Wat is jou superpower?

(Sien lê-jou-eier uitdaging)

Ek glo dat baie van ons (selfs jy wat hier lees) skatryk na die graf gaan. Die begrafplaas (nie die rykmansbuurt) is die welgesteldste en mees begaafde superpower-opset op aarde.

Terwyl ek almal se blogs geniet, kom daar hartseer. Hoe kan iemand meen: “ek het nie superpowers nie”? Die inskrywings het egter al hoe interessanter geword – want elkeen se persoonlikheid en superpowers is so uniek!

ALMAL van ons besit drie stelle superkragte. ELKEEN van ons is ryk aan skeppingsvermoëns in al drie dimensies/vlakke van ons menswees. Sommige hiervan word ons mee gebore, ander ontwikkel oor tyd en ander powers kan “op-die-oomblik” ontvang word, wanneer nodig.

Hester noem dat jou superpower die vermoë besit om gebeure se verloop te beinvloed. Dis waar – superpowers word geskenk om ander mee te “dien”. Ek alleen kan egter besluit of die skeppings-powers wat ek aanbied goed of sleg, negatief of positief, sal meewerk. Dis my keuse.

Superpowers is onberoulik, maw vir EWIG. En gewoonlik broei dit binne my deur ‘n skeppingsdrang wat ‘n uitlaatklep soek. Dit is gewoonlik dié dinge wat ek van hou om te doen.

Internet

Wanneer word superpowers positief of negatief aangewend? Daar is “powers of the dark” en daar is “powers of the light”. Jy sal dit aanvoel in jou gees. Jy kies kant. Hierdie skrywe praat meer oor die powers wat LIG en LEWE in mense genereer. Alle goeie dinge kom vanaf die Skenker- en Gawegewer.

Eerstens besit ons superpowers van die LIGGAAM. As voorbeeld gebruik ek my atletiesie-aanslag. Tydens Bokkesport op skool behaal ek gereeld die eerste of tweede plek, maar val gou uit by die nasionale byeenkomste. Hoekom? My ouers het nie my superkrag hierin ontwikkel of raakgesien nie.  Wat ‘n waste of superpower! Hierdie vermoë gaan saam my graf toe. (Sorry – biologiese superpower.)

Internet

Tweedens is daar die powers van ons SIEL. My siel se funksies is my wil, emosies en intellek. Hier is van julle wat rondloop met ‘n IK wat super vindingryk is. Talente of vermoëns vra ook gewoonlik om ontwikkeling of verbreeding in jou siels-kreatiwiteit.

My pa kon 14 verskillende instrumente bespeel sonder enige musiekonderrig of skooling. Hy was uiters musikaal. Het hy dit ontwikkel tot op die vlak van wêreldbekendheid of mense beinvloeding? Miskien, miskien nie. (Sorry – pa is graf toe met hierdie kosbare skat en het niks op papier of DVD-vorm agtergelaat)

Internet

Sommige vaar beter. Vat vir Storieklong. Die skryfkuns wat uit sy pen vloei is onbeperk. Hy moet eintlik ingehok word. Sy kreatiwiteit bevat ‘n skryfkrag wat ander mense se sieninge of lewens drasties kan verander. Ek glo hy het al ‘n boek neergesit? So ook Toortsie wat ‘n voorbeeld is van iemand wat haar bak-en-brou kreatiwiteit in boekformaat nou neersit – om ander te bedien en te help. So ook Scrapydo2 – al gaan sy na die graf, los sy iets van haar superpowers agter op aarde. Sy het aan soveel kinders op skool ingebou. ‘n Toonbeeld van positiewe superkrag aan ons nageslag.

Internet

Die laaste maar nie minste word aangetref in ons GEES. Ons het ALMAL superpowers in ons gees, maar gaan die meeste potensiaal graf toe. Ek praat nie hier oor godsdiens of die kerk of jou “geestelike lewe” nie (dit is jou Leraar se werk), maar wel die superpowers waarmee jy vandag begaafd mee rondloop.

Hier is drie van ons bloggers as voorbeeld. Die ander is ook gelees en neergeskryf, maar glo nie julle wil ‘n hele koerant  daaroor lees nie.

