(Scrapy se Toeka-Tokkel uitdaging oor Herinneringe )
Ek voel hoe ‘n warm traan oor my wang biggel. Snaaks – ek ken myself nie so emosioneel nie? Inteendeel, ‘n vriendin het net laas week my ‘n “eiland” genoem. Miskien omdat ek so baie met ánder se gevoelens en trauma moet werk …
Hierdie herinnering sal egter klou. Dis kraakvars in my hart ingepriem en proe soos heuning. Want om ‘n koer..rende Oumie te wees, is ontwrigtend, of eerder: ‘n wasige droomwêreld.
Vat nou maar hierdie foto van Riekinkie. Sien jy dit ook? Oumie sweer dit is ‘n eerste glimlag vanaf Riekinkie – spesiaal aan Oumie. Nee, sê iemand anders, dis nog nie moontlik vir ‘n baba skaars 4 weke oud nie. Dalk eerder ‘n maagkramp. Gedorie – kry die dinge-tjie dan ‘n kramp as hy sy Oumie sien?
Maar die volgende oggend is daar nuus! Riekinkie het vir mamma geglimlag en begin gie-gie-gie, toe sy hom vroeg by haar in die bed getel het. Ek sal ook glimlag as my ma my in haar snoesige bed troetel. Pappa moet maar opskuif of af…skuif. As die kot te klein is vir hom, moet hy maar ‘n matras op die vloer gooi.
Sien – Ouma’s is net voordelig. Hulle leer babas hoe om hulle glimlag- of krampspiere te ontsluit en watter slaapplek die bestes vir pappas is.
Wat ‘n wonderwêreld leef ons in. ‘n Plek vol herinneringe en lof!
Dankie Riekinkie.
Oumie is lief vir jou.
Ag wonderlik, baie geluk van een (taamlike nuwe ouma) aan ‘n ander. Hy is pragtig en ja, dit is ‘n glimlag. Jy is so gelukkig om dit eerstehands te kon beleef – ek het darem ‘n foto gekry waar ons s’n breed geglimlag het op 4 weke oud. Ek tel die dae af tot kersfees, wanneer sy ‘n week lank kom kuier.
LikeLike
Dan hoop ek ons sien ‘n fotokie of 2 na kersfees …
LikeLiked by 1 person
Ek sal ‘n paar fotos en stories op die blog moet kom plaas ja. Ons kry elke dag ‘n nuwe foto op facebook, maar dit gaan so lekker wees om haar vir die eerste keer hier by ons te hê saam met die hele familie.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik is dit ‘n glimlag. Asof ‘n ouma nou nie sal weet nie! Hy is PRAGTIG.
LikeLiked by 1 person
Hy is te pragtig!
LikeLike
Ek sukkel nog om by jou blog in te kom. Sal weer probeer …
LikeLike
So precious! Congrats:)
LikeLiked by 1 person
Dit is mos ‘n ouma se hart wat hier praat 🙂
LikeLike
Ai, dankie dat jy hierdie Ouma verstaan … Dankie jou kommentaar.
LikeLike
pragtig!
LikeLike
Dankie vir jou inloer by Riekinkie. Waardeer jou besoekie.
LikeLike
Groot plesier!
LikeLike
de eerste lach….ach hoe schattig. En je hebt vast gelijk….mijn kleinkinderen lachten ook veel eerder dan in de boekjes staat.
LikeLike
Dankie jou besoek, Eveline!
LikeLiked by 1 person
Pragtige ou soenbekkie!
LikeLike
Dankie vir jou inloer. Ja – voorwaar het hy ‘n ou soenbekkie.
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ek grens ook as ek sulke mooi herinneringe kry. 😆
Hy is te skatlik Spokie en daardie is beslis ‘n glimlag. Kyk net hoe lag daardie ogies saam.
Geniet hom skat. 😀 ♥
LikeLike
Ja, dankie Sonel, skatlik is hy voorwaar. Ek geniet die ou kleinding vreeslik! Vreeslik dankie jou inloer. Geniet jou baie.
LikeLiked by 1 person
Ja, oumie die smile is spesiaal vir jou. Laat die geleerdes maar probeer wysmaak van krampe! Die herinneringe aan daardie eerste glimlaggie gaan jou altyd bybly. Hy is regte klein patroontjie! Dankie vir die deel van hierdie terugflits.
LikeLike
Dankie Scrapy, ja, die glimlag was voorwaar ‘n wonderlike herinnering. (Dankie vir jou moeite met al ons skrywers, jy hou ons goed aan die gang … dit verg goeie fasilitering asook baie tyd.)
LikeLike
Moenie nog praat nie. Dit vat my n hele oggend om alles agtermekaar te kry. Party dae kan ek nie glo dat dit so lank vat nie en tog vlieg die tyd verby.
LikeLiked by 1 person
Wat een schattig kleinkind
LikeLike
Dankie jou besoek, natuurfreak. Ja die kleinkind is schattig voorwaar!
LikeLike
Love that smile, so very precious! Thank you for sharing!! 🙂
LikeLike
Thanks for your visit, Amy. appreciate.
LikeLike
Jy gaan nog ure se plesier van die kleinding kry
LikeLike
Dankie jou inloer, Tina. Ja – die kleinding het my lewe positief verander. (Het dit eintlik baie nodig gehad …)
LikeLiked by 1 person
Dis baie goed… ons weet mo waar kom dit vandaan!
LikeLike
Die oulikste smile’tjie! As dit n kramp was sou daar mos nie so blink in die ogie gewees het nie!
LikeLike
Ek stem Dries. Die kleinding het voorwaar gesmile vir my. Dankie jou inloer.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk,Spokie!Nou is jy deel van die span oumas hier op die blog.Hy is te dierbaar!
LikeLiked by 1 person
Dakie Perdebytjie. Lekker om saam jou nou ouma te speel…
LikeLike
Welkom,welkom!
LikeLike