Omtrent ‘Spokie sny spoor’
Dankie vir jou inloer hier by Spokie se wilde spore.
Ek en manlief is mal oor die ongerepte bosveld asook wolkberglewe in die Limpopo streek van Suid Afrika. Daarom voel ons bevoorreg om toegang tot sulke asemrowende plekke te mag hê en wil jou hartlik nooi om saam te kuier. Geselsies mag gaan oor die sagste skoenlapper tot die wildste Groot Vyf avontuur.
Afrikaanse name is belangrik, sodat ons kroontaalwoorde vir die nageslag behoue mag bly. Ons klets dus oor die Afrikaanse wielewaal tot by die Egyptian cobra (Naja annulifera). Ek meen – waar kry jy nou aantrekliker woorde dan Knoppiesdoringboom of Saalneusvlermuis. Aitsa!
Omrede van renosterstropery mag direkte name weerhou word. Gelukkig beinvloed dit nie die geduld van fotos nie. Daarom: slange en plante, diere en miere, klippe en wippe – hier kom ons!
Geniet hierdie woeste ongereptheid saam ons en moet asseblief nie skroom om jou gedagtes daaroor te deel nie. Wie weet, dalk ontmoet ons mekaar in die wildernis…
Ek en manlief is laag op die aarde en geniet dit om met stukkende mense te werk.
Het moe fantastisch zijn al die mooie dingn te kunnen ontdekken
LikeLike
Dit is so lekker om te sien dat ander ook so lief vir Afrikaans skryf is! Sien uit om jou stories te lees!
LikeLike
Ek het nou eers julle blog raakgeloop. Ek het familie daar in Limpopo maar was nog net een keer as klein kind daar – sal so graag weer ‘n slag daar wil uitkom. Ek lees graag oor julle avonture en geniet julle pragtige foto’s.
LikeLike
Danie jou follow Christina, dink ons gaan mekaar baie geniet!
LikeLiked by 1 person
Ditto, dankie ook vir jou follow.
LikeLike
Sjoe! Die header van die luiperd is absoluut fantasmagories pragtig hoor! Dit klink asof julle omtrent lekker avonture het en ek is bly ek kan my ‘virtual travelling’ saam julle doen. Dankie vir jou mooie blog hoor! 😀
Ek stem oor die Afrikaanse name en party is tog te mooi en ander wonder mens waar hul aan die name gekom het. Party laat mens sommer lag van lekkerte. 😀
Pragtige foto van julle pragtige 3 dames, maar nou is ek nuuskierig. Watter een is jy en wie is die ander twee beauties, en nee, ek gaan nie raai nie! 😆
LikeLike
Aaha! En hier kom die vroulike nuuskierigheid ook na vore. Jy sal maar my reply op dieselfde vraag vanaf perdebytjie hieronder moet lees.
Glimlag – nee, ek sal later fotos plaas, beteres asb. Nie hier waar ons hare nog orent staan van olifante wat ons gejaag het nie!
(By the way – jou taal, Engels en Afrikaans, is uitstekend!)
LikeLiked by 1 person
hahahah! Ag ja, sal maar my nuuskierigheid in toom hou. 😆
Jinne, kan dit beter lyk en dit na olifante jul gejaag het? Ek glo nie? Julle lyk heeltemal te skoon en mooi! 😀
Ag jinne, hoe laat jy my nou bloos. Baie dankie! I wish! Ek is maar ‘n afrikaner en sukkel baie met die ingels, veral as ek nie kan konsentreer nie. Nog ‘n rede hoekom ek jou blog so geniet. Dis tog te lekker om te gesels in my eie taal. 😀 ♥
LikeLiked by 1 person
Amazing blog! You capture South African bushveld beauty so brilliantly.
LikeLike
Thanks a lot, cocoaupnorth. Pleasure meeting you. Love your blog too, and will visit soon …
LikeLike
Ek het op Blommie Jeep foto geklik, aai dit lyk lekker!
