5 Days of Black and White – Day 4 – Big Five

Baie dankie aan Rondomtaliedraai en Scrapydo vir hierdie uitdaging.  Waar ek eers nie kans gesien het hiervoor, het ek op die ou einde dit vreeslik geniet.

The two rules of this challenge are easy to follow:
1) Post a black & white photo daily for 5 days.
2) Invite someone different to participate each day.

Die vierde blogger wat ek nomineer is: “Vir jou.”
Ek is nie seker of hierdie challenge nog aktief is nie, maar wil jou uitdaag om jou fotos in swart-en-wit te vertoon. Jy sal dit vreeslik geniet!

Onthou ons afrikaners moet darm Afrikaans ook hoog hou. Hoera dus vir blogs in afrikaans! (Dankie ook aan ons engelse vriende wat ondersteun.)

B & W Luiperd

Lekker griffel en rondplak met jou fotos …

Advertisements

5 Days of Black and White – Day 3 – Big Five

Rondomtaliedraai en Scrapydo het my opgekommandeer vir hierdie uitdaging.

The two rules of this challenge are easy to follow:
1) Post a black & white photo daily for 5 days.
2) Invite someone different to participate each day.

Die derde blogger wat ek nomineer is: http://perdebytjie.wordpress.com/
Die rede: Ek sal daarvan hou om van haar wenfotos in swart-en-wit ook te sien.

Olifant B&W challenge

5 Days of Black and White – Day 2 – Big Five

Rondomtaliedraai en Scrapydo het my opgekommandeer vir hierdie uitdaging:

The two rules of this challenge are easy to follow:
1) Post a black & white photo daily for 5 days.
2) Invite someone different to participate each day.

Die tweede blogger wat ek nomineer is: http://doutrapper.wordpress.com/
Die rede: Ek hou van haar motorbike fotos, en hoop ons kry dit te sien in swart-en-wit.

Buffel B&W Powerp3

Hieronder is die oorspronklike foto waaruit die buffel se kop gesny is: Die foto is geneem deur Blommie (Hierdie blog se fotograaf.) Dink jy die swart-en-wit lyk mooier?

Buffel Volkleur

5 Days of Black and White – Day 1 – Big Five

Rondomtaliedraai en Scrapydo het my opgekommandeer vir hierdie uitdaging:

THE TWO RULES OF THIS CHALLENGE ARE EASY TO FOLLOW: 1) Post a black & white photo daily for 5 days.
2) Invite someone different to participate each day.

Die eerste blogger wat ek nomineer is: http://sonelcorner.wordpress.com/http:
Sy het swart-en-wit  fotos van ape en het ek my vergaap daaraan.  Ek hoop sy deel dit met meer van ons.

B & W Renoster

 

Rooibok koors

Deur die lens hou ek asem in en sien hoe die rooibokram ritmies en vreedsaam met sy nat snoet in die sappige gras woel. Onbewus van die Luiperd wat hoog vanaf die rotskoppie alles dophou.

Ek begin die swart kolletjies tel wat onder die rooibok se wit lieste vasklem. Bloedsuiers. Shame – wat ‘n irritasie.

ROOIBOKKE WORD DIE MacDonalds GENOEM WEENS DIE SWART 'M' OP HUL AGTERLYWE. DIE STREPE BEHEER BOSLUISE.
ROOIBOKKE WORD DIE MacDonalds GENOEM WEENS DIE SWART ‘M’ OP HUL AGTERLYWE. DIE STREPE IS BELANGRIK WANNEER HUL MEKAAR VERSORG EN OM BOSLUISE TE BEHEER.

 

‘n Slapmotor wieg langs ons in. Onwillig laat sak ek die kamera. Dis ‘n man met ‘n netjiese wit hemp en ‘n kanon van ‘n verkyker. Nuuskierig loer hy binne in ons voertuig in: “Wat sien julle?”

“Rooibokke.” Koor ons.

Verontwaardig kreukel sy neus terwyl sy voertuig weer spoed vang. Die rooibok spat weg en ek lees die man se gedagtes: “Wie stop nou vir rooibokke in die bosveld – die goed is dan vervuil … ”

Rooibokkies Jong in pad
JONGELINGE TRIPPEL ONSEKER OOR DIE PAD TERWYL HUL OP MEKAAR WAG.

Maar dit wat die rooibok aan die natuur en omgewing bied, is uniek. Hulle is groeplewend en vorm dikwels troppe van etlike honderde en word as die hoofprooi van groot roofdiere gesien.

ROOIBOKKE IS GROEPLEWENS. HIERDIE TROP SOEK SKUILING IN DIE HITTE VAN DIE DAG.
BEDAGS SKUIL DIE ROOIBOK HOOFSAAKLIK ONDER KOELTEBOME TEEN DIE HITTE.

 

‘N BOK VAN EERSTES

LIERVORMIGE HORINGS
DIE LIER-VORMIGE HORINGS VAN DIE RAM MET ‘N BLINK ROOIBRUIN HAARKLEED EN WIT KOL OP DIE KEEL.

Die Rooibok is in vele opsigte ‘n bok van eerstes.

Beweeg die wildkyker ‘n reservaat binne, is sy kanse goed om eerste ‘n rooibok te sien. Beweeg die kamper vanuit Die Kruger huistoe, mag dit die laaste dier wees wat hom by die uitgangshek groet.

My broers, almal grootwildjagters, se eerste bok wat platgetrek is was ‘n rooibok. Wanneer hul aanlê en die broek begin bewe  – omrede van die swart tuurende oog in die visier- noem pa dit rooibok-koors. Skiet hulle mis, lag pa net geduldig en maak dit weer af as bok-koors.

TROTSE RAM MET
TROTSE SATARA ROOIBOKRAM MET KENMERKENDE EFFENSE KROM RUG EN DIE STERT WAT STYF TEEN DIE LYF VASGEDRUK WORD.

 

GROOTWILD JAGTERY
Daarom is die eerste bok wat die grootwordende jagter beplan om te skiet, ‘n rooibok. Eers daarna is hy vaardig genoeg om groter en gevaarliker diere te begin jag.

JW OEFEN
JW, (BROERSKIND VAN BLOMMIE ONS FOTOGRAAF) OEFEN VIR SY EERSTE ROOIBOK.

 

5 FEITE OMTRENT DIE ROOIBOK (Aepyceros melampus)

DIE AGTJARIGE JW, TREK SY EERSTE ROOIBOK PLAT
DIE AGTJARIGE JW TREK SY EERSTE ROOIBOK PLAT MET ‘N .243 GEWEER

1. Die ram kan tot 90cm hoog staan.

2. Die rooibok verkies yl boom- of bosveld wêreld naby water.

3. Hulle kan met ‘n enkel elegante sprong tot 3m hoog en 12m ver spring.

4. Alhoewel die rooibok ‘n sagmoedige geaardheid besit, is hy baie wakker – tog ontwykend.

5. ‘n Vinnige hoë snorkgeluid spreek van gevaar en sal die rooibok met ongelooflike spoed en spronge wegspring oor lang grasse, bosse en kleiner bome.

.

JW MET SY TWEEDE ROOIBOK ONDER TOESIG VAN OUPA
JW SKIET SY TWEEDE GROTER ROOIBOKRAM MET ‘N .308 ONDER TOESIG VAN OUPA.

Nadat die kolf JW op die wang geslaat het, was hy maar te bly die jagseisoen is verby. Of spreek dit van bok-koors ?

Spokie en Blommie staan egter aan die bewaringskant. Ons hou daarvan om die mooi van dier en natuur in hul kosbare aard vas te vang op film. Diereliefhebbers eer nie net die  Groot Vyf nie, maar eer ook die Rooibok.

GEVAARLIKE
GEVAARLIKE WEDYWERING TUSSEN RAMME, TYDENS PAARSEISOEN, GAAN MET HARDE SNORKGELUIDE GEPAARD. HORINGGEVEGTE KAN DIKWELS NOODLOTTIG WEES.

