Maak nie saak hoe kleurvol Afrika se modegier, ons kan maar veer opsteek by ons eie land se extravaganza van fleur en kleur.
Net soos die mannekyn blinkgepoets vanuit die modebotiek pronk, netso sal die geveerde modeheertjies ook daagliks bad en poets en knibbel en stryk om hulle pragvere hoog in die mode en aantreklik te hou.
Scrapy daag ons uit om oor MODE te skryf en hier sal jy sien dat geen voël voel ooit vere vir sy eie besondere modekleur of verelyn nie.
Is aardse kleure jou modesmaak?
.
Baie mense meen dat Aasvoëls stink en ‘n morsige roofvoël is. Dis egter nie waar nie. Na ‘n maaltyd bad Aasvoëls gereeld en versorg hul voorkoms soos enige modejuffer dit sou doen.
.
Is jy meer aangetrokke tot helder kleure in ‘n modegier?
Net soos die mens wissel van modes, so sal voëls ook gereeld verveer om te sorg dat hulle modepakkies perfek versorg bly.
Die pappa Neushoringvoël werp eers sy vere af nadat die broeityd verby is.
Sommige modebase verkies ‘n eksie-perfeksie voorkoms.
Die grootlangtoon spog met ‘n ryk kastaiingbruin lyf, swart agternek en geel onderbors.
Sommige modebase hou van ‘n aantreklike berghaan-voorkoms van vleesrooi tot pikante bosskakerings van saadbruine en blinkswartvere wat teen ‘n blou Afrika-lug sweef…
.
Is jy lus vir ‘n nuwe modebloesie? Wat van wit kolle op swart? Hierdie tarentaal het ek 3 weke gelede in Die Kruger opgemerk.
So, watter tipe persoon is jy? Hou jy van aardse kleure of reënboogkleure of is jy ‘n strepe met kolletjies mens?
Ons kan probeer soos ons wil, maar ons vere sal nooit die van voëls kan oorskadu nie. Hulle is pragtig.
LikeLike
Pragtige foto’s. Alles self geneem?
LikeLike
Skuus ek comment nou eers. Sommige fotos is myne ander is bosveldnimf sin, ek het haar gehelp om eie blog ook oop te maak. (Maar sukkel sy nog bietjie…) Dankie jou besoek Olga-kie!!
LikeLike
Wat een prachtige kleuren vinden jullie in de pluimen van de vogels in Afrika.
LikeLiked by 1 person
Hello. Wil net sê ek het kom inloer.
LikeLiked by 1 person
Dankie jou inloer, Toorts.
LikeLike
Pragtige fotos en baie goed geskryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie jou besoek Tokeloshe. ek sien daar is interessante dinge op jou blog aan die gang, ek sukkel net soms om dit oop te maak? Sal weer probeer met jou volgende artikel.
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer om dit te hoor, ek wonder hoekom 😉
LikeLike
Miskien kort my rekenaar bietjie weer ‘n update … hy is stadig afgelope tyd.
LikeLiked by 1 person
Ek het hierdie skrywe nou baie geniet! Voëls is darem so mooi! Ek verkies soms aardse kleure en ander dae weer helder kleure, afhangende van my bui!
LikeLike
Ja, mens se bui kan nogal mens se kleurvoorkeur bepaal. Dankie jou besoek. Ek waardeer baie.
LikeLiked by 1 person
Zirkie, ek sukkel om by jou blog in te gaan. Is die fout aan my kant?
Miskien moet jy jou adres link vir my hier pos?
LikeLike
Hi, my blog adres is http://www.pinkpolkadotfood.com/. Ek hoop jy kom reg!
LikeLike
Soos gewoonlik, net die beste van jou!
LikeLike
Dankie Coetzee. Waardeer jou besoek hier by die voëls.
LikeLike
Kleur!
LikeLike
Ja, ek verkies ook eerder kleurvolle klere. Dankie jou besoek.
LikeLiked by 2 people
Pragtige foto’s!!
LikeLike
Baie dankie jou kommentaar hier by die voëls.
LikeLiked by 1 person
Dis regtig pragtig!
