Tag Archives: Satara

Skillie Skop Stof

Die Kruger Wildtuin is groen. Tangle-groen.

Satara Maart 2017

Selfs die langbeen-diere sukkel om kop bo gras te hou. Ek sug – die kans vir kolle in die sand of agter welige blare, is skraal. Die bosveld ruik egter vol avontuur.

My oë brand van al die stipkyk, soveel so dat die stoomende stofkol wat in die grondpad na ons aangerol kom spookerig voorkom.

Dis Skillie. En op ‘n mission! Hy marsjeer reguit op my af.

Die kar briek. Skillie bars in my lens in. Donker priemende kraalogies tuur tot diep binne in my siel.

“Waar is die marshmallows?”

“Wat?” skrik ek en tuur terug. Het die kruger-diere hul respek vir mense verloor?

Tandloos en papbek hap hy na my – en wag – en hap weer.

Ek vererg my vir die arrogansie. Ek meen – soek hy dalk ‘n pienke of ‘n witte? Realiteit skop egter in en ek antwoord beslis: “Jammer, ons is gehoorsame burgers, ons voer nie.”

Ons oë gom. Hy wag beslis, ek kliek gewis.

“Is jy verwant aan ‘n denosourus?” vra ek en verkyk my aan sy growwe skilferdobvel.

“Wel … ” skommel hy en lig sy skub-bedekte voorklou, “eet ‘n denosourus marshmallows?”

“Sorry, geen marshmallows,” snork ek en zip die kosmandjie toe.

“Sorry, geen fotos, ” wip hy en zip weg onder sappige groen gras.

Die Kruger is nat en die damme vol.  By die volgende laagwaterbrug woon ‘n mega-skilpadfamilie saam hul aangenome krok-ma.

Ons stop en begin kliek. My lens sien tot binne in die hart van ogies.

“Waars die marshmallows?” koor dit.

“Wat!?” blaas ek verontwaardig. Wat gaan aan met die Kruger diere. Nes die politiek ruk dinge handuit.

Dit voel of 20 paar oë my deurboor. Naby my, heelvoor troon die patriarg.

Hy is aantreklik en glibberig. Spog met 2 geel pêrels op sy onderlip. Deur die lens sien ek hoe die borrels uit sy ronde snoetgate stoot:

“Kom ek vertel jou die geheim …” brom hy onskuldig en swaai sy  volle lyf na my. Ek aanskou dit ondersoekend en skrik vir die vetterige rou wond deur sy dop wat na my gaap. Ek sluk.

“Die geheim is,” kom dit manipulerend, “as die marshmallows volop val, byt die krokodil nie na doppe nie.”

Ek hyg! Rondom raak die veld stil. Die krokodil knipoog na my. Op haar rug gewaar ek ‘n blinkding wat skree: “Help, help!”

Is dit wat mens ‘n Kruger-“bribe” noem? Ek smyt die kamera neer.

En voel  hoe my vingers diep in die sagte marshmallows woel.  Skielik hunker ek na die pienksoet daarvan op my bitter tong …

BRAAIVLEIS, KATOETERS en OLIFANTE

Dis eendeweer in Die Krugerwildtuin met waterstroompies wat oral oor die nog stomende teerpad kabbel. Hier proe jy kultuur, ruik olifantmis en word betower deur die geil bedompige bosveld.

So begin ons eerste dag in die Kruger wat sou strek oor 10 dae. En om ‘n Boskolos te sien wat geruisloos vanuit die ruigtes voor jou verskyn, word ‘n gereelde prentjie wat ek gou gewoond aan sou  raak.

“Olifante!” fluister ek en voel hoe opwinding deur my are bruis.

ORPENHEK OLIFANT op die H7 oppad na Satara, besigtig deur die voorruit.
SATARA OLIFANT op die H7 gesien deur die voorruit.

Soms was ons tussen ander voertuie ingeboks, met ‘n boswa wat getrou agterna stert.  Dan was omdraai of uitswaai nie ‘n vinnige opsie nie.

Hierdie vakansie was voorwaar ‘n olifant-reis. Nog nooit het ek soveel troppe en hordes aanskou, soveel so dat ek my vrees vir olifante te bowe gekom het.

image002
“KOM KOM ROER JULLE BOUDE!” Olifante weet ‘n teerpad spel gevaar. Trompetterend sal hulle mekaar aanjaag.

Miskien het die lenskameratjie (my eerste) daartoe bygedra dat ek begin ophou bewe het. Dié het ek opgewonde op my skoot vasgeklem. Ek wou net kiek – olifantpapbroek of te not!

