Inleiding tot …
Baie welkom op hierdie blad omtrent Magoesbaskloof, ‘n plek vol drome waar jy kan fluister in ‘n weggesteekte paradys.
Ek en manlief is bevoorreg om nou al te mag timmer aan ons aftreeplekkie, diep in die skoot van die aarde, omring deur misslierte en watervalletjies.

Ons houthuisie, wat met sy agterstoep teen ‘n afgrond gebou word, is amper klaar en kan ek nie wag om my vinger op die kamera-knoppie te gom nie.
Daar is oor die 350 soorte voëls, visvangplekke langs geil en groen damme omsoom met reënboogblomme en staproetes wat jou in enige donker deel van die oerwoud innooi.

‘n Skoenlapper deskundige het ‘n paar weke gelede vir dié dag oor die 195 skoenlappers ge-identifiseer. Nou verstaan ek hoekom ek alewig met droomoë en fladderhart deur my kombuisvenster staar na die kleurvolle vlerkies in die warmstroom bokant die kloof.
Eintlik wil ek jou so baie vertel en wys. Maar wag – kom saam my op ‘n naweekplekkie droomparadys waar alles nog wag om ontdek of getem of gekiek te word …
Wat een prachthuis en mooie omgeving met meer dan 300 vogels dat kan dan niet anders dan het paradijs zijn.
LikeLike
Van kindsbeen af was dit altyd ‘n groot avontuur om deur Magoebaskloof te ry, uit te klim en in die woude te stap, op pad wildtuin toe van die Boland af.
LikeLike
350 soorten vogels! Dat is fantastisch. ik zou graag eens in jullie paradijs zitten met de camera.
LikeLike
My hart! Oe Spokie dis mos ‘n plek waar mens kan stil raak. Mag jy en jou man elke dag klein nuwe vreugdes daar ervaar. (Wanneer trek julle in? )
LikeLiked by 1 person
Dis voorwaar ‘n pragtige plekkie. Ons was die hele naweek daar, maar vorder alles so stadig! Daar is nie baie hulp en kan ons net nou en dan gebou kry.
Maar, ons wil daar gaan aftree…
Die naweek het die skoenlappers my moedeloos! Hul is so pragtig en kleurvol maar weier om te gaan sit om afgeneem te word. En party plekke is gevaarlik om agter hul aan te klouter in die kloof. Ek begin wonder of ek nie vir hul iets moet maak om te eet/suig … en so te lok nie?
LikeLiked by 1 person
Magoebaskloof niks minder as ‘n paradys…
LikeLiked by 1 person
Aaaah – bly om te sien jy ken dalk Magoebaskloof? Ons is nog gelukkig dat my swaer plasie daar besit, die Magoba-tribe ontvang nou meer dele, alhoewel ons baie goeie verhouding met hul het …
LikeLike
Dit lyk soos ‘n paradys.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n paradys Tokeloshe. Ek kan nie wag om jou fotos van die blomme daar te wys nie. Sodra daar tyd is, skryf ek die eerste artikel oor hierdie asemrowende plekkie van ons.
LikeLiked by 1 person
Both my parents are buried at Magoebaskloof ~ a magical place ❤
LikeLiked by 1 person
Really Emy? Can you remember on which farm? Or did they buried them in Haenerstburg – the small town? There is a graveyard in Diepkloof (where our plekkie is situated), but I think all those farms, who belonged to the voortrekkers, got their own graveyards.
LikeLiked by 1 person
They are buried in the Haenertsburg graveyard ~ the one on top of the mountain with an amazing view. We had a holiday cottage in Haenertsburg before it got so “developed”. I have wonderful childhood memories of our holidays there.
LikeLike
Wow! I would like to go and visit this graveyard in Haenerstburg one day. There is still so many places for me to go and visit in that area. Best wishes for 2015.
LikeLiked by 1 person