LikeLike
Laat weet as jy weer SA toe kom, dan gooi ons jou ook op die Jeep om saam te ry … bring jou kamera saam.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek gaan hierdie blog geniet….
LikeLike
Jy is baie welkom bulldog, dankie die belangstelling. Daardie blog van jou is net so smart. Voorwaar gaan ons nog lekker saamkuier!
LikeLike
Sjoe – klink hemels! Sien sommer al klaar uit na al ons fotos wat ons op die blogs gaan strooi …
LikeLike
Ek kan sien ons gaan mekaar nog iewers in die Wildtuin raakloop, wonder net of ons mekaar sal herken.
En ek kan sien hier by julle blog gaan ons nog baie kom uitspan!
LikeLike
Oeee lekker!! Ons is vir 10 dae geboek oor Desember in Satara. En laat weet maar van ‘n vry naweek oop, welkom om saam op die Jeep te kom spring. Ons belowe potjiekos, lekker lodge slaapplek en Groot Vyf besigtiging. (Maak net jul petrolgeldjies bymekaar.)
LikeLiked by 1 person
10 dae in Satara oor Desember klink hemels Spokie! Baba rooibokkies, wildebesies en sebratjies orals, groen grasvelde, laatmiddag donderstorms en die skoon sonsopkomste die volgende oggend…
Hierdie jaar pak ons die wildreservate van Natal aan vir 3 weke oor Kersfees en Nuwe Jaar, voor Joubert volgende jaar met skool begin. Ons begin by Chelmsford naby Newcastle, dan Ithala, Mkhuze, St. Lucia, Umfolozi, Midmar en sluit ons in die Vrystaat af by Golden Gate. Dis nog 2 maande, maar ek begin al pak!
Groete, Dries
LikeLike
hi Spokie!
Gaan loer asb by my laaste inskrywing van vandag, daar is ietsie daar vir jou!
LikeLike
Dankie – ek gaan gou loer …
LikeLiked by 1 person
lol moes wees 😆 hehe,sukkel maar soms met tegnologie!
LikeLike
Ons gaan lekker saam met jou kuier!Ek is “by hook or by crook,fourth in your book” ;lol;
LikeLike
Hehe, dis maar net omdat ek gister nie by jou blog kon inkom nie, het nog gesukkel. Is bly jy’t my gevind!
LikeLiked by 1 person
Dankie newsferret (ons werk nog hard aan die ‘onder konstruksie’). Geniet jul reis en hoop jul kom veilig tuis. Sien uit na jou fotos!
LikeLike
Môre, ek sien die ander twee poste op julle blog is nog onder konstruksie. En met so ‘n nadraai gedagte ons is nog nie eers drie dae uit Kaapstag weg nie en ek mis klaar die honde, katte en pappagaai. Nog 18 dae van mis hulle wat oorbly.
LikeLike
Lekker man. Dis so lekker om in Afrikaans te kan skryf. Dit hou my Afrikaans ook aan die gang hier in die vreemde! Was jare lank n Bosvelder!
LikeLike
Wow! Ook ‘n Bosvelder? Ek sê mos … dalk ontmoet ons mekaar in die wildernis (Laat weet wanneer is jou vakansie, dis tyd dat ‘n olifant jou bietjie jaag …) Hahaha, net ‘n grappie.
LikeLike
Ja, maak maar grappies! Olifante (eintlik renoster) avontuur kom nog voor!
LikeLike
Annerste paradys waar jy lewe! Sal graag wil sien hoe lyk die saalneusvlermuis.
LikeLike
Baie dankie! Jy is die 1ste een op my blog – so iets onthou mens mos altyd. Saalneusvlermuis? – bietjie moeilik om gekiek te kry …
LikeLike
Jare gelede het die meisies autograph books gehad waarin maats boodskappe geskryf het, een daarvan was “by hook or by crook I will be first in your book”
Ek voel ge”eerd!
LikeLike