Inleiding tot fotografie …
Wat ek agterkom het op fotografie-blogs, is dat elke fotograaf ‘n unieke begeerte en passie het om iets SPESIFIEKS op film vas te lê. As dit by kreatiwiteit kom in fotografie is die keuse veelryk en onbeperk.
Daar is ‘n fotograaf wat net in olifante spesialiseer met die ongelooflikste fotos. Die ander een se oog is weer ingestel op swart-en-wit prente. Dan is daar die wat spesialiseer in binnehuisversiering of klere of blomme of selfs humor! Die groot geheim is: VIND JOU EIE PASSIE OF BELANGSTELLING.
Ekself is nog amateur met geen slypskool agter die blad (beplan wel iets in 2015), maar kan alreeds sien watter rigting my passie wil inslaan.
Daar is niks wat my so bekoor dan die blink in die oog of die hare- en vere-tekstuur van ‘n wilde dier nie. Druk dit in ‘n doodskisvorm, en dit verskaf oneindig plesier. Elke keer as ek weer in die oog van die dier kyk, kry ek ‘n WOW! gevoel.
Dit vereis natuurlik goeie kwaliteit fotos, want soms kan 80% van die foto weggesny word.
Kyk na die Berghaan hier bo. Biddend en ingedruk kan jy selfs sy gedagtes aanvoel.
Oë spreek van emosie en houding. ‘n Salige slapie in die son (onder) of die nuuskierig loer van die likkewaan vanuit die doodskisvorm of die onge-ergdheid van die renoster (heel onder), spreek boekdele.
Wat ek wel ontdek het noudat my kop na fotografie begin skuif, is dat dit jou lewensuitkyk verander. Skielik verkry kleure ‘n dieper intensiteit, jou oë gom vas op die mooi in die lewe en jou innerlike spring op as die natuur se asemrowende skoonheid jou betower. Selfs reuke bars in borrels rondom jou oop.
Eintlik mis ons baie in die lewe, as ons nie nostalgiese oomblikke op prente kan vas vang nie.
Gryp jou mik-en-druk, D-SLR of sommer jou selfoon en begin wild en wakker kiek. Besluit om jou eie fotografie speletjies in eindelose plesier om te sit.
Dis ‘n maklike eerste werksopdrag!
I am of the same mind with you completely on this subject and enjoyed perusing your thinking here in Digital Phpthgraooy Guide*****: Sitemap. I have bookmarked your site and anticipate to coming back for more.
LikeLiked by 1 person
schitterend!
LikeLike
Wel, ek sien ons het ‘n professionele fotograaf in ons midde … pragtige foto’s … Ek is regtig beïndruk …
LikeLike
Dankie jou kommentaar hier, bulldog. Ek moet reghelp, die meeste fotos word deur Blommie geneem. Ons is ‘n blog-span, maar werklik amateurs. Ek griffel meer stories, sy hou van kiek, en wou ek nie dat haar fotos verlore gaan nie. Toe begin ek edit en sny aan hulle – en siedaar – ek like toe ook wat ek sien! Dankie jou bemoediging.
LikeLike
Fotografie is vooral goed kijken en dan dingen uitproberen.Tof dat we dit mogen doen.
LikeLike
Ek stem natuurfreak! Dankie vir die lees en kommentaar. ons moet “dingen uitproberen.”
LikeLike
Fantastiese foto’s Spokie en jy is reg! Fotografie moet lekker wees en dit is. Daar is niks lekkerder as om jou rond te kyk en die wêreld met ander oë te sien nie. 😀
LikeLike
Sien – en daar dink jy my fotos is fantasties – net omdat ek vanuit ‘n ander perspektief daarna kyk. Ag dis lekker, om mekaar se kreatiwiteit so te kan ontdek. Dink net as ons almal dieselfde was, hoe borrring …. Dankie Sonel.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik is dit. Elke mens het sy eie styl van fotografie en soos jy sê, elkeen kyk vanuit ‘n ander perspektief daarna en dis wat alles soveel meer interessant maak. Ek geniet dit.
Ja, dit is baie lekker. Dis min bloggers dit op daardie manier insien en dit maak dit net lekkerder. Vir meeste gaan fotografie oor kompetisie en ek haat dit. Daai ding van ‘Oe, ek gaan jou nou wys ek kan beter foto’s as jy neem’ maak my totaal die hel in en dan is ek sommer heel afgesit, of hulle wil net spog met hul fancy equipment maar jy kan duidelik sien hulle het nog nie eens moeite gedoen om meer te leer oor die kamera self nie.
Ek eksperimenteer elke dag met my kamera se settings en speel baie rond met dit om te kyk watter effekte ek kan kry uit dit. Dis geen fancy kamera nie en geen ekstra lense of gadgets nie. Dis net lekker om te kan sien wat ek kan doen met dit en wat ek daaruit kan kry. Dit hou my besig ook en uit die kwaad. 😆
Janee, ek doen nie ‘boring’ nie. Ek is maar te bly mense verskil van mekaar. Dit maak die lewe net soveel meer interessant. 😀
LikeLike
Foto’s spreek boekdele! Dink net hoe anders moet die wêreld lyk, uit die ooghoogte van ‘n kind… Daardie olifant, is baie groter – grotéks uit die oë van ‘n kind. Daardie hemelhoë kameelperd, sal ‘n kind laat omval, voordat hy in sy oë kan kyk …hê-hê😄. Spokie, hoe groot lyk ‘n olifant, uit die oog van ‘n haas? – kiek dit, en wys ons asb.
LikeLike
Ja, dis ongelooflik. En ‘n olifant bly maar ‘n imposante dier! (Eks bly jy het reggekom op die blogs)
LikeLike
Ek wag in spanning!
LikeLike
Ek het darm al die eerste foto-kies begin opsit, perdebytjie. Daar staan nie meer ‘onder konstruksie’ nie. Die header-leeu hierbo is “Morpheus” – kan jy nog die storie onthou van die leeu (Zero) wat oud geword en afgehaal moes word? Jy het nog gevra wat het van hom geword? Nou, Morpheus is sy vervanger. ‘n Jong leeu wat nie kan wag om sy nuwe gene oor te dra nie. Hy word werklik mooi en groei sy baard (maanhare) nog elke dag …
LikeLike