Fotografie

Inleiding tot fotografie …

Wat ek agterkom het op fotografie-blogs, is dat elke fotograaf ‘n unieke begeerte en passie het om iets SPESIFIEKS op film vas te lê.  As dit by kreatiwiteit kom in fotografie is die keuse veelryk en onbeperk.

Daar is ‘n fotograaf wat net in olifante spesialiseer met die ongelooflikste fotos. Die ander een se oog is weer ingestel op swart-en-wit prente. Dan is daar die wat spesialiseer in binnehuisversiering of klere of blomme of selfs humor! Die groot geheim is: VIND JOU EIE PASSIE OF BELANGSTELLING.

Ekself is nog amateur met geen slypskool agter die blad (beplan wel iets in 2015), maar kan alreeds sien watter rigting my passie wil inslaan.

Daar is niks wat my so bekoor dan die blink in die oog of die hare- en vere-tekstuur van ‘n wilde dier nie.  Druk dit in ‘n doodskisvorm, en dit verskaf oneindig plesier.  Elke keer as ek weer in die oog van die dier kyk, kry ek ‘n WOW! gevoel.

Dit vereis natuurlik goeie kwaliteit fotos, want soms kan 80% van die foto weggesny word.

Blog fotogrf intro 3

Kyk na die Berghaan hier bo. Biddend en ingedruk kan jy selfs sy gedagtes aanvoel.

Oë spreek van emosie en houding. ‘n Salige slapie in die son (onder) of die nuuskierig loer van die likkewaan vanuit die doodskisvorm of die onge-ergdheid van die renoster (heel onder), spreek boekdele.

Blog Fotograf Intro fotos 2

Wat ek wel ontdek het noudat my kop na fotografie begin skuif, is dat dit jou lewensuitkyk verander. Skielik verkry kleure ‘n dieper intensiteit, jou oë gom vas op die mooi in die lewe en jou innerlike spring op as die natuur se asemrowende skoonheid jou betower. Selfs reuke bars in borrels rondom jou oop.

Eintlik mis ons baie in die lewe, as ons nie nostalgiese oomblikke op prente kan vas vang nie.

Gryp jou mik-en-druk, D-SLR of sommer jou selfoon en begin wild en wakker kiek.  Besluit om jou eie fotografie speletjies in eindelose plesier om te sit.

Dis ‘n maklike eerste werksopdrag!

 

 

 

 

 

13 thoughts on “Fotografie”

  1. I am of the same mind with you completely on this subject and enjoyed perusing your thinking here in Digital Phpthgraooy Guide*****: Sitemap. I have bookmarked your site and anticipate to coming back for more.

    Liked by 1 person

    1. Dankie jou kommentaar hier, bulldog. Ek moet reghelp, die meeste fotos word deur Blommie geneem. Ons is ‘n blog-span, maar werklik amateurs. Ek griffel meer stories, sy hou van kiek, en wou ek nie dat haar fotos verlore gaan nie. Toe begin ek edit en sny aan hulle – en siedaar – ek like toe ook wat ek sien! Dankie jou bemoediging.

      Like

  2. Fantastiese foto’s Spokie en jy is reg! Fotografie moet lekker wees en dit is. Daar is niks lekkerder as om jou rond te kyk en die wêreld met ander oë te sien nie. 😀

    Like

    1. Sien – en daar dink jy my fotos is fantasties – net omdat ek vanuit ‘n ander perspektief daarna kyk. Ag dis lekker, om mekaar se kreatiwiteit so te kan ontdek. Dink net as ons almal dieselfde was, hoe borrring …. Dankie Sonel.

      Liked by 1 person

      1. Natuurlik is dit. Elke mens het sy eie styl van fotografie en soos jy sê, elkeen kyk vanuit ‘n ander perspektief daarna en dis wat alles soveel meer interessant maak. Ek geniet dit.

        Ja, dit is baie lekker. Dis min bloggers dit op daardie manier insien en dit maak dit net lekkerder. Vir meeste gaan fotografie oor kompetisie en ek haat dit. Daai ding van ‘Oe, ek gaan jou nou wys ek kan beter foto’s as jy neem’ maak my totaal die hel in en dan is ek sommer heel afgesit, of hulle wil net spog met hul fancy equipment maar jy kan duidelik sien hulle het nog nie eens moeite gedoen om meer te leer oor die kamera self nie.

