Welkom!

Omtrent ‘Spokie sny spoor’

Dankie vir jou inloer hier by Spokie en Blommie se wilde spore.

Ek, manlief en Blommie is mal oor die ongerepte bosveld asook wolkberglewe in die Limpopo streek van Suid Afrika. Daarom voel ons bevoorreg om toegang tot sulke asemrowende plekke te mag hê en wil jou hartlik nooi om saam te kuier.  Geselsies mag gaan oor die sagste skoenlapper tot die wildste Groot Vyf avontuur.

Blommie is die ranger op die wildbesigtigingsvoertuig asook fotograaf, terwyl ek meer van ‘n griffelaar is – alhoewel amateurs.  Manlief is nog besig om die laaste balke van die cabin tussen bergpieke en klowe bymekaar te sleep, maar weerhou dit ons nie om in oorgawe te koer oor die Limpopo streek met sy botaniese weelde, vakansieplekke en reënwoude, privaat reservate en natuurlik die Nasionale Kruger wildtuin.

Afrikaanse name is belangrik, sodat ons kroontaalwoorde vir die nageslag behoue mag bly.  Ons klets dus oor die Afrikaanse wielewaal tot by die Egyptian cobra (Naja annulifera).  Ek meen – waar kry jy nou aantrekliker woorde dan Knoppiesdoringboom of Saalneusvlermuis.  Aitsa!

Omrede van renosterstropery mag direkte name weerhou word. Gelukkig beinvloed dit nie die geduld van fotos nie. Daarom: slange en plante, diere en miere, klippe en wippe – hier kom ons!

Geniet hierdie woeste ongereptheid saam ons en moet asseblief nie skroom om jou gedagtes daaroor te deel nie. Wie weet, dalk ontmoet ons mekaar in die wildernis…

P1000957 - Copy

 

Advertisements

32 thoughts on “Welkom!”

  1. Ek het nou eers julle blog raakgeloop. Ek het familie daar in Limpopo maar was nog net een keer as klein kind daar – sal so graag weer ‘n slag daar wil uitkom. Ek lees graag oor julle avonture en geniet julle pragtige foto’s.

    Like

  2. Sjoe! Die header van die luiperd is absoluut fantasmagories pragtig hoor! Dit klink asof julle omtrent lekker avonture het en ek is bly ek kan my ‘virtual travelling’ saam julle doen. Dankie vir jou mooie blog hoor! 😀

    Ek stem oor die Afrikaanse name en party is tog te mooi en ander wonder mens waar hul aan die name gekom het. Party laat mens sommer lag van lekkerte. 😀

    Pragtige foto van julle pragtige 3 dames, maar nou is ek nuuskierig. Watter een is jy en wie is die ander twee beauties, en nee, ek gaan nie raai nie! 😆

    Like

    1. Aaha! En hier kom die vroulike nuuskierigheid ook na vore. Jy sal maar my reply op dieselfde vraag vanaf perdebytjie hieronder moet lees.
      Glimlag – nee, ek sal later fotos plaas, beteres asb. Nie hier waar ons hare nog orent staan van olifante wat ons gejaag het nie!
      (By the way – jou taal, Engels en Afrikaans, is uitstekend!)

      Liked by 1 person

      1. hahahah! Ag ja, sal maar my nuuskierigheid in toom hou. 😆

        Jinne, kan dit beter lyk en dit na olifante jul gejaag het? Ek glo nie? Julle lyk heeltemal te skoon en mooi! 😀

        Ag jinne, hoe laat jy my nou bloos. Baie dankie! I wish! Ek is maar ‘n afrikaner en sukkel baie met die ingels, veral as ek nie kan konsentreer nie. Nog ‘n rede hoekom ek jou blog so geniet. Dis tog te lekker om te gesels in my eie taal. 😀 ♥

        Liked by 1 person

    1. Oeee lekker!! Ons is vir 10 dae geboek oor Desember in Satara. En laat weet maar van ‘n vry naweek oop, welkom om saam op die Jeep te kom spring. Ons belowe potjiekos, lekker lodge slaapplek en Groot Vyf besigtiging. (Maak net jul petrolgeldjies bymekaar.)