 

Die grootwildjagter vergeet nooit sy eerste Rooibok.
Die fotograaf ken die Rooibok se potensiaal.
Die bewaarder meet aan die vettigheid van die Rooibok sy veld.
Die jagluiperd leer by die lam om ‘n ram plat te trek.
Die leeu trek agter die rooibok aan.
Die bronstige bobbejaan skeur en vreet die binnegoed van ‘n rooibok om sy krag aan die trop te vertoon.

Rooibok Slide Soen 2En vir Spokie sny Spoor?
Spreek die Rooibok van:
LIEFDE, FAMILIEBANDE en ONMEETBARE VREDE

Wyshede wat die siel troos

Fotos het nie almal ‘n spesiale plekkie
Vertoon soms selfs nutteloos
Maar wanneer jy diep kyk
Bevat elkeen ‘n wysheid
Dra elke dier ‘n roepstem
En gedagtes vir ‘n nuwe begin

Leer saam my by die diere …

Die fotos is geneem deur Blommie – ons fotograaf
En is die wyshede spesiaal vir jou geskryf
Ek glo dat ten minste één vandag jou behoefte sal aanspreek …

Aasvoel wysheid vlerkspan

Seekoei Wysheid opborrel

Dikkop wysheid nederigheid

Voeltjie wysheid Intimiteit

Naaldekoker rooi wysheid

Seekoeie wysheid spoeggeveg

Renoster wysheid voetstappe

Rooibokke wysheid luister

Hamerkop wysheid inbors

Leeu wysheid roos

Bosveld visvanger wysheid kleur

Sonsonder nuwe dag wysheid

Ek wens jou alles van die beste toe
Mag vandag vir jou ‘n nuwe begin wees
Reik uit – daars iemand wat kan help

Liefdetjies – Spokie

Bloedbad: Lem teen die nek

Haar flanke tril bewend. Daar hang bloedreuk, sweet en rooistof in die bosveld ruimte. Die skok: die warm druppels op haar nek, dis haar eie! Hartseer snork sy oor die vrug wat nog in haar skoot woel, dit wat haar maagdelikheid ontneem het, nog voor sy dit aan die savanna kon offer.

KARONGWE SEBRA SWAAR IN DRAG MET VOLMAAKTE STREPE
KARONGWE SEBRA SWAAR IN DRAG MET KENMERKENDE SWART-EN-WIT STREPE

So begin die verhaal van ‘n gestreepte skoonheid wat se vel meedoënloos afgeslag is, sodat die mens in onnodige weelde kan leef.

DIE UITDAGING
Scrapydo daag ons uit om oor klere of modes te skryf. Egte leer- en velprodukte kom net dié toe met ekstra pond in die sak. Sebravel is gewild omrede van hul aantreklike en uitsonderlike streep-patrone en sterk blink haredos.

My eie pa het trots op die plaas rondgeloop met ‘n cowboy-hoed waarom ‘n breë sebrabelt vasgemaak was. Vandag is my broers grootwildjagters, terwyl ek meer veg vir die ‘bewaring’ van hierdie prag diere.

Sebra klere storie

STREPE IN DIE BOS
Elke keer wanneer ons sebras kiek, is daar iemand wat opgewonde fluister: “Wow – kyk net hiérdie een se strepe!” Nie een sebra se lyne is dieselfde nie. Soos die mens se vingerafdruk, is hul almal uniek en verskillend.

VIR DIE NATUURLIEFHEBBER IS DIE BOS EN SEBRA EEN
VIR DIE NATUURLIEFHEBBER VORM DIE BOS EN SEBRA ‘N ONAFSKEIDBARE EENHEID

.

Maar waarom is die sebra (Hippotigris sebra) se vel wit-en-swart gestreep?

JONG MERRIE MET DIAMANTSTREPE OP VOORKOP
MAFUNYANE JONG MERRIE MET DIAMANTSTREPE OP VOORKOP

Daar is verskeie hipoteses. Sieninge soos:

1.  Kamoeflering mag die hoofoorsaak wees. Tussen donker takke en ligte sandkolle mag die leeu nie die sebra se kleure gou raaksien nie.

2.  Ander wetenskaplikes meen dit het te doen met die paringsritueel tussen die hings en merrie.

3.  ‘n Paar jaar gelede het navorsers met ‘n teorie vorendag gekom dat die strepe steekvlieë weghou.

4.  Dr Brenda Larison van die Universiteit van Kalafornië in Los Angeles het 16 plekke in Afrika besoek waar sebras voorkom. Navorsing toon hoe warmer die gebied hoe meer strepe het die sebra.

STREEP DIE SEBRA HOMSELF KOELER?

AFGEWASTE STREPE WAT UITSONDERLIKE PATROON VORM
AFGEWASTE STREPE MET ‘N UITSONDERLIKE KLAD-PATROON  (Foto: Blommie KNP 2013)

Haar teorie is dat die lug vinniger beweeg oor die son-absorberende swart strepe en stadiger oor die wit strepe en sodoende ’n verkoelende lugstroom veroorsaak. Voorwaar ‘n selfingeboude lugverkoeler vir die sebra.

Sebra kleintjie 2
LIGTER GOUDBRUIN STREPE VAN DIE PASGEBORENE  MET BOSLUISVOEL OP DIE RUG

JONGELING DRA GOUD IN DIE MORESTOND
Vir my is daar geen pragtiger kleintjie dan ‘n  sebra-perdjie nie. Hulle sagte boudkroesies en welige maanhare streel en bekoor my oë elke keer.

Sebra kop final
DIS NET DIE MEESTERONTWERPER WAT HIERDIE SEBRA SO PERFEK KON FORMEER

 

KOERANTBERIG:

Klere-verwar-diere-in-britse-dieretuin
‘n Britse dieretuin het gister aangekondig dat ‘n verbod geplaas word op die dra van klere waarop luiperd- of sebra-motiewe gedruk is, aangesien dit die diere verwar. Volgens die dieretuin was die diere oorvriendelik met mense wat dierhuid motief klere dra.

Die diere het ook weggehardloop vir mense wat klere aan het wat soos roofdiere se vel lyk. Die dieretuin het klere beskikbaar gestel wat meer gepas is. (Internet)

MAFUNYANE HINGS LANGS DIE ...
PRAGTIGE MAFUNYANE HINGS MET PAJAMA-KLERE – April14

Het jy enige dierevelklere in jou huis? Vertel gerus meer.

Lees ook die uitdaging oor klere/modes hier: https://scrapydo2.wordpress.com/2015/02/05/toeka-tokel-7-kleremode/

Stap in die spore van ‘n koning

Vreesbevange druk Timo hande teen sy ore: “I am too young to die! I am too young to die!” Adrenalien skiet deur my kop en ek voel hoe die riviersand die Jeep se wiele spinnend vasgryp. Ek ruk terug, net betyds om te sien hoe die stormende leeu se gespierde lyf strompelend oor ‘n dooie boom vou…

Zero. Koning van Karongwe. Dié dag sou hy weer gekroon word. ‘n Splinternuwe VHF collar trots om sy koninklike nek vasgeknip word.

DIE SPUITSTOF WORD OP DIE WARM RADIATOR LOU GEMAAK
DIE AFGEMETE SPUITSTOF WORD OP DIE VOERTUIG SE RADIATOR LOU GEHOU.

DIE WAPEN
Weer en weer word die pylgeweer getoets. Niks mag skeefloop. Agter ons kom daar klokslag ‘n radioboodskap vanaf die veldwagter deur wat van vroeg af al op die leeus se spore loop. Zero is gewaar in die Makutswe omgewing en mik rivier se kant toe.

TIMO MAG DIE PYLGEWEER VASHOU. HIER GLIMLAG HY BREED VIR DIE FOTO.
TIMO MAG DIE PYLGEWEER VASHOU EN GLIMLAG BREED VIR DIE FOTO. MINWETEND!

Alhoewel ons opgewonde, tog senuagtig in die ongerepte bosveld vir mekaar fluister, besef ek maar te goed: Hierdie is ‘n ander speelveld!

DIE COLLAR
Langs my tril Blommie (hierdie blog se fotograaf) opgewonde. Dis ‘n rooiletter dag vir haar. Die formidabele wille koning, wat se krag en statuur vele respek afdwing – by dier en mens – gaan nou-nou platgetrek word. ‘n Voorreg wat miskien nooit weer gesmaak sal word nie.

'NEE OOM KOOS, DIE NECKLACE BEHOORT AAN 'N ANDER KONING!'
” JAMMER OOM KOOS, DIE NECKLACE BEHOORT AAN ‘N ANDER KONING “

Vir nou is daar baie glimlaggies en sports.  Speels hang Blommie die belt om haar pa se nek. As skenker van hierdie waardevolle stukkie hardeleer met ingeplante radiobeheerde monitor, kom die eer hom vir n paar sekondes toe.

Almal wip toe die radio skielik praat: “Julle moet inbeweeg …”

Dis tyd! Haastig spring ons op die oop besigtigingsvoertuie en stoot die neuse rivier se kant toe.

In die doodse stilte wat heers voel ek hoe die bosveld wind aan my hare krap. Of is dit my maag wat draai?

“Daars hy!”  fluister iemand en ek gryp my stoel vas. Voorwaar – daardie aantreklike swart maanhare tussen die goue highligts kan net aan één koning behoort: die alfamannetjie van hierdie woeste stuk oerwoud.

ZERO DIE KRUISPAD OPPAD NA DIE RIVIER
DIE EERSTE VISUEEL VAN ZERO BY DIE DIE SANDKRUISPAD, OPPAD RIVIER TOE.

Ek vergaap my aan bultende spiere, massiewe slap pote wat ritmies vorentoe skop. Verbaas om te dink dat hierdie imposante dier eintlik gesien word as ‘n saggeaarde en goeie pa wat die beste bloubloed welpies gooi. Sy trop beskerm hy met nael-en-tand.

Weer trek ons asem in…

MPHO - KORT OP DIE HAKKE VAN SY PA
MPHO – KORT OP DIE HAKKE VAN SY PA.

Agter hom stap ‘n ander vors, waarvan die jong baardhare duidelik stukkies swart begin vertoon.  “Is dit sy seun?” snak iemand. “Ja, dis Mpho, ‘n moontlike troonopvolger.”

SPOKIE SNY SPOOR
Vir ‘n uur agtervolg ons die leeus op die klippad. Wetende dat hul enigetyd kan uitswaai rivier se kant toe. Dis net waarvoor ons wag.

OPPAD NA DIE RIVIER
STOP-STOP,  RY-RY, WAG-WAG:  SPOORSNY VERLANG UITERSTE GEDULD.

Die leeus is onbewus daarvan dat hul omsingel is. Die rivierbedding word gesien as die ideale plek om ‘n dier in plat te trek, aangesien dit oop is. Gevaar kan agter enige bossie in hierdie ongetemde bosveld skuil waarin die Groot Vyf en ander wilde diere vrylik rondbeweeg.

DIE KONING IS PLAT
Vir nou word Mpho die vyand. Nadat die pylveer sy pa platgetrek het, probeer hy getrou aan sy sy bly en moet gereeld met ‘n droë stok of klip weggejaag word. Digby, net agter die riete kruip hy weg vanwaar hy alles dophou…

SKIELIK ONTNEEM VAN KRAG DEUR DIE SLIMMIGHEID VAN DIE MENS
DIE KRAG VAN DIE LEEU ONTNEEM DEUR DIE SLIMMIGHEID VAN DIE MENS.

 

Tot hier verloop alles klopdisselboom. Banggat speel ek fotograaf en hou my lyf veilig en hoog op die Jeep.

BLOMMIE WOEL HAAR VINGERS DIEP IN ZERO SE HARE
BLOMMIE WOEL HAAR VINGERS DIEP IN ZERO SE MAANHAARDOS.

Blommie sou nooit kon droom dat sy eendag Zero se vel onder haar vingers mag  streel nie. Deel mag wees van ‘n kroning wat sal standhou vir die volgende 5 jaar.

Agterna wys sy my ‘n paar lang swart hare. Dié het sy vinnig uitgepluk terwyl zero geslaap het. ‘n Soewenier. Ek is verras oor die dikte en sterkte daarvan.

Rustig kiek ek voort terwyl die reuk van olifantmis en katpiepie my neus begin kreukel.

Die rivier is warm en droog. Soos ‘n dooie lê Zero oop-oog en staar na …’niks’. Om te voorkom dat sy oë uitdroog druk die veearts ‘n salfie daarin en vou ‘n pers handoekie om die kop vir koelte.

'N OOGSALFIE TEEN UITDROGING EN 'N BOSVELDKAPPIE TEEN DIE SON
‘N OOGSALFIE TEEN UITDROGING EN ‘N BOSVELDKAPPIE TEEN DIE WITSON

.

DIE KONING WORD WAKKER
Agterna het ek baie oor my “wat as …” getop. Julle weet mos: “wat as…”  iets skeefloop. In my gedagtes het ek voorbereidings getref en besluit om die groot coolerbox langs my vorentoe te gooi vir ingeval van ‘n noodgeval.  Agterna het ek gedink dat dit eintlik ‘n puik idee was. Want om die fotos te kon neem was ek by die Jeep se laagste openingskant en kwesbaar.

Terwyl Zero wakker word en in ons rigting storm, is ek werklik braaf genoeg om nog hierdie foto te neem. Wat met die kamera later gebeur het, weet ek nie, maar was ek duidelik bewus van my vingers wat om die koel werklikheid van die coolerbox se handvatsels geklem het.

'NOU IS DIT MY BEURT!" Zero word wakker.
” NOU IS DIT MY BEURT!” Zero word wakker.

Terwyl die afrikaanse Timo gil “I am too young to die!” trek oom Koos spinnend weg en ek voel hoe die Jeep diep in die riviersand vasval. Kletterende klippies en stof warrel in my neusgate en skielik wonder ek waar Mpho is. Vandag is hier groot sports.

Want ‘n halwe klap van só ‘n deurmekaar leeu kan jou maklik bokveld toe stuur. Gelukkig is daar ‘n dooie boom in die rivierloop en terwyl ek my oë hier sluit, sien ek weer hoe hy pootjie en hoe die tuimelende figuur van ‘n koning vernederd en diep ploeg, binne in die warm sand van die Makutswerivier.

Mpho is dadelik by!

Zero agterkant
‘N FOTO VAN ZERO ‘N PAAR MAANDE DAARNA.

GROOT SPORT
Die res van die geselskap, wat veilig aan die oorkant van die river as  toeskouers gesit het, het geskater van die lag. Vir hulle was dit groot sports.

Maar nog nooit was ek só bly om die agterkant van ‘n leeu te sien nie!

(Hierdie stukkie is ook ingeskryf vir Scrapydo se challenge: https://scrapydo2.wordpress.com/2015/01/22/toeka-tokkel-5-sport-en-volgende-5-onderwerpe/ )

Pa en die gespikkelde fenomeen

Die eerste poelpetater het laag oor die heining aangevlieg gekom. Op die plaaswerf het ek en pa in verwondering bly staan. Die voël was vreemd en het senuagtig en wankelrig ingesweef soos ‘n Boeing met wiele vorentoe geskop wat na vlerkbalans soek.

“Pa!” kraai ek opgewonde, “kyk die voël se blou rubber om sy nek.”

Pa het saggies gelag en sy wysvinger op my lippe gehou. “Sjuut – dis ‘n bosveldhoender.”

En so het ek kennis gemaak met die pers-grys pêrel-tarentaal. Pa het daagliks van die hoenders se gebreekte mielies vir die tarentale op die grondpad gestrooi. Terwyl hul pik, sou die wit-spikkels-op-swart my fassinerend betower. Ek het gebrand om die kolletjies van naby te sien of aan te vat, maar pa sou net ingedagte opmerk:

“Hulle wil vry wees …”

TIPIESE TARENTAALFAMILIE (Foto: Mafunyane 2012)
TIPIESE TARENTAALFAMILIE (Foto: Mafunyane 2013)

Die res van die tarentaal-familie het vermeerder. Tydens mielietyd tel pa my tot bo-op die 200Lt dieseldrom en leer my só omtrent geveerdes. Geduldig wag hy dan tot my 4-jarige lippe die woord duidelik vorm voor hy nuwes gee.