        Ek eksperimenteer elke dag met my kamera se settings en speel baie rond met dit om te kyk watter effekte ek kan kry uit dit. Dis geen fancy kamera nie en geen ekstra lense of gadgets nie. Dis net lekker om te kan sien wat ek kan doen met dit en wat ek daaruit kan kry. Dit hou my besig ook en uit die kwaad. 😆

        Janee, ek doen nie ‘boring’ nie. Ek is maar te bly mense verskil van mekaar. Dit maak die lewe net soveel meer interessant. 😀

        Like

  3. Foto’s spreek boekdele! Dink net hoe anders moet die wêreld lyk, uit die ooghoogte van ‘n kind… Daardie olifant, is baie groter – grotéks uit die oë van ‘n kind. Daardie hemelhoë kameelperd, sal ‘n kind laat omval, voordat hy in sy oë kan kyk …hê-hê😄. Spokie, hoe groot lyk ‘n olifant, uit die oog van ‘n haas? – kiek dit, en wys ons asb.

    Like

    1. Ek het darm al die eerste foto-kies begin opsit, perdebytjie. Daar staan nie meer ‘onder konstruksie’ nie. Die header-leeu hierbo is “Morpheus” – kan jy nog die storie onthou van die leeu (Zero) wat oud geword en afgehaal moes word? Jy het nog gevra wat het van hom geword? Nou, Morpheus is sy vervanger. ‘n Jong leeu wat nie kan wag om sy nuwe gene oor te dra nie. Hy word werklik mooi en groei sy baard (maanhare) nog elke dag …

      Like

Leave a reply to Sonel Cancel reply

Proë die wildernis

Drome Visioene en Profetiese Simbole

LEER KEN GOD SE STEM IN JOU DROOM

Die Boek Van Die Aarde

Die Vyfde Epogale Openbaring Vir Ons Dag

Manna Tydskrif's Blog

Just another WordPress.com site

WOORD IN AKSIE KAMPE - LIMPOPO

WEGBREEK NAWEEKKAMPE OP 'N GENESINGSPLAAS

heartprints

live the story you want to tell

Christastories

"You are never too old to set another goal or to dream a new dream" - C.S Lewis

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Wegkruipplek

Dis hier waar ek kan skryf wat ek wil

Lekkervurigeaffêre

Vlammetjies vreugde en verdriet en so aan, en nee dis nie oor jou nie!

Raising My Rainbow

Adventures in raising a fabulous gender creative son.

Sonneblomsaadjies

Mag Abba Vader Sy Lig or jou skyn

Sterkloop Properties

Construction and Rental Services

Diary of an Adventurous Retiree

Making the most of the South African Lifestyle

Training for Eternity

Training for Eternity

Woestynkind

Die wandelende opinie

Abrie dink hardop

Jy is wat jy dink - nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is.

Metamorfose vir my Siel

ñ Reis na self ontdekking.... wie weet dalk loop ons mekaar raak.

eggovrou.wordpress.com/

Sprei jou vlerke

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

maletatsi

Just another WordPress.com site

Miya-se-Babbel-Bek-Blog

avontuur - verken - natuur - waag - anders - babbelbek - uniek

Musin' With Susan

Life Through My Lens

The Psalmist

Psalms and poems of praise to the Lord

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Trommeltjie

Lewenspaaie.

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Lelie van die Veld

Inspirasie vir elke vrou van God. Ons gesels oor vrou-wees, vriendin-wees en Christen-wees.

twee kinders later

'n Doodgewone ma se kaalvoetstories

wildernessie

A wild enquiry | Wilde ontdekking

Rusplekkies op my Geloofspad

Past. Tommy Lessing se blog

Herriemerrie

Ietsie van alles

Karinsegriffels

My Griffels en Skryfsels

Ilze Gopal | My Denke

Natural Bipolar Poetry

Recruit's Story

The Saga Continues..

Daily Manna

By Heart of Worship

Martha L Shaw - Poet, Writer, Author, Artist

In Love Wth The Lord Poetry & Prose

Afrikaans-in-Amerika

Boeremeisie tussen die Yanks

Kouevuur

wat brand in my kop

WordPress.com News

The latest news on WordPress.com and the WordPress community.

Danie Jonker

Met my God spring ek oor 'n muur

houvanblou

My gedagtes soos ek groei, leer en leef.