LikeLike
Ek dink die natuur is die beste modeontwerper wat daar is en nie een daardie kleure sal ooit bots of lelik lyk nie. Jy het soos gewoonlik pragtige foto’s van die mooi modelle geneem Spokie en dit so lekker vertel ook. Ek geniet dit. 😀
Ek voel vere vir die mode. Ek trek aan wat vir my gemaklik is en die kleure hang af van my buie. 😆
LikeLike
Dis nou interessant. Jou kleure van jou klere wat jy aantrek hang af van jou bui? Hiehie – sou meer wou hoor maar toemaar. Ek dink die klere wat ek vir die dag aantrek hang af van wat ek beskikbaar het, My keuses is nie so wyd nie. Dankie die besoekie.
LikeLiked by 1 person
O ja, ek het blou, groen, rooi, bruin en swart. Hang af hoe ek voel. Vandag is dit groen. 😆 Ek is in ‘n goeie bui totdat daar met my skoor gesoek word, dan gaan trek ek rooi aan. hahahah!
Toemaar, ek ook nie. Meeste is maar wat ek self gemaak het en sommer om net so by die huis te dra. Ek gaan nie baie uit nie. 😀
Plesier. Ek kuier altyd lekker by jou. ♥
LikeLike
Wat een schitterend verenkleed hebben die vogels.
LikeLike
Dankie. Ja, die vogels dra baie mooi verenkleed. Dankie die besoek.
LikeLike
Ek het nou oor en oor gekyk wwatter een is die mooiste, maar ek sal maar ‘n tabberjie van elk neem dankie 🙂
LikeLike
Ja, dankie Monica, die voëls het mooi kleure.
LikeLike
Almal weer so pragtig soos altyd Spokie, maar vir my is die skoorsteenveer se gespreide vlerke die wenner!
LikeLiked by 1 person
Oe ja Dries, die skoorsteenveer doen dit ook vir my. Dankie jou ondersteuning.
LikeLiked by 1 person
Tjonge wat een keur aan soorten en wat een kleuren!
LikeLiked by 1 person
Dankie Eveline, ja, die kleuren van voëls bly pragtig.
LikeLike
Strepe en kolle is spesiaal. Spoggerige helder kleure doen ook die ding. Pragtige pos oor mode Spook. Dankie vir jou deelneem.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy, was dit nie vir jou het ek seker minder geskryf. Ons waardeer jou moeite …
LikeLike
Dankie man. Ek het jou skakel sommer vir my fotograaf vriend gestuur om te kyk. Hy is n fantastiese voël fotograaf.
LikeLike
Hiert kyk net hoe mooi!
LikeLiked by 1 person
Tina, ja, kan jy glo ons sewerage dam (daar waar jy jou neus moet toedruk) kan sulke mooi voëls oplewer?
LikeLiked by 1 person
Ja daar was darem altyd ‘n voëlparadys. Wonder of mens nog daarheen kan gaan?
LikeLike
Defnitief moet mens nie alleen na die voëls daar gaan .. neem iemand saam vir veiligheid.
LikeLiked by 1 person
Ek kom nêrens nie… ek raak soos ‘n kluisenaar
LikeLike
Gorgeous bird gallery! Thank you so much for the post! 🙂
LikeLiked by 1 person
Thanks Amy (I’m learning a lot there at your blog …)
LikeLike
How sweet of you to say that, my friend! 🙂 🙂
LikeLike
My gunsteling is die berghaan en tarentaal!Pragtige inskrywing,jy het baie moeite gedoen Spokie.Die reier lyk soos’n skoorsteenveër ibis.
LikeLiked by 1 person
Dankie perdebytjie. Jy is reg omtrent die skoorsteenveër. (Dankie ook jou bemoediging dat ek met ‘n blog moes begin, ek help nou ander, Carina se blog is ook een van die dae op die lug, sy’s ‘n stappergids in Die Kruger. So, hulle neem fotos wanneer die olifante storm of renosters baklei)
LikeLiked by 1 person
Ek was bang ek klink beterweterig,so verskoon asseblief.LOL
Jy moet van daardie pragtige skryfsels met foto’s,wat jy eers op Litnet se briewe gepos het,ook oorblog hier.Dit was baie goed.
LikeLiked by 1 person
Gee my kleure, soos die kuifkopvisvanger! Ek moet sê, die reier het my ook verras – swierig en gedas vir die geleentheid…
LikeLiked by 1 person
Dankie Sneeuvlokkie – so lekker as ek sien jy was in my blog. Ja, ek dink ook die kuifkopvisvanger bly ‘n wenner.
LikeLike