Welkom!

Omtrent ‘Spokie sny spoor’

Dankie vir jou inloer hier by Spokie se wilde spore.

Ek en manlief is mal oor die ongerepte bosveld asook wolkberglewe in die Limpopo streek van Suid Afrika. Daarom voel ons bevoorreg om toegang tot sulke asemrowende plekke te mag hê en wil jou hartlik nooi om saam te kuier.  Geselsies mag gaan oor die sagste skoenlapper tot die wildste Groot Vyf avontuur.

Afrikaanse name is belangrik, sodat ons kroontaalwoorde vir die nageslag behoue mag bly.  Ons klets dus oor die Afrikaanse wielewaal tot by die Egyptian cobra (Naja annulifera).  Ek meen – waar kry jy nou aantrekliker woorde dan Knoppiesdoringboom of Saalneusvlermuis.  Aitsa!

Omrede van renosterstropery mag direkte name weerhou word. Gelukkig beinvloed dit nie die geduld van fotos nie. Daarom: slange en plante, diere en miere, klippe en wippe – hier kom ons!

Geniet hierdie woeste ongereptheid saam ons en moet asseblief nie skroom om jou gedagtes daaroor te deel nie. Wie weet, dalk ontmoet ons mekaar in die wildernis…

P1000957 - Copy

Ek en manlief is laag op die aarde en geniet dit om met stukkende mense te werk.

32 thoughts on “Welkom!”

  1. Ek het nou eers julle blog raakgeloop. Ek het familie daar in Limpopo maar was nog net een keer as klein kind daar – sal so graag weer ‘n slag daar wil uitkom. Ek lees graag oor julle avonture en geniet julle pragtige foto’s.

    Like

  2. Sjoe! Die header van die luiperd is absoluut fantasmagories pragtig hoor! Dit klink asof julle omtrent lekker avonture het en ek is bly ek kan my ‘virtual travelling’ saam julle doen. Dankie vir jou mooie blog hoor! 😀

    Ek stem oor die Afrikaanse name en party is tog te mooi en ander wonder mens waar hul aan die name gekom het. Party laat mens sommer lag van lekkerte. 😀

    Pragtige foto van julle pragtige 3 dames, maar nou is ek nuuskierig. Watter een is jy en wie is die ander twee beauties, en nee, ek gaan nie raai nie! 😆

    Like

    1. Aaha! En hier kom die vroulike nuuskierigheid ook na vore. Jy sal maar my reply op dieselfde vraag vanaf perdebytjie hieronder moet lees.
      Glimlag – nee, ek sal later fotos plaas, beteres asb. Nie hier waar ons hare nog orent staan van olifante wat ons gejaag het nie!
      (By the way – jou taal, Engels en Afrikaans, is uitstekend!)

      Liked by 1 person

      1. hahahah! Ag ja, sal maar my nuuskierigheid in toom hou. 😆

        Jinne, kan dit beter lyk en dit na olifante jul gejaag het? Ek glo nie? Julle lyk heeltemal te skoon en mooi! 😀

        Ag jinne, hoe laat jy my nou bloos. Baie dankie! I wish! Ek is maar ‘n afrikaner en sukkel baie met die ingels, veral as ek nie kan konsentreer nie. Nog ‘n rede hoekom ek jou blog so geniet. Dis tog te lekker om te gesels in my eie taal. 😀 ♥

        Liked by 1 person

    1. Oeee lekker!! Ons is vir 10 dae geboek oor Desember in Satara. En laat weet maar van ‘n vry naweek oop, welkom om saam op die Jeep te kom spring. Ons belowe potjiekos, lekker lodge slaapplek en Groot Vyf besigtiging. (Maak net jul petrolgeldjies bymekaar.)

      Liked by 1 person

      1. 10 dae in Satara oor Desember klink hemels Spokie! Baba rooibokkies, wildebesies en sebratjies orals, groen grasvelde, laatmiddag donderstorms en die skoon sonsopkomste die volgende oggend…

        Hierdie jaar pak ons die wildreservate van Natal aan vir 3 weke oor Kersfees en Nuwe Jaar, voor Joubert volgende jaar met skool begin. Ons begin by Chelmsford naby Newcastle, dan Ithala, Mkhuze, St. Lucia, Umfolozi, Midmar en sluit ons in die Vrystaat af by Golden Gate. Dis nog 2 maande, maar ek begin al pak!

