Herinneringe sonder grens

(Scrapy se Toeka-Tokkel uitdaging oor Herinneringe )  

Ek voel hoe ‘n warm traan oor my wang biggel. Snaaks – ek ken myself nie so emosioneel nie? Inteendeel, ‘n vriendin het net laas week my ‘n “eiland” genoem. Miskien omdat ek so baie met ánder se gevoelens en trauma moet werk …

Hierdie herinnering sal egter klou. Dis kraakvars in my hart ingepriem en proe soos heuning.  Want om ‘n koer..rende Oumie te wees, is ontwrigtend, of eerder: ‘n wasige droomwêreld.

Rieker Darling

Vat nou maar hierdie foto van Riekinkie. Sien jy dit ook? Oumie sweer dit is ‘n eerste glimlag vanaf Riekinkie – spesiaal aan Oumie. Nee, sê iemand anders, dis nog nie moontlik vir ‘n baba skaars 4 weke oud  nie.  Dalk eerder ‘n maagkramp. Gedorie – kry die dinge-tjie dan ‘n kramp as hy sy Oumie sien?

Maar die volgende oggend is daar nuus! Riekinkie het vir mamma geglimlag en begin gie-gie-gie, toe sy hom vroeg by haar in die bed getel het. Ek sal ook glimlag as my ma my in haar snoesige bed troetel. Pappa moet maar opskuif of af…skuif. As die kot te klein is vir hom, moet hy maar ‘n matras op die vloer gooi.

Sien – Ouma’s is net voordelig. Hulle leer babas hoe om hulle glimlag- of krampspiere te ontsluit en watter slaapplek die bestes vir pappas is.

Daddy

Wat ‘n wonderwêreld leef ons in. ‘n Plek vol herinneringe en lof!

Dankie Riekinkie.

Oumie is lief vir jou.

34 thoughts on “Herinneringe sonder grens”

  1. Ag wonderlik, baie geluk van een (taamlike nuwe ouma) aan ‘n ander. Hy is pragtig en ja, dit is ‘n glimlag. Jy is so gelukkig om dit eerstehands te kon beleef – ek het darem ‘n foto gekry waar ons s’n breed geglimlag het op 4 weke oud. Ek tel die dae af tot kersfees, wanneer sy ‘n week lank kom kuier.

    Like

      1. Ek sal ‘n paar fotos en stories op die blog moet kom plaas ja. Ons kry elke dag ‘n nuwe foto op facebook, maar dit gaan so lekker wees om haar vir die eerste keer hier by ons te hê saam met die hele familie.

        Liked by 1 person

  2. Toemaar, ek grens ook as ek sulke mooi herinneringe kry. 😆

    Hy is te skatlik Spokie en daardie is beslis ‘n glimlag. Kyk net hoe lag daardie ogies saam.

    Geniet hom skat. 😀 ♥

    Like

  3. Ja, oumie die smile is spesiaal vir jou. Laat die geleerdes maar probeer wysmaak van krampe! Die herinneringe aan daardie eerste glimlaggie gaan jou altyd bybly. Hy is regte klein patroontjie! Dankie vir die deel van hierdie terugflits.

    Like

    1. Dankie Scrapy, ja, die glimlag was voorwaar ‘n wonderlike herinnering. (Dankie vir jou moeite met al ons skrywers, jy hou ons goed aan die gang … dit verg goeie fasilitering asook baie tyd.)

      Like

Leave a reply to Spokie sny spoor Cancel reply