5 Days of Black and White – Day 4 – Big Five

Baie dankie aan Rondomtaliedraai en Scrapydo vir hierdie uitdaging.  Waar ek eers nie kans gesien het hiervoor, het ek op die ou einde dit vreeslik geniet.

The two rules of this challenge are easy to follow:
1) Post a black & white photo daily for 5 days.
2) Invite someone different to participate each day.

Die vierde blogger wat ek nomineer is: “Vir jou.”
Ek is nie seker of hierdie challenge nog aktief is nie, maar wil jou uitdaag om jou fotos in swart-en-wit te vertoon. Jy sal dit vreeslik geniet!

Onthou ons afrikaners moet darm Afrikaans ook hoog hou. Hoera dus vir blogs in afrikaans! (Dankie ook aan ons engelse vriende wat ondersteun.)

B & W Luiperd

Lekker griffel en rondplak met jou fotos …

32 thoughts on “5 Days of Black and White – Day 4 – Big Five”

    1. Dankie perdebytjie. So opgewonde om jou fotos te sien. B&W laat mens weer en weer kyk na prente op ‘n ander manier. (Dankie jou opmerking oor my logo/Header. Hulle randomize, so sal nie weet watter een jy gesien het nie.)

      Liked by 1 person

      1. Ek het eintlik daardie spoortjie met jou naam(wat jy op jou foto’s plaas)bedoel.Dis soos jou eie persoonlike stempeltjie.

        Like

        1. O ja – baie dankie. Jong, iemand van ‘n card-company wat nie ‘n blog het nie, het ingeskryf op my blog. Ek dink hul is agter my spreuke en fotos aan. Jy moet ook maar versigtig wees. Dit pla nie, maar sou ek verkies iemand vra darm toestemming om jou fotos te steel … ons sal dit egter nie kan beperk nie.

          Like

          1. Hoe sal mens in elk geval weet as hulle dit gesteel het,behalwe as mens toevallig daarop afkom.Ai tog,die skelms.Dis tog ons persoonlike spasie en nou grawe hulle hier ook rond!

            Liked by 1 person

      1. Ja, ek ook nie maar ons kan seker maar droom né? Dis in elk geval ook nie veilig vir die apies om gesoen te word nie, tensy dit deur hul eie soort is, want hulle kan baie siek raak van ons kieme.

        O ja, weet ek dit nie! 😆 Ek het blouapies en bobbejaantjies grootgemaak en gerehabiliteer toe ek by ‘n veearts in Lichtenburg gewerk het. Daar was enetjie was so geniepsig was en ons het hom Flash genoem, omdat hy so vinnig was om te knyp. LOL! Die dierbaarste klein dingetjie. 😀

        Liked by 1 person

    1. Aardeland – die Luiperd se koppie krap? Nee wag, bly liewers veilig in die stad, glo nie ek moet jou saamvat op die wildbesigtigingsvoertuig nie. Net een pluk, en daai luiperd trek jou agterkopvel oor jou oë – en dis nou rerig!

      Like

      1. Ek het ook gewonder hoe naby ‘n mens moet staan om so ‘n mooi foto te neem. Ek sal dit liewer nie waag met my mik-en-druk kameratjie nie. Uitstekende foto.

        Like

        1. Die luiperd was glad nie so naby nie, Hester. Is maar die lens wat sy kant bring . Gewoonlik sit hul hoog in die boom agter blare en is baie sku. Die blote oog sien nie maklik. Dit vra baie geduld. Wanneer hul uitkoekeloer of omdraai in hul slaap, dis dan wanneer jy vinnig moet kiek! Dan slaap hul verder …

          Like

Gesels asseblief saam ...