Welkom, Riekinkie!

Liewe Riekinkie

Riekinkie Teddie 2

Nie meer is jy net ‘n pers vlindertjie op mamma se troukoek of ‘n gedagte in pappa se hart nie.

Riekinkie Troukoek

Ook nie meer ‘n ongevormde klont-bondeltjie saamgeweef in mamma se skoot nie.

Riekinkie 1Scan Maar het jy vir Oumie ‘n kosbare wonderwerkie geword.

Wanneer Oumie skelm onder die snoesige kombersie loer, wonder ek hoe jy moes voel toe die eerste flitslig jou styftoe ogies  wou deurpriem.

Toe warm vliese om jou skeur en jy die koue werklikheid ingly.

Gelukkig was mamma se warm arms daar om jou te troos en ontvang.

Riekinkie ontvangs

Oumie het so l..a..n..k. op jou gewag, maar dra jy alreeds die geur van genade en seën.

Riekinkie liefdetjies

Oumie

40 thoughts on “Welkom, Riekinkie!”

  1. Ek wil so graag net aan sy neusie raak (foto) – is hy rêrig? Spokie, jou sielvolle woorde het natuurlik my dankbare trane laat vloei😅😅.

    Like

Leave a reply to coetzee2014 Cancel reply