Na die salige reëns was die veld vrolik en het selfs die kleingoed vrugbaar vermeerder.

'WAG MA, EK WIL EERS BIETJIE SPEEL"
“STADIG MA, DIS LEKKER HIER IN DIE PAD.”  ‘n  Olifantjie trippel vrolik terwyl hy die hitte van die teerpad ontdek

Ma-olifant moes erstig vir hierdie jongeling grom. Die pad het vir hom gevoel na die ideale speelterrein.

“Staan of ek skiet!” beveel ek deur die lens en raak so betower deur ‘n groep spelende olifante by die drinkgat, dat ons glad nie agterkom ons is omsingel. Ander troppe het ook fluisterend nader beweeg om hul beurt by die koel waters af te wag.

Agterna het die manne goed deurgeloop. Moeg van al die kiekery het hul rustig agter in die voertuig begin indut. En ons dog hulle bewaak en bewaar!

VYF FEITE OMTRENT OLIFANTE (Ontmoet Loxodonta africana)

DIE SLURP
DIE SLURP weeg gemiddeld 135 kg en het 150 000 klein spiergroepe

1. Die brein: Is die grootste van enige landdier. ‘n Bul se brein weeg tot 5.4 kg. (Die mens sin weeg 1.5kg.)

2. Die oor: Weeg ongeveer 50kg. (Soveel soos ‘n 14-jarige dogtertjie.)

3. Die stert: Omtrent 1.2m lank. (‘n Veldmuis se stert is omtrent 10cm.)

4. Die poot: Is tussen 40-50cm lank. (Die rekord vir ‘n mens se voet staan op 38cm – die van Brahim Takioullah van Marokko.)

5. Die tande:  Die rekordlengte vir’n olifanttand is 3.49 m.

MODDERBADTYD

Hierdie foto is vir my indrukwekkend. Slurpend het hierdie olifant  homself oor en oor met modder bestook sodat selfs die ooghare afgestroom het daarvan.

Olifant sopnat modder gesig

Die Britse digter John Donne het op ‘n keer oor olifante gesê: “Die natuur se meesterstuk; die enigste skadelose reus.” John Donne se Polo is duidelik nie in die Kruger gerol nie. Tog steek daar waarheid in sy woorde. (Sien treksel en feite: Weg! tydskrif)

OLIFANT BY ... DRINKGAT
KUMANEDAM OLIFANT OP DIE H1-3 WOEL BY DIE WATERGAT  (Jan 2015)

 

TERUG KAMP TOE

Hieronder wei ‘n olifant teen die Satara kampdraad terwyl die son sy laaste goue streep verf. Kan jy hom sien? Ek moes vinnig afneem, want agter my het die hoenderboudjies al lekker gespat op die braaivleisvuur.

SATARA SONSONDERGANG met olifant silhouette
SATARA SONSONDERGANG MET OLIFANT SILHOUETTE

So ‘n onvergeetlike dag kan net met ‘n katoeter in die hand en ‘n knetterende vuurtjie in die wildenis, afgesluit word.

Vullisverwyderaars van die natuur

Rondomtaliedraai se uitstappie oor die Aasvoëls by die slagpale het hierdie ondervinding in herinnering geroep:

“Hi, pssst! Het julle gehoor, die Mega-pride-wyfies het ‘n kameelperd platgetrek langs die Ntsemani loop… “

“Lets go..o..o!”  Ek voel hoe die warm bosveldwind ‘n paadjie deur my hare kloof terwyl opgewondenheid deur are bruis. Toe ons hulle wel vind, is daar ‘n senuagtigheid te speur tussen die trop, wat kort-kort sal opkyk terwyl hulle aan die karkas vreet.  Skielik vries die oerwoud – want van ver kan jy die gegrom hoor van ‘n ander wilde dier wat nader beweeg: Dis die maanhaarkonings van die oerwoud wat ook oppad is hierheen …

'VERSIGTIG JULLE - HIER KOM PA!"  Leeuwyfies met kroos eet aan 'n platgetrekte kameelperd. Leeumannetjies kan vangs afvat by die wyfies.
‘VERSIGTIG JULLE – HIER KOM PA!” Leeuwyfies met kroos vreet aan ‘n platgetrekte kameelperd. Leeumannetjies kan vangs afvat by die wyfies en kleintjies wat in die pad is dood byt.