Vandag nog, kan ek die koue harde sade en pitte tussen my woelende vingers voel, diep in die kos-emmertjie. En alhoewel my strooi-armpie te kort was, het pa my gelos. Lang-lip sou ek toekyk hoe pa die gebreekte sade soos reënboogstrepe oor die dor aarde saai. Tot dáár waar die gesnawelde hongeriges trippelend rondspring.

Tarentaal Kop en nek 1‘n Paar jaar later, begin ék egter pa inlig omtrent hierdie gespikkelde fenomeen: “Het pa geweet: hulle is baie lief vir insekte, en bosluise is poeding. As ons Boela luisvry wil hou, moet ons sorg dat hy rustig naby hulle gaan lê.”

Ander keer was pá weer een voor: “Daar is ‘n interessante legende oor die naam van ons bekende Madagaskar-tarentaal. Hy word ook Numida meleagris genoem. Meleager was ‘n figuur in die Griekse mitologie en die seun van Odeus. Toe Meleager dood is, was sy suster so bedroef dat sy verander het in ‘n voël waarvan die vere met trane bedrup was. Hierdie voëls was die tarentaal.”

HOEPELROKKIES OP DIE WERF

Tussen die daaglikse tortelduifies, mossies en mak hoenders, was die tarentale met hul gespikkelde vere die aantreklikste en mees interessantste. Ek het begeer om die wit kolletjies te vryf of aan die gehelmde blou en rooi rubber te trek.

DIE VERE OM DIE LYF 'N TIPIESE HOEPELROK MET AANTREKLIKE OUTYDSE KOLLETJIES
HOEPELROK-VERE MET AANTREKLIKE OUTYDSE KOLLETJIES EN  HOëHAKSKOEN-POTE

.

Maar voor my grypende kinderhand het hulle wild gebly en nooit mak geword soos die hoenders nie. Hulle kon woester skrop, vinniger pik, ratser weghol en wild wegkoets agter bossies.

Dan sou die vlerke soos dames se rokke optrek sodat dit nie in die stof sleep nie. So sou hul hardloop met vlerke wat ‘n kenmerkende boog op die rug vorm.

Maar soms, wanneer hul voor my grypende handjie wegtol, sou daar tog iets agterbly:

Tarentaalveer swart-en-wit
Internet Flickr Foto

‘n Dwarrelende veer waarvan die spikkels aan my soveel kleiner vertoon het, want die stof van die aandwind sou alreeds die blink daarvan beroof het …

GESKAPE VIR NOSTALGIE
Maar natuurlik was die tarentaal geskape vir ‘n veel hoër doel. Ek onthou nog pa se woorde soos gister. Want saam het ons verknog geraak aan die grond en verlief op die gewemel en vrugbaarheid van die plaaswerf. Die gespikkelde fenomeen het ook húl kosbare vrug bygedra met gestreepte kuikens wat al pikkende en skroppende in ma se voetspore rondhop. Nooit wou hul maats maak met die mak hoenders nie, nog minder toelaat dat ek hul rondra of perfekte kolletjies afkrap.

Frustreerd en uitoorlê sou ek opruk en tranerig die huis instorm …

Nes pa gesê het is die tarentaal vry, en so sou hy bly, in ‘n klas van sy eie.

Tarentaal Slide 3(Fotos: Mafunyane 2013 – Blommie)

Mis, nat Hiënas en Spinnekopwebbe

Dis vroeg, baie vroeg en is daar min kampers wat lus het om uit hul warm slaapsakke onder die nat tente uit te kruip. Nie almal wil dit buite waag, waar die melkwit mis tussen misterieuse bome ‘n sprokiesland skilder.

Bome in misEk ruik die reuk van koffiebone terwyl die stoom die ruit begin toewasem en my hart ritmies saam die woep-woep van die ruitveërs begin inskop.

Gedurende die nag het dit knopkieries gereën en onkundige kampers, wat hul afsaalplekkies in holtes digby die draad opgeslaan het, moes die modderwater trotseer.

Ons is oppad na Onder Sabie in die Krugerwildtuin en sou hier ‘n gesig beleef wat nie gou weer gesien sou word nie.

SPINNEKOPWEBBE IN DIE MIS

Spinnekopweb in mis 1
WEBBE LANGS DIE H1-3 WAT VROEGOGGEND NOG SWAAR VAN DOU IS, MET DIE OPKOMENDE SON AAN DIE AGTERKANT

Die ruimte om ons is fluisterend, betower deur digte mis wat die bosveld se struike in ‘n kersbehangsel-skouspel verander.

Dit voel of jy in ‘n reënwoud wegkruipertjie speel waar niemand waag asemhaal nie.

Spinnekopweb in mis 2Verdwaas wonder ek of dit ‘n algemene verskynsel is, en of net hierdie area se struike so oorbeweb word?

Vir kilometers ry ons in hierdie fiksieland, totdat die mis begin kopgee onder sonstrale wat woes orals inbars. Net om die hitte weer na 34 grade plus op te stoot.

Spinnekopweb in mis 4Kyk net hoe manjifiek en dig is die webbe geweef. Die gevoel is of jy eerder trampolien met hulle kan speel.

Verder lyk dit onmoontlik dat ‘n kwesbare spinnekop soveel draadwerk uit homself kan uitruig.

NAT HIËNAS
Net ‘n entjie verder kom ons op hierdie jongelinge af wat onder die laagwaterbruggie uitgekruip kom opsoek na húlle stukkie son.

ONDER SABIE HIëNAS OP DIE H10
ONDER SABIE GEVLEKTE HIëNAS OP DIE H10 MET SOPNAT POTE

Hiënas is lief om hul kleingoed onder paaie in waterpype groot te maak. Is dit ooit veilig? Want self swaarvoertuie jaag soms knetterend hier verby. Wat sou die rede wees – sou die ma weet dat die kleintjies hier kos vanaf stilhouers mag vind?

INTERASKIE, TERWYL DIE SONNETJIE LEKKER DROOGBAK
INTERAKSIE, TERWYL DIE SONNETJIE LEKKER DROOGBAK

.

VYF FEITE OMTRENT HIëNAS. Ontmoet Crocuta crocuta

Hienas sopnat 31. Hulle is nagdiere wat bekend is as aasvreters.

2. Die matriarg lei die trop (soms tot 80) wat ‘n dreigende gevaar vir leeus by ‘n vangs is.

3. Hul is doeltreffende roofdiere met ‘n kenmerkende “whooo-oop” roep.

4. Hiënas word  gesien as die Skoonmakers van die natuur wat enige eetbare iets sal aas.

5. Bisare items soos skoene, naels, tou, olifantvel en blikkies kos is al ontleed as maaginhoud.

Met hul uitstekende nagvisie en akute reuksin loop hul soos spokerige skadu’s agter die kampplek se drade en sal niks daarvan dink om braaisvleisvure te besoek nie. Ek het selfs al gehoor van kinders wat snags aan hul voete uit tente getrek is.

Geen vakansie in die Kruger is volmaak sonder ‘n foto van hierdie interessante dier nie.

Hienas sopnat 4Fotos: Blommie
Skryfsels: Spokie

Hierdie stukkie is ook ingeskryf vir die uitdaging: http://scrapydo2.wordpress.com/2015/01/15/toeka-tokkel-4-vakansie/

BRAAIVLEIS, KATOETERS en OLIFANTE

Dis eendeweer in Die Krugerwildtuin met waterstroompies wat oral oor die nog stomende teerpad kabbel. Hier proe jy kultuur, ruik olifantmis en word betower deur die geil bedompige bosveld.

So begin ons eerste dag in die Kruger wat sou strek oor 10 dae. En om ‘n Boskolos te sien wat geruisloos vanuit die ruigtes voor jou verskyn, word ‘n gereelde prentjie wat ek gou gewoond aan sou  raak.

“Olifante!” fluister ek en voel hoe opwinding deur my are bruis.

ORPENHEK OLIFANT op die H7 oppad na Satara, besigtig deur die voorruit.
SATARA OLIFANT op die H7 gesien deur die voorruit.