      Liked by 1 person

      1. 10 dae in Satara oor Desember klink hemels Spokie! Baba rooibokkies, wildebesies en sebratjies orals, groen grasvelde, laatmiddag donderstorms en die skoon sonsopkomste die volgende oggend…

        Hierdie jaar pak ons die wildreservate van Natal aan vir 3 weke oor Kersfees en Nuwe Jaar, voor Joubert volgende jaar met skool begin. Ons begin by Chelmsford naby Newcastle, dan Ithala, Mkhuze, St. Lucia, Umfolozi, Midmar en sluit ons in die Vrystaat af by Golden Gate. Dis nog 2 maande, maar ek begin al pak!

        Groete, Dries

        Like

  3. Dankie newsferret (ons werk nog hard aan die ‘onder konstruksie’). Geniet jul reis en hoop jul kom veilig tuis. Sien uit na jou fotos!

    Like

  4. Môre, ek sien die ander twee poste op julle blog is nog onder konstruksie. En met so ‘n nadraai gedagte ons is nog nie eers drie dae uit Kaapstag weg nie en ek mis klaar die honde, katte en pappagaai. Nog 18 dae van mis hulle wat oorbly.

    Like

    1. Wow! Ook ‘n Bosvelder? Ek sê mos … dalk ontmoet ons mekaar in die wildernis (Laat weet wanneer is jou vakansie, dis tyd dat ‘n olifant jou bietjie jaag …) Hahaha, net ‘n grappie.

      Like

    1. Baie dankie! Jy is die 1ste een op my blog – so iets onthou mens mos altyd. Saalneusvlermuis? – bietjie moeilik om gekiek te kry …

      Like

Gesels asseblief saam ...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Storieklong

Want stories

Raising My Rainbow

Adventures in raising a fabulously gender creative son.

Sonneblomsaadjies

Num 6:25: "Mag die Here Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees." 'n Blog van verskeie saadjies wat God uit genade in my hart geplant het om vrug te dra en om te bied aan 'n donker wêreld. Mag God glimlag oor elkeen wat hierdie blog lees en mag God Sy lig skyn oor elkeen.

Sterkloop Properties

Construction and Rental Services

Diary of an Adventurous Retiree

Making the most of the South African Lifestyle

Training for Eternity

Training for Eternity

Woestynkind

Die wandelende opinie

Firewing Photography

Dodging the Crowds, Burning in the Streets

Abrie dink hardop - jy is wat jy dink

Jy is wat jy dink - nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is.

Metamorfose vir my Siel

ñ Reis na self ontdekking.... wie weet dalk loop ons mekaar raak.

eggovrou.wordpress.com/

Sprei jou vlerke

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

maletatsi

Just another WordPress.com site

Die Wit Hasie

Into The Woods We Go...

Miya-se-Babbel-Bek-Blog

avontuur - verken - natuur - waag - anders - babbelbek - uniek

Musin' With Susan

Life Through My Lens

hier "blok" ek!

ek "blok" soos ek wil, wanneer ek wil en wat ek wil!

The Psalmist

Psalms and poems of praise to the Lord

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Trommeltjie

Lewenspaaie.

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Lelie van die Veld

Inspirasie vir elke vrou van God. Ons gesels oor vrou-wees, vriendin-wees en Christen-wees.

lisa28weekliefie

'n wonderwerk

wildernessie

A wild enquiry | Wilde ontdekking

Skerpioentrapper

Lukas 10:19 - Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.

Rusplekkies op my Geloofspad - Tommy Lessing

Hierdie blog is gevul met Christelike lering, preke en idees om jou geestelik weerbaar te maak in 'n omgewing wat besig is om sy morele rigting te verloor.

Herriemerrie

Ietsie van alles

KleinKittie (alias Karinsegriffels)

Griffels en Tjommels op my eiesoortige manier

Recruit's Story

The Saga Continues..

Daily Manna

By Heart of Worship

Martha L Shaw - Poet, Writer, Artist

In Love Wth The Lord Poetry & Prose

Afrikaans-in-Amerika

Boeremeisie tussen die Yanks

Kom kyk n bietjie hier ....

n ietsie van als, en nog meer

Kouevuur

wat brand in my kop

The WordPress.com Blog

The latest news on WordPress.com and the WordPress community.

Danie Jonker

Met my God spring ek oor 'n muur

houvanblou

My gedagtes soos ek groei, leer en leef.

%d bloggers like this: