Piesangs aan Pote

Toe die skoot klap, laat los die aapskind. Skreeuend gryp haar ma haar aan die hare en sleep haar die bos in. Daarna het ek nie weer die hartsgesiggies gesien nie. Dis asof die tarzantoue en kranse hulle ingesluk het.

Onder my skaats en brul die 4×4.  Magoebaskloof is mistig, die rooipad seepglad en die koue geweerloop wat ek tussen my bene vasknyp stuur rillings my ruggraat op. Die wapen is net ‘n afskrikmiddel, maar bly gevaarlik. Hier is ‘n oorlog aan die gang, tussen mens en dier, om eerste die nektar van die langwerpige groen gebuigde vingers te mag oes.  piesangs-aan-pote-2

By die stoor word die trosse  gedoop in ‘n diep enamelbad – dit verhaas die rypmaakproses – en dan aan hulle pote opgehang.  Die sagtevrug (genus musa) is baie gewild in Suid Afrika en ‘n genotvolle genieting.

Iets wink na my. Dit kom vanuit die eensame piesanghoek waar die oorryp uitskot weggegooi word. Ek skil die geelgoud los van die vrugvlees. Dit proe glad en verrassend soet! ‘n Ryp-gladde-smaak wat net aan dié behoort wat dit sal waag om die swart gedeeltes uit te spoeg.

piesangs-oes-2

Ek voel jammer vir die werkers. Die tropiese hitte suig taai aan jou  lyf en is die deurhandvatsel waaraan ek klou nat gesweet. Daar is geen genade terwyl ou swaer die wit esel in die piesangland inwurm om die trosse in te samel.

Die piesangplant is nie werklik ‘n boom nie, maar lyk soos ‘n klomp toegevoude blare en kan selfs tot 10m hoog groei. Nadat die tros gepluk is word die hele tak afgekap om plek te maak vir ‘n nuwe suier vanuit die wortelstok.

Ek hou asem in terwyl die oorlaaide 4×4  sy kosbare vrag stoor toe stoei. Langs my voel dit of die afgrond ons insluk en die bakkie se snoet bly neuk verkeerde kant toe.

piesang-2

Hier groei die piesangs goud en gesond en proe soos hemelsgoed. Bo my kop in die palmboom koer twee duifies: “kom tot rus, kom tot rus” en voer hul liefdes-ritueel uit.

Later die dag is ek veilig terug by my houthuis-nessie wat in die skoot van Magoebaskloof koester. Ek sug en adem die bekoring van die reënwoud in, ruik die reuk van lietjieblom en proe al die vlees van avokado’s.

magoeba-sonhoekie

Soos ou swaer, het ek nie groenvingers nie,  maar is die watervalletjies my genadig en skep self natuurlike inheemse tuintjies rondom my uilhoekie. ‘n Plekkie om die soet vrugte-oes van die liefde te vier.

Advertisements

29 thoughts on “Piesangs aan Pote”

  1. My hart verlang nou so vir Magoebas Kloof. EK onthou hoe ek as kind in die misreen gewag het vir die skoolbus… Ek onthou die Piesang plaas waarop ek gebly het en die Fransipani boom langs my kamer… Die sppook huis waarin ek groot geword het en wat ek moes verlaat toe ek nog kind was…

    ai…

    Like

  2. Die “apies” is ‘n pes in enige taal. Ek staan altyd oopbek verwonderd as mense so geesdriftig uitvaar teen mense wie die goed verwiller. Ek weet wat hulle kan doen. Deesdae as ek by my vorige buurvrou steeds vriendin gaan kuier wil ek sommer die horries kry as ek sien hoe die dem kese my piesangbome opneuk. Die nuwe mense doen nie eers die moeite om sakke oor die jong trosse te trek nie. Nou is dit net primaat aas.

    Like

  3. Jis maar jy kan ‘n piesangboord omtrent laat lewe! Apies… hulle is die ‘ag moeder’ste klein goetertjies maar as hulle in ‘n groentebedding invaar kom die vloeke in ‘n mens op. Ek het een keer soos ‘n wafferse heks gekekkel toe ek hulle met die tuinslang en ‘n lekker sterk straal water kon verwilder terwyl my tuinier ‘n babelse lawaai met ‘n lepel en ‘n skinkbord opgeskop het. Ek het agterna lekker gegiggel vir die spektakel van ons twee wat hulle die stryd aangesê het. Maar hulle is familie van die kat – kom altyd weer!

    Like

  4. Op hoerskool het ons skool elke jaar in Magoebaskloof gaan kamp. Wonderlike heronneringe aan n wonderlike plek. Een vd dinge was dat d seuns n piesangeetwesteyd gehad het. O my word! Jy kan nie glo hoeveel piesangs partt v hulle kon eet ni! Baie erger as apies!

    Like

  5. Zo brutaal als een aap. Brutaler ken ik ze bijna niet.
    Wat een mooi geschreven blog Spokie.
    Je verteld heel boeiend.
    Groet uit nat en winderig Nederland waar geen bananen groeien maar waar het gelukkig ook niet zo warm is als jij beschrijft.

    Liked by 1 person

  6. Piesangs, lietsjies, avokados – ai hoe water my mond. Ek woon in die KZN Piesangland en is groot vriende met die apies wat gereeld by die woonstel “inbreek”, want hulle steel nie ons vrugte nie. Hulle verkies brood! Ek het my brood al in elke denkbare houer toegemaak en weggesteek, maar hulle kan selfs die yskas oopmaak en hulle gee nie eens om as die brood nog gevries is nie. Ons aanvaar dit maar gelate en neem mooi fotos van die oulike gevreetjies.

    Like

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s