Wyshede wat die siel troos

Fotos het nie almal ‘n spesiale plekkie
Vertoon soms selfs nutteloos
Maar wanneer jy diep kyk
Bevat elkeen ‘n wysheid
Dra elke dier ‘n roepstem
En gedagtes vir ‘n nuwe begin

Leer saam my by die diere …

Die fotos is geneem deur Blommie – ons fotograaf
En is die wyshede spesiaal vir jou geskryf
Ek glo dat ten minste één vandag jou behoefte sal aanspreek …

Aasvoel wysheid vlerkspan

Seekoei Wysheid opborrel

Dikkop wysheid nederigheid

Voeltjie wysheid Intimiteit

Naaldekoker rooi wysheid

Seekoeie wysheid spoeggeveg

Renoster wysheid voetstappe

Rooibokke wysheid luister

Hamerkop wysheid inbors

Leeu wysheid roos

Bosveld visvanger wysheid kleur

Sonsonder nuwe dag wysheid

Ek wens jou alles van die beste toe
Mag vandag vir jou ‘n nuwe begin wees
Reik uit – daars iemand wat kan help

Liefdetjies – Spokie

52 thoughts on “Wyshede wat die siel troos”

  1. Ek beplan om al hierdie foto’s met byskrifte uit te druk en ‘n mooi muurbehangsel daarmee te maak. Hulle bring Afrika, inspirerend terug in my huis in! Dankie 😘.

    Like

    1. Ja Tokeloshe, dit is nogal moeilik om ‘n naaldekoker af te neem. Hul sit nie stil nie en moet mens baie geduld hê. Hierdie een se rooikleur is ook nogal vir my besonders.

      Lekker dagie vir jou …

      Liked by 1 person

  2. Soos gewoonlik is dit fantastiese foto’s Spokie en ek is mal oor die woorde wat jy bygeplaas het. Absoluut inpsirerend en ek kan nie eers sê watter een is die mooiste nie, want almal spreek tot my. Dankie, ek het dit nodig gehad en dis waar wat jy sê oor ‘uit reik’ – daar is altyd iemand wat kan of wil help. 😀

    Liked by 1 person

    1. Oehoe!! So bly jy is terug. Sies man – het jou baie gemis. Wel, ten minste sien ek jy het ‘n nuwe ‘baby’ bygekry op jou blog. Al weer ouma geword op daai werf van jou.
      Dankie jou volledige kommentaar. Waardeer.

      Liked by 1 person

      1. LOL! Jy’s laf Spokie, maar dankie en ek is bly om dit te hoor .. as ek dit kan glo. 😛

        Ja jinne, en ek dink dis die naaste wat ek ooit aan ‘ouma’ sal kom, maar ek kla nie. Vandag se lewe is so duur en die kinders kan skaars vir hulself sorg, wat te sê van ‘n vrou en ‘n baba? Nee wat, dan is die aapkinders beter. Hul kos ook baie minder as babas. 😆

        Dis ‘n plesier. Jy sal sien ek val maar so in en uit. Sukkel bietjie met die bloeddruk – raak mos oud jongie – en nouja, met menopause by is dit bietjie erger. Ek soek nog vir Adam. Wil sy strot uitruk. 😛

        Like

        1. Hehehe, ja toemaar, jou aapkinders is die einste waarna ek verwys. Te pragtig. Ek het ook nogal daai gevoel van wanneer kinders gebore moet word, wonder ek of hul ooit weet wat vir hul in hierdie ou lewe wag. (Maar mag mens seker nie so negatief daaroor dink nie.) Die lewe is wreed.

          Ons is seker maar almal deur diep dinge … (Hou maar jou bloeddruk dop en pas jouself mooi op.)

          Liked by 1 person

          1. LOL! Dankie tog! Ek sien nie kans nou vir kleinkinders nie en toemaar, jy is nie die enigste een nie. En dis niks negatief nie. Mens moet tog realisties wees en jy is reg, maar nie die lewe nie … mense is wreed.

            Dis verseker en ‘n feit soos ‘n koei … soos my manlief altyd sê en dankie, ek sal. Kyk mooi na jouself ook. 😀 ♥

            Like

    1. Hoor hier – daars niks fout om net ‘n seekoei se ore af te neem nie. Solank mens net die oorhare en waterdruppels daarop mooi kan sien, spreek enige dierfoto!

      In elk geval hou jou gladde pen en intelligente brein daai blog van jou goed aan die gang …

      Like

      1. So iets?

        Uitgevang op die Hoodia plant … Nou weet ons hoekom miere sulke skraal lyfies he!