Soms was ons tussen ander voertuie ingeboks, met ‘n boswa wat getrou agterna stert.  Dan was omdraai of uitswaai nie ‘n vinnige opsie nie.

Hierdie vakansie was voorwaar ‘n olifant-reis. Nog nooit het ek soveel troppe en hordes aanskou, soveel so dat ek my vrees vir olifante te bowe gekom het.

image002
“KOM KOM ROER JULLE BOUDE!” Olifante weet ‘n teerpad spel gevaar. Trompetterend sal hulle mekaar aanjaag.

Miskien het die lenskameratjie (my eerste) daartoe bygedra dat ek begin ophou bewe het. Dié het ek opgewonde op my skoot vasgeklem. Ek wou net kiek – olifantpapbroek of te not!

Na die salige reëns was die veld vrolik en het selfs die kleingoed vrugbaar vermeerder.

'WAG MA, EK WIL EERS BIETJIE SPEEL"
“STADIG MA, DIS LEKKER HIER IN DIE PAD.”  ‘n  Olifantjie trippel vrolik terwyl hy die hitte van die teerpad ontdek

Ma-olifant moes erstig vir hierdie jongeling grom. Die pad het vir hom gevoel na die ideale speelterrein.

“Staan of ek skiet!” beveel ek deur die lens en raak so betower deur ‘n groep spelende olifante by die drinkgat, dat ons glad nie agterkom ons is omsingel. Ander troppe het ook fluisterend nader beweeg om hul beurt by die koel waters af te wag.

Agterna het die manne goed deurgeloop. Moeg van al die kiekery het hul rustig agter in die voertuig begin indut. En ons dog hulle bewaak en bewaar!

VYF FEITE OMTRENT OLIFANTE (Ontmoet Loxodonta africana)

DIE SLURP
DIE SLURP weeg gemiddeld 135 kg en het 150 000 klein spiergroepe

1. Die brein: Is die grootste van enige landdier. ‘n Bul se brein weeg tot 5.4 kg. (Die mens sin weeg 1.5kg.)

2. Die oor: Weeg ongeveer 50kg. (Soveel soos ‘n 14-jarige dogtertjie.)

3. Die stert: Omtrent 1.2m lank. (‘n Veldmuis se stert is omtrent 10cm.)

4. Die poot: Is tussen 40-50cm lank. (Die rekord vir ‘n mens se voet staan op 38cm – die van Brahim Takioullah van Marokko.)

5. Die tande:  Die rekordlengte vir’n olifanttand is 3.49 m.

MODDERBADTYD

Hierdie foto is vir my indrukwekkend. Slurpend het hierdie olifant  homself oor en oor met modder bestook sodat selfs die ooghare afgestroom het daarvan.

Olifant sopnat modder gesig

Die Britse digter John Donne het op ‘n keer oor olifante gesê: “Die natuur se meesterstuk; die enigste skadelose reus.” John Donne se Polo is duidelik nie in die Kruger gerol nie. Tog steek daar waarheid in sy woorde. (Sien treksel en feite: Weg! tydskrif)

OLIFANT BY ... DRINKGAT
KUMANEDAM OLIFANT OP DIE H1-3 WOEL BY DIE WATERGAT  (Jan 2015)

 

TERUG KAMP TOE

Hieronder wei ‘n olifant teen die Satara kampdraad terwyl die son sy laaste goue streep verf. Kan jy hom sien? Ek moes vinnig afneem, want agter my het die hoenderboudjies al lekker gespat op die braaivleisvuur.

SATARA SONSONDERGANG met olifant silhouette
SATARA SONSONDERGANG MET OLIFANT SILHOUETTE

So ‘n onvergeetlike dag kan net met ‘n katoeter in die hand en ‘n knetterende vuurtjie in die wildenis, afgesluit word.

Aan Iemand Spesiaal

Mag Kersfees vir jou ‘n vrolike tyd wees
Vol verrassings en laggies
En mag jy dít vind wat jou gelukkig maak

Jy is uniek
Gee dus ruim glimlaggies, en jy sal vele terug ontvang
Hier is ‘n paar wyshede spesiaal vir jou ontwerp

Alle fotos is geneem in Die Kruger gedurende 2014
en behoort hierdie pragdiere vandag nog daar rond te hardloop
Geniet hulle – want ons kan baie by die diere in die veld leer

Fotograaf: Blommie
Skryf en ontwerp: Spokie

Blogwysh rooibokkies soen

Blogwysh Koedoe dra met trots

Blogwysh Buffel Diamant voorkop

Blogwysh Grootreier verborge waarh

Blogwysh Koedoe ooie wees waaksaam

Blogwysh rivier met Klippe op lewensp

Blogwysh sebra klein verandering

Blogwysh jagluiperd vaartbelyn

Blogwysh sebras drink strome

Blogwysh uil wyse woorde

Blogwysh Koedoe liefdeswoortjies groet

Blogwysh sebra steun op ander vriendskap

Blogwysh 2014 verby

END

(Indien hierdie fotos en spreuke iets vir jou beteken het, lees gerus die ander onder die Hoofmenue:  WYSHEDE)

Grootvoete

Hierdie ‘vreeslike gevoel’ se wortels is eintlik vanuit my kinderjare …

Reeds toé al het my oudste broer Paul – wat gebore is met ‘n humoristiese terggees – geskaterlag wanneer ons meisies vreesbevange in die motor probeer wegduik. Dis nou vir die Grootvoete.

“Paul, asseblief!” smeek ousus benoud terwyl  ek my lyfie onder alles probeer inwurm. Net om te hoor hoe Paul éérs die Volla ref-en-briek langs ou Grootvoete wat nie kan verstaan waarom ‘n spinnende skilpad hom van ‘n rustige weityd wil ontneem nie.

MAKUTSWE BOSKOLOS
MAKUTSWE BOSKOLOS

Dan voel dit of jou senuwee-nerfie soos kougom gerek-en-getrek word en sien jy jouself al as ‘n platgetrapte pannekoek.  As pa dít moes geweet het sou Paul vandag met strepe op sy boude rondgeloop het.

In die Afrika-veld kan die afgemete, logge gang van die olifant van ver reeds opgemerk word.

DIE HOE RUG VAN 'N OLIFANT KAN VAN VER OPGEMERK WORD
REUSAGTIGE GETANDE KOLOS WAT BO WELIGE RUIGTES UITSTAAN

‘n Olifant op foto is aangrypend, maar kom skielik op een af om ‘n draai, en adrenalien bruis woes deur jou are.  Nog iets wat ek nie van hou nie is omsingel te word met ‘n trop sonder ‘n pad-uitgang.

Weet ek hoe dit voel om deur olifante gejaag te word? Verseker!  Kennis leer egter jy hardloop nooit, bly doodstil staan. Vandag, as hulle te naby beweeg, druk ek maar oë toe.

DIE SLUP KAN TOT ..
DIE SLURP VERRIG VEELVOUDIGE FUNKSIES  (Kruger Jun 14)

Die olifant kan goed swem en gebruik soms sy veelsydige slurp as ‘n snorkel om groot riviere oor te steek.

VYF FEITE OMTRENT OLIFANTE (Loxodonta africana)

1. ‘n Grootvoet kan daagliks tot 250kg blare, gras, saadpeule, veldvrugte en bosse vreet. Bome word maklik omgestoot en is die wortels ‘n lekkerny.

2.  Tande word gebruik om mee te grawe en te veg.

STOEI EN ROIE IN WATER
HEERLIKE NAMIDDAG STOEI EN ROEI IN DIE WARM WATERS  (Kruger Jun 14)

3. Die koeie staan aan die hoof van die trop, en troppe vorm gewoonlik rondom die dominante koei.

4. Olifante is baie goed geaard en sal beseerde olifante help of selfs kalfies wat wees gelaat word, aanneem.

5. Hulle is heeltemal daartoe instaat om ander diere soos leeus en renosters dood te maak in hul soeke na water.

Daar is niks meer plesierig dan om ‘n trop olifante in die hitte te sien afstorm na die rivier om met hul waterkaskenades te begin nie.

Olifant slide 2

‘n Grootvoet kan baie saggies op sy boomstompbene met kussings aan die onderkant, beweeg.