  1. Tannie Frannie bring haar siels-kreatiwiteit mooi na vore. Haar “verbeeldingsvlug” van om ‘n kamer in ‘n boomhuisie te omskep toon die vindingrykheid van haar brein. Sy bring selfs die emosie daarin deur te beskryf hoe dit haar laat “voel”. Dan duik sy af na haar gees met dié woorde: “oë agter my kop”. Ons siel besit nie 5 sintuie soos die liggaam nie, maar my gees wel. Ek kan met my gees dinge ‘sien ‘ of ‘weet ‘ of ‘onderskei’ of ‘aanvoel’ – selfs agter my kop.
  2. I Scrap 2 bring ook die superpowers van haar gees, siel en liggaam in haar stukkie na vore: “mense met ysterhande” – spreek van liggaamlike superpowers. Haar stelling “my geaardheid” spreek van haar karakter wat gesetel is in die siels dimensie. Maar dan noem sy haar “fyn aanvoeling” vir sekere dinge en die “kat uit die boom kan kyk” – hierdie is haar gees se superpowers. Ander mag dit sien as ‘n “woord van wysheid” of ’n “woord van kennis” terwyl ander dit sien as fortuinvertellery.
  3. Laaste na Toortsie. Sy kan “op haar voete dink” – dit bring die superkrag van haar siels intellek na vore. Om “oplossings” te vind, toon die denamiek van haar ingebore leierskap (bediening) en om “in beheer te wees” toon haar gesonde emosionele intelligensie.

Ek gaan darm nie met al my superpowers graf toe nie. My atletiese liggaamsbou het my al baie gered, vernaam tydens tienerkampe as daar saam gehiep-hop moet word. My siels-superpower van musikaliteit (soos my pa) wend ek vandag aan om manlief in sy sang optredes te begelei.

Internet

En laastens kan enige  iemand enige tyd ‘n mikrofoon in my hand stop en op ‘n “stage” voor honderde mense gooi:

Oehoe – gees-superpowers en adrenalien galore!!!

Ons ALMAL besit drie stelle superpowers. Almal is uiters begaafd en uniek. Het jy joune al ontdek?

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

18 thoughts on “Wat is jou superpower?”

  1. —Ek glo dat baie van ons (selfs jy wat hier lees) skatryk na die graf gaan.—
    Heel amusant gezegd! Het doet me denken aan de uitspraak: dat niets zo eerlijk verdeeld is als de intelligentie. Iedereen denkt, er genoeg van te hebben.

    Terug naar jouw onderwerp. veel mensen (niet alleen familieleden en vrienden) vinden dat ik goed kan schrijven. Onderhoudende brieven/e-mails, short stories, memoirs. Dat doe ik graag, en gelukkig kan ik er veel tijd aan bsteden; Zo heb ik er dan ook een beetje geld mee verdiend maar niet voor mijzelf. Aan drie liefdadige, mij sympathieke, instituten heb ik een dozijn noeken geschonken, die zij aan hun donors hebben verkocht.

    Vermoedelijk heb ik geen andere gaven; in ieder geval neem ik mijn schfrijftalent niet mee naar mijn graf!.

    Like

  2. Uitstekend en hier is baie stof tot nadenke. Jy is reg ook – ons het almal talente en iewers in die bybel het ek in vervloë jare gelees dat ‘n mens nie jou talente onder die maatemmer mag wegsteek nie. (Talent in daardie dae was ‘n geldeenheid, maar die woord en die analogie is baie toepaslik hier). Dalk is ons net te beskeie?

    Liked by 2 people

    1. Ja Hester, ek glo ook omdat ons te beskeie is tree ons nie altyd na vore in die dinge wat ons moet doen nie. Dankie jou kommentaar. (Ek sien jy het hierdie keer omtrent ‘n klomp bloggers wat begin skryf. Geluk! Wou ook net aan jou noem dat ek nog nooit dit kon regkry om te stem op iemand wat oulik geskryf het, nie. Ek sien nerens ‘n hartjie nie? Of het jy die stemmery maar gelos?)

      Liked by 2 people

Gesels asseblief saam ...