        Groete, Dries

        Like

  3. Dankie newsferret (ons werk nog hard aan die ‘onder konstruksie’). Geniet jul reis en hoop jul kom veilig tuis. Sien uit na jou fotos!

    Like

  4. Môre, ek sien die ander twee poste op julle blog is nog onder konstruksie. En met so ‘n nadraai gedagte ons is nog nie eers drie dae uit Kaapstag weg nie en ek mis klaar die honde, katte en pappagaai. Nog 18 dae van mis hulle wat oorbly.

    Like

    1. Wow! Ook ‘n Bosvelder? Ek sê mos … dalk ontmoet ons mekaar in die wildernis (Laat weet wanneer is jou vakansie, dis tyd dat ‘n olifant jou bietjie jaag …) Hahaha, net ‘n grappie.

      Like

    1. Baie dankie! Jy is die 1ste een op my blog – so iets onthou mens mos altyd. Saalneusvlermuis? – bietjie moeilik om gekiek te kry …

      Like

      1. Jare gelede het die meisies autograph books gehad waarin maats boodskappe geskryf het, een daarvan was “by hook or by crook I will be first in your book”
        Ek voel ge”eerd!

        Like

Leave a reply to de Wets Wild Cancel reply

Proë die wildernis

Drome Visioene en Profetiese Simbole

LEER KEN GOD SE STEM IN JOU DROOM

Die Boek Van Die Aarde

Die Vyfde Epogale Openbaring Vir Ons Dag

Manna Tydskrif's Blog

Just another WordPress.com site

WOORD IN AKSIE KAMPE - LIMPOPO

WEGBREEK NAWEEKKAMPE OP 'N GENESINGSPLAAS

heartprints

live the story you want to tell

Christastories

"You are never too old to set another goal or to dream a new dream" - C.S Lewis

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Wegkruipplek

Dis hier waar ek kan skryf wat ek wil

Lekkervurigeaffêre

Vlammetjies vreugde en verdriet en so aan, en nee dis nie oor jou nie!

Raising My Rainbow

Adventures in raising a fabulous gender creative son.

Sonneblomsaadjies

Mag Abba Vader Sy Lig or jou skyn

Sterkloop Properties

Construction and Rental Services

Diary of an Adventurous Retiree

Making the most of the South African Lifestyle

Training for Eternity

Training for Eternity

Woestynkind

Die wandelende opinie

Abrie dink hardop

Jy is wat jy dink - nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is.

Metamorfose vir my Siel

ñ Reis na self ontdekking.... wie weet dalk loop ons mekaar raak.

eggovrou.wordpress.com/

Sprei jou vlerke

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

maletatsi

Just another WordPress.com site

Miya-se-Babbel-Bek-Blog

avontuur - verken - natuur - waag - anders - babbelbek - uniek

Musin' With Susan

Life Through My Lens

The Psalmist

Psalms and poems of praise to the Lord

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Trommeltjie

Lewenspaaie.

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Lelie van die Veld

Inspirasie vir elke vrou van God. Ons gesels oor vrou-wees, vriendin-wees en Christen-wees.

twee kinders later

'n Doodgewone ma se kaalvoetstories

wildernessie

A wild enquiry | Wilde ontdekking

Rusplekkies op my Geloofspad

Past. Tommy Lessing se blog

Herriemerrie

Ietsie van alles

Karinsegriffels

My Griffels en Skryfsels

Ilze Gopal | My Denke

Natural Bipolar Poetry

Recruit's Story

The Saga Continues..

Daily Manna

By Heart of Worship

Martha L Shaw - Poet, Writer, Author, Artist

In Love Wth The Lord Poetry & Prose

Afrikaans-in-Amerika

Boeremeisie tussen die Yanks

Kouevuur

wat brand in my kop

WordPress.com News

The latest news on WordPress.com and the WordPress community.

Danie Jonker

Met my God spring ek oor 'n muur

houvanblou

My gedagtes soos ek groei, leer en leef.