        *
        Okkie

        Van: Spokie sny Spoor
        Gestuur: ‎Dinsdag‎, ‎17‎ ‎Februarie‎ ‎2015 ‎11‎:‎01‎ ‎VM.
        Aan: Okkie Jansen van Vuuren

        Spokie sny spoor commented: “Hoor hier – daars niks fout om net ‘n seekoei se ore af te neem nie. Solank mens net die oorhare en waterdruppels daarop mooi kan sien, spreek enige dierfoto! In elk geval hou jou gladde pen en intelligente brein daai blog van jou goed aan die gang …”

        Liked by 1 person

  3. Ja Okkie, ek het al gesien die voëls is ook lief om hul neste bo-op die telefoondraadpale te bou. Ek glo goed orange driehoeke sou werk. Gelukkig is daar vandag minder telefoondrade noudat selfone inkom. Dankie jou inloer.

    Like

    1. Snaaks genoeg ek wou aanmekaar die woorde verander van “Soms skilder liefde in kleur” – was bang dis nie verstaanbaar nie, en tog het iets my heeltyd gekeer. Eks bly! Dan was dit spesiaal vir jou geskryf.

      (Gelukkig sien ek hier bo jy verstaan dis nie ek wat wil weggaan nie)

      Liked by 1 person

  4. Jou fotos is soos gewoonlik pragtig. Dis net jou en Perdebytjie wat ek in my epos kry, ek neem afskeid van WP blogs. My tyd het aangebreek en ek is gatvol vir trolle van toeka se tyd wat my nou maar netnie kan uitlos nie…

    Liked by 1 person

        1. As ek dit reg het, kan ‘n mens by WP so ‘n persoon blok. Jy kan hom selfs aangee by WP. Vraa bietjie vir Xena (herriemerrie.wordpress.com), sy is baie slim met hierdie dinge.
          Ons kan nie dat een persoon ons vreugde steel nie.

          Like

    1. Ai Melouisef, eks nie seker waaroor jy so voel nie, ekself is seker nog te kort hier op WP. Maar het ek jou mediese artikels baie baie interessant gevind. Daar is nie baie wat daaroor kan blog nie. Ons waardeer jou kennis.

      Ek hoop perdebytjie verstaan meer en kan jou keer …

      Liked by 1 person

        1. As die persoon elke keer met dieselfde naam blog of ‘n unieke epos adres het, kan jy haar direk spam. Gaan na Instellings, Bespreking. Jy kan ook daar jou blog stel dat net mense wat geregistreer is by jou kan kommentaar lewer.

          Like

          1. Nee ek weet wie die persoon is en dis nie n blogger nie. Ek het haar kommentaar goedgekeur maar nie beantwoord nie. Net vir haar n kort mail gestuur en gese haar eposadres wys as sy kommentaar lewer 😊

            Like

            1. Ek weet dis nie maklik nie Fletch en ek kry ook gereeld sulke goggas wat simpel boodskappe los, maar het al geleer om hul te ignoreer en ek plaas glad nie hul kommentaar nie. Ek stuur dit direk na die spam folder toe. Hier is te veel van ons wat jou blog geniet. Laat daai een gorrel as sy wil. Dis net jaloesie, die simpel ding. Ons gaan jou te veel mis, so moenie dat mense soos sy jou omkrap nie. ♥ Hugs ♥

              Liked by 1 person

              1. As jy Microsoft office se e-pos program gebruik kan jy irritasies soos die outomaties hanteer.

                Skryf ‘n rule dat as enige pos inkom van die idioot dat die program dit outomaties gelees merk en outomaties as spam hanteer dit by die diensverskaffer rapporteer en delete uit jou inbus

                *
                Okkie

                Van: Spokie sny Spoor
                Gestuur: ‎Dinsdag‎, ‎17‎ ‎Februarie‎ ‎2015 ‎06‎:‎53‎ ‎VM.
                Aan: Okkie Jansen van Vuuren

                Sonel commented: “Ek weet dis nie maklik nie Fletch en ek kry ook gereeld sulke goggas wat simpel boodskappe los, maar het al geleer om hul te ignoreer en ek plaas glad nie hul kommentaar nie. Ek stuur dit direk na die spam folder toe. Hier is te veel van ons wat jou blo”

                Like

  5. Die aasvoël laat my dink aan die sonde wat ons gehad het om te keer dat hul in die foondrade vasvlieg. Op die ou end het ons kliente gevra om plekke uit te wys waar dit gebeur en toe het ons oranje plastiek driehoeke en ou tennisballe aan die drade gesit. Gelukkig werk dit soos ‘n bom.

    *
    Okkie C. Jansen van Vuuren
    Hoopstraat 14 Kuilsrivier 7580
    vvuureoc@outlook.com
    0219063652
    0761044013

    Van: Spokie sny Spoor
    Gestuur: ‎Donderdag‎, ‎12‎ ‎Februarie‎ ‎2015 ‎11‎:‎02‎ ‎VM.
    Aan: Okkie Jansen van Vuuren

    Spokie sny spoor posted: “Fotos het nie almal ‘n spesiale plekkie Vertoon soms selfs nutteloos Maar wanneer jy diep kyk Bevat elkeen ‘n wysheid Dra elke dier ‘n roepstem En gedagtes vir ‘n nuwe begin Leer saam my by die diere … Die fotos is geneem deur Blommie – ons f”

    Liked by 1 person

Gesels asseblief saam ...