Geelkoppie word groen

(Skryfkompetisie)

Geelkoppie is ‘n vla-pampoentjie.

Die dag toe die woudkabouter met ‘n swart pen toor, skilder hy vir Geelkoppie ‘n gesiggie. Sy het dadelik begin lewe!

Versigtig vou ek haar toe in Barbie se kombersie en smeek mamma om haar nie te kook nie. Mamma glimlag en knik.

Kosmaaktyd saam Geelkoppie is ‘n woeste avontuur. Dan skuifel mamma my veilig tot teenaan haar – bo-op die groentetafel – en stoot gladde Geelkoppie speels tussen my knieë rond. Geelkoppie kraai en swaai hoog die lug in op terwyl mamma die groentesop roer.

“Kyk,” sou mamma straal en vir Geelkoppie armpies maak van ertjieblare met ‘n murgpampoen-lyfie. Vreugde koer in die atmosfeer. Dan belowe Mamma as ek al my groentes eet, sal ek eendag net so ‘n blonde krulledos soos sy en vla-pampoentjie dra.

Die rasper raas na my. “Moenie vat!” waarsku mamma, “dit maak kleindogtertjies se vingers bloei en Geelkoppie sal ook nie daarvan hou nie.” Dit is so, want nadat rooirisse gerasper is, spoeg ek dit bitterbek rond en laat mamma gryp na die vadoek.

Eendag is Geelkoppie weg. Ek dink sy dryf in my sop. Warm trane spat oor my knieë terwyl mamma my troostend regskuifel op die tafel.

“Kyk wie is terug!…” speel mamma en druk ‘n vars vla-pampoentjie tussen my bene. Ek giggel. Die woudkabouter is terug in groenteland. Die avontuur is woes. Ek frons – waarom sou Geelkoppie groen geword het?

Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

23 thoughts on “Geelkoppie word groen”

  1. Lief die storie. Laat my dink aan my mamma-blaps waaroor my dogter my nou nog terg.
    Haar budgie het afgesterwe terwyl sy by die skool was en inderhaas is n spieëlbeeld gesoek en in die hok gesit. Sussie het ook niks gesê aanvanklik nie. Tot eendag, vertel sy van sekere detail waarop nie gelet is deur ń angstige mamma nie.

    Liked by 1 person

  2. Spokie verskoon my dat ek so skarrelend orals oor die kommentare hardloop. Sal dit moeilik maak om spoor te sny. Bly om jou weer te sien en indien jy die dogtertjie is het jy inderdaad al joe groente geeet. Kyk net jou maanhaar krullebos op jou foto.
    Ek sou tog vir die ma in die storie wou noem dat sy tog maar attention-to-details vaardigheidsvlakke moet opskerp. Hierdie was nou ‘n oulike “realistiese storie”.

    Liked by 1 person

      1. (Mooi – ek hou van jou gefotosinteer – skerp! Dankie die besoek, waardeer baie. ) Toortsie! – ek het gewonder wie dwaal so anonymous hier rond? En dan het jy dit alles nog ge-link ook? Julle word so slim hier in blogland, ekself bly nie by nie. Ek weet nie eens of my “link” na “Dis Ekke” gewerk het nie. Vreeslik dankie jou besoek, ek lees baie aan jul blogs deur die dag,, noem dit “ontspantyd”, maar kom nog nie weer by skryftyd uit nie. Dankie vir die inloer.

        Liked by 1 person

    1. Dankie travel – ek geniet jou Bali-ondervindinge en fotos vreeslik. Dis lekker om so baie van ander plekke te sien en te weet dat mens self nooit die geleentheid sal hê om sulke plekke te besoek nie.
      Dankie dat jy gelees het …

      Like

    1. Dankie Hester, dis jou slim navolgers (blogvriende, of agtervolgers of deelneemskrywers – noem hul wat jy wil) wat my aangemoedig en lus gemaak het om deel te neem.
      Maar dankie ook vir jou inisiatief. Ek hou van jou blog (gister) se uitleg, oulike Theme. Netjies opgetrek, gewonder watter een jy gebruik?

      Liked by 1 person

      1. Ek is bly om jou tussen al die gesiggies op InLinkz te sien. Welkom! Ek gebruik die Rowlings tema wat uiters geskik is vir foto-blogs (wat ek soms pleeg). Die “teaser view” werk net goed as jy ‘n prentjie by elke blog plaas. Dis baie maklik om te gebruik en trek nie jou internet dood terwyl die bladsye oplaai nie.

        Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...