Opgewondenheid pluk-pluk aan my hart terwyl die verkyker die toneel hier reg voor my stoep laat afspeel. Alhoewel die bedrywigheid redelik diep in die bos afspeel, bring die lens elke aksie nader.

Heelwat later, terwyl die witson weier om kop te gee, is daar ander bewuswordings in die geheimsinnige ruimte. Dis nie net die leeus wat hier koningkraai nie. Agter die bosse flits rooi strepe verby, soos 2 jakkalse koes-koes wag vir ‘n gaps-kans. Hulle het ook honger kleintjies by die huis.

Ek ruik die reuk van witmis en staar op na die grouwordende hemel. Dan trek ek asem in – ja sowaar – die vullisverwyderaars het gearriveer…

Geruisloos omsingel hul die plek. Swart stil beelde, gesprinkel in geraamte bome. Hulle moes op die warm lugstrome ingevlieg gekom het, agter die reuk van die dood aan.

Aasvoëls.

Vir nou miskien die toonbeeld van geduld, wetende dat hul beurt miskien nie vandag sal kom, of dalk more nie, maar daarna – gaan die vere verseker waai!

'KOM ONS DANK SOLANK VIR DIE KOS."  Die biddende figuur van 'n Satara witrugaasvoël langs die H7.
“ONS Sê SOLANK DANKIE VIR DIE KOS.”  Die geduldige biddende silhoeët van ‘n Satara witrugaasvoël langs die H7

OMTRENT AASVOëLS

Aasvoëls is die begrafnisondernemers van die veld. Wanneer ons sien hoe aasvoëls ‘n dooie karkas aan repe skeur noem ons hulle “vuil”, “sies” en “stink”.  Dis egter nie waar nie.

Navorsing toon dat aasvoëls lief is om te reis. Gemerkte voëls opgemerk in Kimberley kom vanaf die Krugerwildtuin.
Karongwe Private Game Reserve witrugaasvoêl naby Hoedspruit langs die R36

Min mense weet dat aasvoëls dikwels bad nadat hulle klaar gevreet het. In die proses soveel water drink dat hulle soms nie kan opvlieg nie. Selfs die kuikens word baie goed versorg en is hulle lief om in groepe saam te kuier.

Vroegoggend, wanneer die son die aarde begin warm bak, begin aasvoëls met behulp van lugstrome vlieg agter dooie reuke aan. Witrugaasvoëls se oë is besonders skerp en sak gewoonlik eerste toe, raap dan vinnig hulle deel op, voordat die ander groter swart-, krans- en Ruppell aasvoëls opdaag. 50 Witrugaasvoëls kan ‘n rooibokkarkas van 23 kg binne 10 min verskeur.

Die bewaring van aasvoëls het ‘n prioriteit in SA geword. Getalle neem gevaarlik af a.g.v. gifstowwe of kragdrade wat hulle doodskop of versuiping in plaasdamme.

Navorsing toon dat aasvoëls lief is om te reis. Gemerkte voëls opgemerk in die Kimberley omgewing kom van sover af as die Kruger Wildtuin.

STOKNESTE

Stokneste word op ontoeganklike plekke gebou. Bo-op takke van hemelhoë bome. Een wit eier van omtret 215g word uitgebroei.
Stokneste word op ontoeganklike plekke gebou. Bo-op die takke van hemelhoë bome. Een wit eier van omtret 215g word  dan uitgebroei

Terug na ons storie:   Daardie week het die leeus amper drie dae om die beurt aan die kameelperd ge-vreet, voordat hul die karkas wat begin ruik het, halfhartig afgestaan het.

Dit was tyd vir begrafnisopruiming.

Witrugaasvoëls is waarskynlik ons volopste soort,  maar word deur talle bedreigings in die gesig gestaar.
“TYD VIR DUIK!”  Wanneer aasvoëls in vlug na benede val kan hul teen 100kpu afduik

Gewoonlik is ‘n mens se aandag so gevange op die roofdiere, terwyl rondom en bo jou vele interessante stories afspeel.

"SO KAMEELPERDBOUD SMAAK DARM VORENTOE! "  'n Trommeldik Satara leeuin lek haarself skoon op die H7.
“SO KAMEELPERDBOUD SMAAK DARM VORENTOE! “ ‘n Trommeldik Satara leeuin lek haarself skoon op die H7.

Later fotos van die trotse twee spogmannetjies wat met ‘n rits karre agteraan direk op ons afgestap gekom het.

(Fotos geneem deur DMD215 – Blommie)