Nostalgie skop flou

Agnee! As ek nog eenkeer in my blog moet vaskyk teen verroeste fotos – skree ek! Daar is niks vars. Miskien is dit tyd vir kamera afstof en fotokaart skoonvee, voor Desember vakansie aanbreek:

“Wow – geel-oog, waar was ek die dag toe jý geskape is?”

geel-oog-1

Foto’s, foto’s, foto’s! Alle floppies moet delete word.

“Sê wie?” Nostalgie leer dat jy nie maklik fotos wegsmyt binne die eerste maand na ‘n vakansie nie. Gedurende ‘n eerste sifting kry ek darm so 20% delete.

buffel-des-15“Oehoe – wat van ‘n soen op ‘n nuuskierige sopperige snoet?” Moet  hierdie foto asblik toe? Ok – daar is in elk geval horde buffel-fotos. Vir nou kan ‘n paar van hulle nog vaskleef op die kaart. Manlief skud kop.

sebra-2015Hierdie sebras se swart strepe omhels  ‘n sahara-geel agtergrond. Iets in die samesmelting wink na my.

“Ek soek ook sulke oorbelle! Hierdie kiekies moet bly …”wia-voel-5saalbek-2

 

 

 

 

 

 

 

Nostalgie word vasgevang op die skerm met ‘n vakansie brandend in die hart, net om 10 maande later te besef dat die fotokaart stof opgaar en vergete rus tussen paperclips en penne op jou werkstafel …

renoster

Skielik klop herinnering flou, soveel so dat jy maklik van ‘n verdere 50% ontslae raak.

“Kyk!” stamp ek liggies aan manlief die aand terwyl sluimer kou, “onthou jy hierdie ou het nie aan wortels gevreet, wel ‘n rooibokkie uitmekaar geskeur … ?”

bobbejaan-vreet Mmm – dis soos om wreedheid in prag vas te vang.

En die roofvoël verdien ‘n raam in poeierblou:voel

“Wag, hier kom ‘n wenfoto! Die olifant spuit ‘n boog …”  Nee dit is nie, die kolos stoot boude na die kamera. Floppie!  Tydmors?

Sug – so word 1500 fotos afgegradueer na skaars 50?  Om wat mee te maak?

Jippie, daar is vreugde in die lug: dis Oktobermaand. Ek ruik renostermis, want ons Krugervakansie kruip alweer nader. Tenminste het roesfotos nostalgie aangevuur.

natuur-aand

Nou praat jy! Moenie vergeet, die kaarte moet skoon en batterye gelaai.

Manlief sug – ek glimlag. Hierdie keer neem ek nét wen-fotos!

Waar stoor jy jou fotos?

34 thoughts on “Nostalgie skop flou”

  1. En nou het ek jou ook ontdek. Jou byskrifte maak jou fotos nog meer lewendig. Ai, julle ouens wat so ñ heerlike lewe deur die kamera se lens ontdek, maak my lekker jaloers. Ek kom self nog nie reg nie, ander se fotos is altyd beter…

    Like

  2. ‘n Paar wen fotos wat ek nog nie gesien het nie.

    Ons het gelukkig baie spasie op ons rekenaar, maar ons “back up” op “external hard drives” wat ons in die brandkluis bêre.

    Ons het een jaar vergeet om te “back-up, toe verloor ons mmeste van daardie jaar se fotos, gelukkig was die bestes op my blog, alhoewel kleiner en ons het darem ons verlof fotos op ‘n laptop en “Passport” gehad.

    Liked by 1 person

  3. Ja een bekend probleem😄
    Ik kijk altijd heel kritisch naar wat ik bewaar.
    Ik heb twee extra harde schijven met veel ruimte maar je kunt gewoon niet alles bewaren.
    Online sla ik foto,s op in photobucket.com , vandaar link ik ze naar mijn blog want na 12 jaar bloggen is mijn opslagruimte daar ook vol.
    Door ze te linken hoef ik geen nieuw blog te starten.
    Je gevoel begrijp ik zo goed. Het zijn orachtige foto,s en jij weet hoeveel moeite je er voor hebt moeten.

    Liked by 1 person

  4. Ek geniet altyd jou foto’s en veral jou woorde daarby😊! Wens ek kon saam met jou en jou kamera op vakansie gaan…, miskien volgende keer!!

    Like

      1. Jippie! lekker om van jou te hoor, Sneeuvlokkie. Dit is jammer dat ons nie Desember saam Kruger toe kan gaan nie. En dis jammer dat die groot waters ons skei. Maar, baie dankie vir die inloer.

        Like

  5. My dogter klou ook vas aan elke foto en maak back-ups van almal, maar ek “stoor” hulle deesdae op Instagram. Daai ou wat die rooibok opgevreet het, het ‘n geweldige stel tande aan hom!

    Like

  6. Ek is so bly jy het weer bietjie kom blog!
    Ja dis altyd ‘n dilemma om te besluit wat moet bly en wat moet gly.My foto’s kom alles in leers volgens die gebeurtenis,bv.Wildtuin 20April 2016 of wat ookal.Dan word al die dubbel foto’s uitgewis,asook die uit-fokus-goed.Dan soek ek die bestes en PS hulle en sit in leer:Verwerk by die spesifieke leer waaruit ek hulle haal.Alles is op ‘n cloud gesave.
    Lekker vakansie hou en bring weer oulike foto’s met stories terug!

    Liked by 1 person

    1. Dankie perdebytjie. Jou fotos is altyd puik. Dis ‘n baie goeie idee om fotos so te stoor. Ja, ek dink ons almal sien uit na die vakansie! Ons kan nie almal so rondloop soos jy nie (glimlag) …en moet ek maar wag vir Desember.

      Liked by 1 person

  7. Myne kom af van die kameraskyf sodra ek by die huis kom in lêer nuwe fotos van daar sal ek be-oordeel wysig en uitvee en hulle op die hardeskyf stoor.

    Een maal ‘n maand word die harde skyf reggepak en fotos ouer as ‘n maand word op goeie kwaliteit kompakskywe gerugsteen

    Like

Gesels asseblief saam ...