Hierdie suigeling onder het so woes gerol in die modder, dat hy agterna skoon flou tussen sy ma se bene gerus het.

"SJOE - MODDERSPEEL IS HARDE WERK, BIETJIE RUS TEEN MA SE AGTERBEEN..."
“SJOE – MODDERSPEEL IS HARDE WERK, BIETJIE RUS …”

 

Nou ja, om my storie af te sluit: Na my kinderondervindinge verbeel ek my olifante hou nie van my nie en ek ook nie van hulle nie. Ek meen – liewer bang-jan dan dooie-jan.

In alle geval moet die Groot Vyf altyd met uiterste respek behandel word.

Lekker vakansie hou.

Spokie

 

Poort na ‘n paradys

Die rooi grondpad hierbo met die welige boog-van-groen is die laaste een waaronder jy deursweef voordat jy ons koester
houthuisie tussen bergpieke en miswolke
vind

Langs jou en rondom jou kabbel vrolike stroompies,
soos die aardkors vanuit haar oorvol pens
water spoeg

Druk jou oor teen die grond, en jy hoor die grasse en
plante kreungroei soos hulle wortels in diep
vrugbare grond inploeg

Magoeba waterval glad e natGLAD EN NAT

Wil jy ‘n entjie gaan stap in hierdie misterieuse reënwoud?
Moet dan nie vergeet om jou vastrap-tekkies en
stapstok in die hand goed vas te klem nie

Soms voel dit of jy fluister-in-‘n-paradys, want niks mag die katedraal stilte se gewyde atmosfeer steur nie

PIEPKLEIN ORGIDEE wat groei in 'n boomstam
PIEPKLEIN ORGIDEE wat groei in boomstam 2014

WARM VLAMME IN GEEL SONSKYN

Hier gesels die natuur in reënboogkleure
Waar orgideë se orange-vlamme warmer skyn
Terwyl jou voete in ‘n spons-en-blarekombers wegsak

En skoenlappers vrolik fladder buite jou gryp
in die warm stroom bokant die kloof

Magoebaskloof 2013
Magoebaskloof 2014

 SNEEU VIR ‘N BRUID

In Magoebaskloof onder die misreën is die bloeisels
bedruip met liefdes-trane

Dan is ek soos ‘n nimf in ‘n bos, dankbaar om ‘n stukkie paradys
in ons hartland se kloofwêreld te geniet

Geniet jou Kerstyd

Spokie

Kolle in die Sand

(Spesiale dank aan Sonel wat op my blog agtergekom het dat ek die volle storie omtrent die luiperdspoor-in-die-sand nog nie geplaas het nie.)

Terwyl ons afdaal na die laagwaterbrug, sien ek hoe die geelsand in die Sabierivier onder die sakkende son begin blink. Ons is vrolik – die kampplek is net om die draai en kan ons die tjoppies op die knetterende vuur al ruik.

Met ‘n rondborstige gevoel begin ons kameratoerusting wegpak. Ons dag was volmaak: die Groot Vyf is talle keer op film vasgeprent en het ‘n geheimsinnige Luiperd in ‘n hemelhoë boom ons die heel middag op ons tone gehad. Daar is niks beters wat nog kan gebeur nie…

Ek is verkeerd. Iets flits oor die brug en verdwyn agter ‘n sandbank. Skielik briek die Fortuner onder my boude.

“Luiperd!”

“Wat!?” koor dit om my en ek trek asem in.

SKUKUZA LUIPERD ROL EN SPEEL IN DIE WARM SABIERIVIER SAND
ONDER SABIE LUIPERD OP DIE H4-1 IN DIE WARM NAMIDDAG SABIERIVIER SAND
"PRRR - HANDE SKOONLEK VOOR DIE GROOT VANGS"
“PRRR…” LEKKER ROL EN SPEEL EN KRAP VOOR DIE VANGS VAN DIE NAG

Sowaar – daars “Kolle in die sand”. ‘n Luiperd is besig om te rol en te krap en te speel en homself te groom voor die nag se wilde vangs. Hy moes vanuit sy veilige skuiling gekom het en maak reg om ook sy tjoppie vir die nag te  jag.

 

Moeder Natuur het ons weereens verras en besluit om die hoogtepunt van die dag vir die aand-slot-toneel te bêre. ‘n Volmaakte dag wat agterna nog lank onthou sou word, want voor jy kon se ‘mes’, was al wat ‘n kamera en verkyker is stewig in die hand.

 

DIE NASIONALE KRUGERWILDTUIN bevat groot tuisvelde wat aan al die vereistes van Die Groot Vyf voldoen. Hier inspireer en fassineer die Luiperd jou met sy louter grootte en krag.

Luiperd 071

 

LUIPERD FEITE

SKUKUZA LUIPERD GROOM HAARSELF VOOR DIE VANGS
ONDER SABIE LUIPERD LEK HOMSELF VOOR HY DIE NAG INSTAP

1. Die Luiperd (Panthera pardus) word omtrent 70 – 80cm hoog en kan tot 70kg weeg.

2. Hulle is alleenlopende en geheimsinnige diere.

3. Gewoonlik jag hulle snags, en doen dit deur die prooi in ‘n lokval te lei.

4. Die luiperd se woonplek is in digte bosse, rotsagtige koppies of woude.

5.  Bedags slaap hulle meestal in ruig hoë bome vanwaar hulle die wêreld rondom kan bespied.

 

TYD OM TE GAAN:  Skielik spring die Luiperd op en stap dieper die rivier in. En dit voel asof een van my kinders besig is om my te verlaat…

SKIELIK SPRING SY OP - EN GAAN LE
ONDER SABIE LUIPERD STAP NA ‘N POEL WATER OM TE GAAN DRINK EN OP DIE NOG WARM SAND NEER TE STRYK

Met die blote oog kon ons hom nie meer gewaar, maar het die lens ons verseker daar is nog steeds: “Kolle in die sand.”

Luiperd 065 VollyfLet net op die grootte van die poot voor die luiperd se gesig. Dit kan maklik oor die volle gesig van ‘n mens klem …

Wyshede

WELKOM BY WOORDE VAN WYSHEID

Hier onder is sommige van die foto’s op spokiesnyspoor.wordpress.com met wysheidspreuke

Die meeste gedagtes gaan oor ‘n NUWE BEGIN.  Want voor ons nie leer om te leef vanuit hart en siel, sal die lewe nooit sin maak nie

Indien ‘n spreuk jou hart tref, laat dit toe …  Plak dit op ‘n plekkie totdat die verborge wysheid daarin vervat, jou lewe vorm en lig laat voortspruit

(Fotos deur Blommie)

Blogwysh lovebirds 1

Blogwysh Voels los vlerkeBlogwysh Olifant kleintjie

Blogwysh Koedoe tree in geloof

Blogwysh Volstruis mik hoog

Blogwysh leeu sterkBlogwysh Zebra lat

Blogwysh Bobbejaan deurgedra

Blogwysh Luiperd 1

Blogwysh Voels eie vlerke

Blogwysh Olifante liefde

Blogwysh Jakkals lokval

Blogwysh Sonsopk vier einde

Word vervolg

Kyk gerus onder die hoofbladsy “WYSHEDE” vir nuwe toevoegings

Totsiens, Ma-Renoster

Dis Sondag, die 9de November 2014.

My hande is swaar van die modder soos ek in die mis al langs die gladde krans brose plantjies indruk. Ek sal daarvan hou as bloeisels reg rondom ons houthuisie in die berge blom.

Binne die cabin, moes die foon aanhoudend gelui het, want ek sien hoe manlief daarmee aangedraf kom.

“Iets vreesliks het gebeur, ” fluister Blommie skor. “Vir nou steek ons dit vir my ma weg. Ons wil haar nie ontstel terwyl sy in die ICU lê nie.”

Ek vergeet van die modder. My hart ruk. Nog slegte nuus?

“Hulle het gisteraand ‘n ma-renoster geslag, ” fluister sy en ek hoor diep teleurstelling.  “Die jongeling is vermink, bloeiend agtergelaat, soos hul gevlug het, minus die horings …”

SATARA RENOSTER langs die
EEN OOR OP EN OOR OOR AF – Pasop!”

Almal raak stil. Baie stil. Gaan renosterstropers die laaste sê hê in hierdie geslag van ons? Ons land is in ‘n renoster-oorlog gewikkel waarvan die gevaarligte al hoe helderder skyn.

Selfs die Krugerwildtuin is lank nie meer vir wilde diere ‘n veilige hawe nie.

Of die diere op hierdie fotos vandag nog leef – sou ek self bitter graag wou weet.

In elk geval voel ek nie lus om my emosies daaroor vandag op skrif te stel nie.

BOS-KOLOS langs die
“STOP! – EK WIL EERSTE OOR”  ‘n BOS-KOLOS stap rustig en vreesloos die pad in.  Hulle bestuurvermoë is in vele opsigte soos die van ‘n Taxi.

 

Me Edna Molewa het al in 2013 gesê dat die renosters se groeikoers teen 2015 negatief gaan wees. Dat indien huidige stroping-tempo voortduur, Suid-Afrika se renosterbevolking binne 13 jaar, finaal uitgewis sal wees.

Kyk dus mooi na hierdie foto wat Blommie in 2013 geneem het – dit was dalk die laaste een van diè imposante ou …

UITSONDERLIKE VOORKOMS
                      DIE UITSONDERLIKE BOULYN VAN DIE RENOSTER – STEWIG SOOS ‘N ROTS

Gistermiddag (Dinsdag) tydens my etensuur hoor ek die volgende oor RSG nuus. “Daar is ses stropers vasgetrek in die Phalaborwa-Hoedspruit omgewing.”

Ek frons. Wie weet – dalk is Ma-Renoster nie al een wat gestroop is nie en word die Stroper dalk die gestroopte.

Kol Pieter Lategan, bevelvoerder van die SAPD Eenheid vir Bedreigde Spesies sê: “Soos dit tans lyk, het die renoster nie ‘n kans nie. Die enigste oplossing is om die renostermark met geheime operasies binne te dring, sodat die grootbase wat ager die smokkelary sit, gevang kan word. ”

Renoster tweeling 2

Bontrugwewer

(Veldfeite)

Die Bontrugwewer (Ploceus cucullatus) kan maklik verwar word met die swartkeelgeelvink, maar verkies hierdie geveerde meer subtropiese gebiede.

Twee weke gelede het ons hierdie een opgemerk in die Polokwane Reservaat waar hy ernstig begin swoeg het aan ‘n nuwe nes. Om die twee anker takkies teenmekaar te kon weef, het voorwaar vernuf en stamina vereis.

Toe wys hy vir ons die ‘split’ en die ‘strek’ en die ‘rondomtaliedraai’, onbewus dat elke beweging op film vasgelê word.

Wewer Plk Gallery 2Soms het hy onderstebo gehang maar vlytig bly weef aan die nes-in-wording. Tussendeur word die vlerke pronkerig gewaai soos die hofmakery ook deel van die bouery uitmaak.

Hulle roep is ‘n lieflike, borrelende tjieee tjieee sjrrr, wat met ‘n ongewone hees klank onderbreek word.

BONTRUGWEWER in Polokwane Reservaat Nov 2014
BONTRUGWEWER in Polokwane Reservaat Nov 2014

Van plonsput tot botterspinnekop

(Bos stories)

Rondomtaliedraai vertel van die nuwe Wilde Woordeboek wat  kostelike afrikaanse woorde bevat. Terwyl ek die vervangingswoorde vir “longdrop” lees, raak ek nostalgies en onthou mý ondervinding in so ‘n … plaaspardoems.

LONGDROP VOORBEELD - Internet: Rangitoto Iland
LONGDROP VOORBEELD – Internet: Rangitoto Iland

As skoolkind was my besoek aan die dieptroon gewoonlik vroeg, baie vroeg. Voor ligwording, nog voor ons die halwe kilometer tussen die lande na bo moes deurstrompel teerpad toe. Daar sou ons bibberend wag vir die skoolbus om ons op te pik. Menigmaal het ons afgekom op half gevriesde slange in die bospad wat vroegoggend agter warm sonkolletjies aanseil.

Die gemakgat was nie baie gemaklik nie en koud vir die ontblote boude. Want bo die sinkplate wat pa aanmekaar getimmer het was dit oop en kon die wind selfs van onder jou verras. Daarom het ek dié oggend sommer bloots op my hurke gaan sit, bo-op die plonsput.

Dis toe dat ek die fluisterende kielie-kielie op my boboud gewaar.  Ek frons – is dit verbeelding? Dit voel so liggies, saggies, hier in die  halwe skemerlig. Sonder om te dink vat my hand oor die kielie en ek voel die kraak van ‘n yskoue wawielspinnekop wat perfek in die grootte van my hand pas! Al wat ek verder kan vertel is dat ons albei deur die lug geplons het, soos ek soos wind die plonsput agter my verlaat het …

DIE GOUE WAWIELWEBSPINNEKOP  (Argiope cuspidata)

Die Wawielspinnekop se byt is nie giftig nie, alhoewel baie seer. Inteendeel, daar word vermoed dat die poli-amien toksiene potensieël terapeuties kan wees!

KARONGWE WAWIELSPINNEKOP langs die Makutsi rivier.
KARONGWE WAWIELSPINNEKOP langs die Makutsi rivier

Hulle het stewige, lang, ovaal, duidelike geel-en-swart agterlywe wat met verskillende patrone versier is. Met hulle lang bene kan hulle nogal vreesaanjaend voorkom. Dit is egter net die wyfie wat so groot word en koponderste- bo aan goue drade hang.

Die wawielspinnekop het baie natuurlike vyande en verskeie voëls, ander insekte en ook diere soos blouapies vang hulle.

‘n Nuwe spesie is onlangs ontdek wat as ‘n reus beskou word tussen die web-bewoners “Nephilakomaci.”

Hulle is egter baie skaars en is nog net in KwaZulu-Natal aangetref. Niks is bekend oor die gif van die nephilas vir mense nie. Die spinnekop kom min in aanraking met mense aangesien hulle vinnig wegvlug as gevaar dreig.

SPINNEKOPWEB langs die Makutsi 2013 (Foto: Blommie DMD215)
ANKERDRADE van ‘n spinnekopweb langs die Makutsi rivier 2013.  Let op die grootte van die wyfie reg in die middel van die web.   (Foto: Blommie DMD215)

GOUE WAWIEL-WEBNEPHILAS

As jy van naby na ‘n wawielweb kyk, sal jy dalk ‘n baan sigsagdrade van die middel af sien uitstraal – wetenskaplikes noem dit die stabilementum. Hierdie spinnekop is van ons grootste web-bouers wat met goudkleurige sy spin. Die grootte laat menig wildkykers vries omrede die sydrade besonder sterk is en tot klein voëltjies kan vang. Die wyfe sit gewoonlik heel opvallend in die middel en verlaat nooit die webhuis nie. Daar vang sy  daagliks vlieënde insekte op.

Nou ja, kom ons klim die Jeep en gaan soek botterspinnekoppe. Hoe nou? Nee dankie? Niemand wil saam ry nie?

Jeep Karongwe

Gedurende April span die wyfie haar web oor die pad en kan jy nie waag om sonder ‘n groot tak op die oop Jeep die bosse in te rits nie. Die voorste persoon steek dan die tak vooruit, sodat dit die spinnekop en web voor die tyd opvang en die drade of spinnekop nie binne in iemand se hemp beland nie. Chaos!

Glo my – sekere mense (mans ingesluit) is banger vir so ‘n spinnekop binne die Jeep dan ‘n leeu buite die Jeep. Gillend spring hul af of skuif op, en moet die spinnekop eers gevang word voordat hulle dit waag om terug te klim!

PROOIVANGER 'n Wawielspinnekop spin haar vangs toe om later aan te vreet
PROOIVANGER: ‘n Wawielspinnekop spin haar vangs toe om later aan te vreet

Moet dus asb nie volgende keer uit die Jeep spring wanneer hierdie spinnekop jou boud kielie nie. Hulle is pragtig en skadeloos!

Stem jy?

