Danie kuier by Mafunyane

“Tannie, ek wil graag eendag ‘n Finansiële Bestuurder word.”

Ek glimlag, dog knip geen oog.  Die jongeheer met die blonde kuif wat voor my sit se oë is ernstig, dog beslis.  Ek ken ietsie van sy swaarkry. Hoe hy as kind in ‘n enkelouer huis dalk nie elke dag botter op die tafel gehad het nie.

Sy drome is veel groter dan botter.  Hy weet waarheen hy oppad is.  Eendag is eendag, dan hoef sy ma nie meer stilweg trane weg te pik of haar te kommer oor hom en sy sussie nie …

Buite het Blommie alreeds die wildsbesigtigingsvoertuig gepak met ys, chips en koeldrank. Dis tyd om spoor te sny agter die Groot 5 aan.  Ekself bly by manlief, na sy ongeluk is hy nog nie mobile genoeg vir ‘n woeste rit deur die bos nie.

Danie se lang vingers krul versigtig om my kamera.  Die  lens rus perfek in sy palm. “Wow Tannie – mag ek maar fotos neem?  Eendag koop ek vir my ook so een.” Ek knik. Ek weet die jongeheer sal dit mooi oppas …

Hier is van Danie se fotos.  Die spreuke is vir sy mannemoed:

Danie Sebra Drome

 

Danie Onbekende pad

 

Danie Nyala takke

 

Danie seekoei streling

 

Danie Neeushoring

 

Danie Vrede

 

Danie Waterbok vriende

 

Danie Voel

 

Danie sebra Kennis

 

Danie seekoei rus

 

Danie waterskilpad

 

Danie Waterbokke oor self

 

Danie seekoei jonkheid

Danie het voorwaar ‘n oog vir ‘n kamera en ‘n drif vir sy toekoms. Ek glo as hy wyse besluite maak, sal sy drome bewaarheid word.

Sterkte.

33 thoughts on “Danie kuier by Mafunyane”

  1. Sjoe! Danie neem omtrent pragtige fotos hoor en jy het dit so vreeslik mooi bewoord en ja, mag al sy mooi drome waar word en dankie dat daar sulke mooi mense soos julle in die lewe is Spokie. Mense wat omgee en aanmoedig.

    Jammer om te hoor van jou manlief en ek hoop hy word baie gou gesond sodat hy weer lekker rond kan rits saam jou en Blommie. 😀

    Like

Gesels asseblief saam ...