa se hart nie.
Ook nie meer ‘n ongevormde klont-bondeltjie saamgeweef in mamma se skoot nie.
Maar het jy vir Oumie ‘n kosbare wonderwerkie geword.
Wanneer Oumie skelm onder die snoesige kombersie loer, wonder ek hoe jy moes voel toe die eerste flitslig jou styftoe ogies wou deurpriem.
Toe warm vliese om jou skeur en jy die koue werklikheid ingly.
Gelukkig was mamma se warm arms daar om jou te troos en ontvang.
Oumie het so l..a..n..k. op jou gewag, maar dra jy alreeds die geur van genade en seën.
Riekinkie liefdetjies
Oumie
So precious! Congratulations:)
LikeLike
Thanks for your visit!!
LikeLike
Congratulations! Thank you for sharing with us. 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek wil so graag net aan sy neusie raak (foto) – is hy rêrig? Spokie, jou sielvolle woorde het natuurlik my dankbare trane laat vloei😅😅.
LikeLike
Dankie Sneeuvlokkie vir jou kommentaar, ek het hom nou-net tussen 1 en 2 gesien, dis ‘n groot voorreg.
LikeLike
Baie geluk julle! Mag hy vir julle baie vreugde en geluk bring. Ek kan sien ouma Spokie speel lekker pop. 😀 ♥
LikeLiked by 1 person
Baie geluk, ouma. Dis so ‘n ongelooflike seen
LikeLike
❤ ❤ ❤
LikeLike
Oeee hartlik geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie Toorts! Ek speel nou te lekker weer pop met ons kleinding.
LikeLiked by 2 people
Oooo, baie geluk! ‘n Pragtige kleinding – ek hoop ons gaan sommer baie oor julle avonture lees hier op die blogs.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie, ek hoop ons kleinding is vir my soos ‘n nuwe avontuur.
LikeLiked by 1 person
Dis te lekker en te pragtig. Baie geluk met eersteling. Dit moet n besonderse gevoel wees om dit te beleef. (Hoop ek kan ook eendag dit beleef- as alles goed gaan!)
LikeLiked by 1 person
Ag hy is “gorgeous” hoor!!! Geluk nou is jy ook ‘n “OUMA”. Geniet hom baie.
LikeLike
Ek sal defnititief! Dankie bosveldnimf.
LikeLike
Baie geluk, en welkom klein Riekert!
LikeLiked by 1 person
Dankie Dries. Hierdie klieinkind-storie is voorwaar ‘n nuwe seisoen in mens se lewe.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk en níe té véél bederf nie.
LikeLike
Ja – hul sê mos daar is net 2 gevaarlike goed vir ‘n kleinkind: ‘n skêr en ‘n Ouma/Oupa
LikeLike
So pragtig geskryf.♥♥♥
Baie geluk, geniet hom 😉
LikeLike
Dankie Tokeloshe. Ek gaan my eerste kleinkind baie geniet!!
LikeLiked by 1 person
Proficiat en mag het dit kleine wonder altijd voor de wind gaan.
LikeLiked by 1 person
Ag Ouma wees pas jou goed.
LikeLike
Dankie Tina – ja, ek is gereed om Ouma te speel.
LikeLiked by 1 person
Kyk nou net! Die meneertjie is hier! Baie geluk aan die hele familie. Mag mamma genoeg runs en ouma baie vreugde ervaar
LikeLike
Dankie Sparkle! Hierdie Oumie geniet haar 1ste kleinding vreeslik!
LikeLike
Baie geluk!!!!!
LikeLike
Hallo! Baie bly om jou gesiggie op my blog weer te sien, en ja, dankie ek gaan my 1ste kleinding terdee geniet!
LikeLike
Van harte proficiat met dit prachtige kleinkind.
LikeLike
Baie dankie Eveline!
LikeLike
Baie geluk!
LikeLike
Dankie Christina, eks van plan om die kleinding baie te geniet!
LikeLiked by 1 person
Gefeliciteerd OMA
LikeLike
Yes – en nogal die eerste kleinding! Dankie.
LikeLike
Baie dankie! Dis voorwaar ‘n voorreg so ou bondeltjie …
LikeLike
Baie geluk Oumie en beste wense vir Riekinkie op sy lewenspad.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Hester, hy is die mooiste ou geskenkie …
LikeLike
Baie geluk😊! Ek kom Aprilmaand na hom kyk😍.
LikeLiked by 1 person
Rerig!? Kom jy Aprilmaand bietjie SA toe? Ag, kan al klaar nie wag nie. Dan sal Riekert al 8 maande oud wees.
LikeLike
Wat ‘n voorreg!
LikeLiked by 1 person