(Fotos geneem deur Blommie – DMD215)

Vullisverwyderaars van die natuur

Rondomtaliedraai se uitstappie oor die Aasvoëls by die slagpale het hierdie ondervinding in herinnering geroep:

“Hi, pssst! Het julle gehoor, die Mega-pride-wyfies het ‘n kameelperd platgetrek langs die Ntsemani loop… “

“Lets go..o..o!”  Ek voel hoe die warm bosveldwind ‘n paadjie deur my hare kloof terwyl opgewondenheid deur are bruis. Toe ons hulle wel vind, is daar ‘n senuagtigheid te speur tussen die trop, wat kort-kort sal opkyk terwyl hulle aan die karkas vreet.  Skielik vries die oerwoud – want van ver kan jy die gegrom hoor van ‘n ander wilde dier wat nader beweeg: Dis die maanhaarkonings van die oerwoud wat ook oppad is hierheen …

'VERSIGTIG JULLE - HIER KOM PA!"  Leeuwyfies met kroos eet aan 'n platgetrekte kameelperd. Leeumannetjies kan vangs afvat by die wyfies.
‘VERSIGTIG JULLE – HIER KOM PA!” Leeuwyfies met kroos vreet aan ‘n platgetrekte kameelperd. Leeumannetjies kan vangs afvat by die wyfies en kleintjies wat in die pad is dood byt.

Opgewondenheid pluk-pluk aan my hart terwyl die verkyker die toneel hier reg voor my stoep laat afspeel. Alhoewel die bedrywigheid redelik diep in die bos afspeel, bring die lens elke aksie nader.

Heelwat later, terwyl die witson weier om kop te gee, is daar ander bewuswordings in die geheimsinnige ruimte. Dis nie net die leeus wat hier koningkraai nie. Agter die bosse flits rooi strepe verby, soos 2 jakkalse koes-koes wag vir ‘n gaps-kans. Hulle het ook honger kleintjies by die huis.

Ek ruik die reuk van witmis en staar op na die grouwordende hemel. Dan trek ek asem in – ja sowaar – die vullisverwyderaars het gearriveer…

Geruisloos omsingel hul die plek. Swart stil beelde, gesprinkel in geraamte bome. Hulle moes op die warm lugstrome ingevlieg gekom het, agter die reuk van die dood aan.

Aasvoëls.

Vir nou miskien die toonbeeld van geduld, wetende dat hul beurt miskien nie vandag sal kom, of dalk more nie, maar daarna – gaan die vere verseker waai!

'KOM ONS DANK SOLANK VIR DIE KOS."  Die biddende figuur van 'n Satara witrugaasvoël langs die H7.
“ONS Sê SOLANK DANKIE VIR DIE KOS.”  Die geduldige biddende silhoeët van ‘n Satara witrugaasvoël langs die H7

OMTRENT AASVOëLS

Aasvoëls is die begrafnisondernemers van die veld. Wanneer ons sien hoe aasvoëls ‘n dooie karkas aan repe skeur noem ons hulle “vuil”, “sies” en “stink”.  Dis egter nie waar nie.

Navorsing toon dat aasvoëls lief is om te reis. Gemerkte voëls opgemerk in Kimberley kom vanaf die Krugerwildtuin.
Karongwe Private Game Reserve witrugaasvoêl naby Hoedspruit langs die R36

Min mense weet dat aasvoëls dikwels bad nadat hulle klaar gevreet het. In die proses soveel water drink dat hulle soms nie kan opvlieg nie. Selfs die kuikens word baie goed versorg en is hulle lief om in groepe saam te kuier.

Vroegoggend, wanneer die son die aarde begin warm bak, begin aasvoëls met behulp van lugstrome vlieg agter dooie reuke aan. Witrugaasvoëls se oë is besonders skerp en sak gewoonlik eerste toe, raap dan vinnig hulle deel op, voordat die ander groter swart-, krans- en Ruppell aasvoëls opdaag. 50 Witrugaasvoëls kan ‘n rooibokkarkas van 23 kg binne 10 min verskeur.

Die bewaring van aasvoëls het ‘n prioriteit in SA geword. Getalle neem gevaarlik af a.g.v. gifstowwe of kragdrade wat hulle doodskop of versuiping in plaasdamme.

Navorsing toon dat aasvoëls lief is om te reis. Gemerkte voëls opgemerk in die Kimberley omgewing kom van sover af as die Kruger Wildtuin.

STOKNESTE

Stokneste word op ontoeganklike plekke gebou. Bo-op takke van hemelhoë bome. Een wit eier van omtret 215g word uitgebroei.
Stokneste word op ontoeganklike plekke gebou. Bo-op die takke van hemelhoë bome. Een wit eier van omtret 215g word  dan uitgebroei

Terug na ons storie:   Daardie week het die leeus amper drie dae om die beurt aan die kameelperd ge-vreet, voordat hul die karkas wat begin ruik het, halfhartig afgestaan het.

Dit was tyd vir begrafnisopruiming.

Witrugaasvoëls is waarskynlik ons volopste soort,  maar word deur talle bedreigings in die gesig gestaar.
“TYD VIR DUIK!”  Wanneer aasvoëls in vlug na benede val kan hul teen 100kpu afduik

Gewoonlik is ‘n mens se aandag so gevange op die roofdiere, terwyl rondom en bo jou vele interessante stories afspeel.

"SO KAMEELPERDBOUD SMAAK DARM VORENTOE! "  'n Trommeldik Satara leeuin lek haarself skoon op die H7.
“SO KAMEELPERDBOUD SMAAK DARM VORENTOE! “ ‘n Trommeldik Satara leeuin lek haarself skoon op die H7.

Later fotos van die trotse twee spogmannetjies wat met ‘n rits karre agteraan direk op ons afgestap gekom het.

(Fotos geneem deur DMD215 – Blommie)

Proë die wildernis

Drome Visioene en Profetiese Simbole

LEER KEN GOD SE STEM IN JOU DROOM

Die Boek Van Die Aarde

Die Vyfde Epogale Openbaring Vir Ons Dag

Manna Tydskrif's Blog

Just another WordPress.com site

WOORD IN AKSIE - LIMPOPO

DEURBRAAK KAMPE EN GESELSBLOG VIR DIE LIMPOPOSTREEK

heart prints

live the story you want to tell

Hasie Fantasties

The Hippy Bunny

Christastories

"You are never too old to set another goal or to dream a new dream" - C.S Lewis

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Wegkruipplek

Dis hier waar ek kan skryf wat ek wil

Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Raising My Rainbow

Adventures in raising a fabulously gender creative son.

Sonneblomsaadjies

Mag Abba Vader Sy Lig or jou skyn

Sterkloop Properties

Construction and Rental Services

Diary of an Adventurous Retiree

Making the most of the South African Lifestyle

Training for Eternity

Training for Eternity

Woestynkind

Die wandelende opinie

Firewing Photography

Dodging the Crowds, Burning in the Streets

Abrie dink hardop

Jy is wat jy dink - nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is.

Metamorfose vir my Siel

ñ Reis na self ontdekking.... wie weet dalk loop ons mekaar raak.

eggovrou.wordpress.com/

Sprei jou vlerke

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

maletatsi

Just another WordPress.com site

Miya-se-Babbel-Bek-Blog

avontuur - verken - natuur - waag - anders - babbelbek - uniek

Musin' With Susan

Life Through My Lens

hier "blok" ek!

ek "blok" soos ek wil, wanneer ek wil en wat ek wil!

The Psalmist

Psalms and poems of praise to the Lord

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Trommeltjie

Lewenspaaie.

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Lelie van die Veld

Inspirasie vir elke vrou van God. Ons gesels oor vrou-wees, vriendin-wees en Christen-wees.

twee kinders later

'n Doodgewone ma se kaalvoetstories

wildernessie

A wild enquiry | Wilde ontdekking

Fireball

Lukas 10:19 - Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.

Rusplekkies op my Geloofspad

Past. Tommy Lessing se blog

Herriemerrie

Ietsie van alles

Karinsegriffels

Griffels en Tjommels op my eiesoortige manier

Recruit's Story

The Saga Continues..

%d bloggers like this: