Die vere maak die voël

Maak nie saak hoe kleurvol Afrika se modegier, ons kan maar veer opsteek by ons eie land se extravaganza van fleur en kleur.

Die vere maak die voel spotprent
Internet

Net soos die mannekyn blinkgepoets vanuit die modebotiek pronk, netso sal die geveerde modeheertjies ook daagliks bad en poets en knibbel en stryk om hulle pragvere hoog in die mode en aantreklik te hou.

Scrapy daag ons uit om oor MODE te skryf en hier sal jy sien dat geen voël voel ooit vere vir sy eie besondere modekleur of verelyn nie.

Is aardse kleure jou modesmaak?

HIERDIE AREND
KRUGER WILDTUIN 2012.  HIERDIE AREND SPOG MET TAANKLEURRIGE BRUINE TOT ‘N ROOMWIT BORS.

.

Baie mense  meen dat Aasvoëls stink  en ‘n morsige roofvoël is. Dis egter nie waar nie. Na ‘n maaltyd bad Aasvoëls gereeld en versorg hul voorkoms soos enige modejuffer dit sou doen.

KRUGER 2012
KRUGER WILDTUIN KRANSAASVOëL 2012 TOON SY VEREDOS

.

Is jy meer aangetrokke tot helder kleure in ‘n modegier?

GLINSTERRENDE
GLINSTERRENDE REëNBOOGKLEURE VERSIER HIERDIE KUIFKOPVISVANGER

Net soos die mens wissel van modes, so sal voëls ook gereeld verveer om te sorg dat hulle modepakkies perfek versorg bly.

Die pappa Neushoringvoël werp eers sy vere af nadat die broeityd verby is.

KRUGER 2012
NEUSHORINGPAAR MET DONSSAG VERE EN UNIEKE VOORKOMS

 

Sommige modebase verkies ‘n eksie-perfeksie voorkoms.

REIER
‘N REIER TOON SY PERFEKTE VEERPUNTE GEDIP IN SWART.

 

DIE .... EEND VERTOON SY AANTREKLIKE ONDERVERE. (Polokwane dam 2012)
“JIPPIE! – NIKS LEKKERDER DAN WATER TUSSEN DIE VERE NIE.” (Polokwane dam 2012)

 

Die grootlangtoon spog met ‘n ryk kastaiingbruin lyf, swart agternek en geel onderbors.

Visvoëls
GROOTLANGTOON MET HUL KENMERKENDE BLEEKBLOU SNAWELS EN HOOG IN DIE MODE SONBRILLETJIES.

 

Sommige modebase hou van ‘n aantreklike berghaan-voorkoms van vleesrooi tot pikante bosskakerings van saadbruine en  blinkswartvere wat teen ‘n blou Afrika-lug sweef…

KRUGER 2012
‘N KRUGER WILDTUIN BERGHAAN STRYK EN KNIBBEL AAN SY VLERKE VOOR HY DIE VOLGENDE DUIKSESSIE AANPAK.

.

Is jy lus vir ‘n nuwe modebloesie?  Wat van wit kolle op swart? Hierdie tarentaal het ek 3 weke gelede in Die Kruger opgemerk.

Tarentaal

So, watter tipe persoon is jy? Hou jy van aardse kleure of reënboogkleure of is jy ‘n strepe met kolletjies mens?

49 thoughts on “Die vere maak die voël”

  1. Ek dink die natuur is die beste modeontwerper wat daar is en nie een daardie kleure sal ooit bots of lelik lyk nie. Jy het soos gewoonlik pragtige foto’s van die mooi modelle geneem Spokie en dit so lekker vertel ook. Ek geniet dit. 😀

    Ek voel vere vir die mode. Ek trek aan wat vir my gemaklik is en die kleure hang af van my buie. 😆

    Like

    1. Dis nou interessant. Jou kleure van jou klere wat jy aantrek hang af van jou bui? Hiehie – sou meer wou hoor maar toemaar. Ek dink die klere wat ek vir die dag aantrek hang af van wat ek beskikbaar het, My keuses is nie so wyd nie. Dankie die besoekie.

      Liked by 1 person

      1. O ja, ek het blou, groen, rooi, bruin en swart. Hang af hoe ek voel. Vandag is dit groen. 😆 Ek is in ‘n goeie bui totdat daar met my skoor gesoek word, dan gaan trek ek rooi aan. hahahah!

        Toemaar, ek ook nie. Meeste is maar wat ek self gemaak het en sommer om net so by die huis te dra. Ek gaan nie baie uit nie. 😀

        Plesier. Ek kuier altyd lekker by jou. ♥

        Like

  2. Ek het nou oor en oor gekyk wwatter een is die mooiste, maar ek sal maar ‘n tabberjie van elk neem dankie 🙂

    Like

    1. Dankie perdebytjie. Jy is reg omtrent die skoorsteenveër. (Dankie ook jou bemoediging dat ek met ‘n blog moes begin, ek help nou ander, Carina se blog is ook een van die dae op die lug, sy’s ‘n stappergids in Die Kruger. So, hulle neem fotos wanneer die olifante storm of renosters baklei)

      Liked by 1 person

Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply