My ouma is bosbevange. Olifantmis gee haar adrenalien. Sy hou daarvan om spoor te sny agter wilde diere aan en onder ‘n sterrehemel te kamp. Maak nie saak of daar warm badwater is nie, solank naguiltjies haar en oupa bekoor, is hul sielsgelukkig.
My pa en ma is stadsjapies. Hulle haat kamp en ‘n koue bad. Hul verkies om deur netjiese geriewe omring te word en dra my pa ‘n wit jas as hy chef speel. Sy Jamie Oliver potte is blink gepoets terwyl my ouma se driepootpot op die vuur swart roet stook.
My ma en pa is sielsgelukkig wanneer die atmosfeer met roosreuk, sekuriteit en dettol bedruip is. Hulle meen die bos is onveilig en wild en kreukel neus vir renostermis.
My ouma plant madeliefies rondom die krans wat haar houthuisie omsoom en ril nie vir moddernaels of slierthare in misreën nie.
My pa hou van IT-werk en tegnologie en verkies geskropte naels en ‘n stywe kuif. Hy dink ouma is lotjie-getik. Sy Toyota se malvarooi word blink gepoets en ruik na sta-soft en my ouma se 4×4 ploeg in die kloof rond en ruik na olie en rooistof.
Maar wat het dit met mý te doen? Baie! Pa en ma kan nie wag om my perfek gestrykte hempies oop te vou nie en ouma kan nie wag om my kaalboud in modderpoele saam vlinders langs wattervalletjies te laat rondwoel nie. (Sug.) Pa rol oë. Hier kom sports!
My ma en oupa verkies om nie kant te kies nie. Peetma-Blommie besef daar is geen bridge te vind over troubled waters.
Aangename kennis: My naam is Riekert. Op 12/3/15 was ek 14 weke oud. My voetjie 1.47 cm lank en my hartklop 154bpm.
“Rerig?” vra ouma geskok. Dis nou oor die bpm.
“Stadig Riekinkie,” kommer ouma. “Dis normaal,” troos ma. Tegnologie slaat ouma dronk.
My pa noem my ‘n wonderwerk. ‘n Dief wou my steel en my ouers onvrugbaar laat.
Eendag het ouma, wat al jare wag om Oumie te word, my pa en ma gegryp, hul voor ‘n Godsman gestoot en pa gewys om te praat. My pa skrik en vertel die man alles wat die dokters sê. Toe plaas hy sy hand op my ma se maag en bid vir haar. Sy opdrag was dat ons ‘n seisoen moes wag of hom moet epos as niks gebeur. Toe gebeur dit net so!
Dit het my ma en pa se siening omtrent God verdiep. Ouma glimlag in die geheim. My pa dra hierdie prent op sy Facebook hoofblad:
Amper was ek nie gewees nie …
Ek hét al hierdie een gelees, maar wéér was hy vir my só mooi. Behalwe vir die baba deel is die bosdeel só mooi. Kleinding, ek en jou ouma sal goed regkom. 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie Toorts, ja – bosse en kleinkinders. Wat wil ons nou meer vra …
LikeLiked by 1 person
Van harte proficiat.
LikeLike
Baie baie geluk. Ek is seker hy sal groot vreugde na julle lewens bring.
LikeLike
BAie dankie Xena. Ek waardeer jou gelukwensing.
LikeLike
Liewe Riekert, ek is BAIE bly oor jou, wonderwerk en al! 🙂
Maar as ek jou foto’tjie so kyk, lyk dit my jy gaan tog te lekker kuier by jou ouma, jy sal haar taal verstaan. Lyk my jy is juis nou ook kaalboudjies… so kaalboudjies in die modder sal nie vir jou vreemd wees nie. 🙂
Jy moet vasklou daar waar jy is, hoor!
LikeLiked by 1 person
Jys reg! Riekert is mos klaar kaalboudjies. Dankie jou kommentaar.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk. Eks seker Riekert gaan sy aandeel in albei kampe lewer.
LikeLike
Dankie vir jou inloer hier, Olga!! Waardeer. Bly jou PC is weer reg.
LikeLike
Dit klink of Riekert net die beste van altwee wêrelde gaan hê. Niks verkeerd met ‘n lekker warm bad en jou eie bed nie. So lief as wat ek vir die natuur is, is ek nie die kampeerder soort nie. Gee my dan eerder ‘n luukse motorhome. hahahah! Daar is ook niks fout met moddernaels en nat hare van in die reën loop nie. Niks lekkerder as dit. Jou ouma klink na ‘n dierbare mensie. Bly daar is nog mensies soos sy. 😀
Baie, baie geluk Trienie en mag klein Riekert vir julle sommer baie vreugde en liefde bring. 😀 ♥
LikeLike
Dankie jou gelukwensing oor Riekert, Sonel. Toemaar – daar is werklik niks so niks soos ‘n lekker warm bad en jou eie bed. Ek hou van kamp, maar ook nie weke aanmekaar nie … Lekker dagie vir jou.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Wat ‘n verassing!
Pragtig geskryf, Riekert is ‘n gelukige knapie, hy gaan a wonderlike avontuurvolle lewe hê met so ‘n wonderlike ouma.
LikeLike
Hi Tokeloshe. Dankie jou kommentaar op Riekert. Jy’s bietjie stil aan daardie kant?
LikeLiked by 1 person
Jou lucky fish! Baie geluk!
LikeLike
Dankie vir gelukwensing op Riekert wat oppad is. Wel, so sorg ons dat die Herders altyd werk het … Wys net, die een kannie sonder die ander.
LikeLiked by 1 person
Nou weet ek waar jy jou liefde vir die natuur gekry het…. ouma se kind 🙂
Geluk, dit is die lekkerste lekker om ouma te wees. Hopenlik aard Riekert ook na sy ouma…. of gaan hy IT kind wees met geskropte naels?
LikeLike
Dankie jou inloer Kameel. Ja nee, ek kan nie wag vir kleinding Riekert se aankoms.
LikeLike
Spokie, dankie vir jou dierbare voorstelling van Riekert aan ons…😘. Hy begeester jou al klaar! 🙏…voorspoed en vrede vir julle.
LikeLike
Dankie Sneeuvlokkie! Lekker om jou hier te sien. Ja, eks nogal baie opgewonde oor Riekert. Ek glo hy gaan my lewe ten goede verander… Groete aan manlief en kinders. Mis julle.
LikeLike
Uiteindelik Spokie!Jy sal maar moet ingryp,dat hy nie in ‘n totale stadsjapie verander nie.
LikeLike
Jy’s reg omtrent die stadsjapie ding. (Fluister: gelukkig respekteer sy pa die grond waarop ek loop … die houvas is liefde. Ons is mal oor mekaar) Ons word mos wys met die ouderdom, is dit nie so?
LikeLiked by 1 person
Mom and dad can not wait to fold open my perfectly ironed shirts and grandmother can not wait to my kaalboud in mud puddles with butterflies. 🙂
LikeLike
Thanks Sedge! I love the way you replied on my Afrikaans articles. Preciate your effort. You’re special. Love the word ‘kaalboud” (bare-buttock) in English!?
LikeLiked by 1 person
oOo….bare-buttock…☺☺☺
LikeLiked by 1 person
Wonderlike nuus! Ons is bly saam met jul hele familie! Wat n seen!
LikeLike
Dankie Dries dat jy ons vreugde oor kleinding deel. Waardeer.
LikeLiked by 1 person
Ooooo, dis wonderlik! Hy gaan die heerlikste avonture saam met sy ouma beleef – ek hoop van harte jy skryf sommer dikwels daaroor!
LikeLike
Dankie Frannie! Jy maak my sommer opgewonde oor kleinding se avonture saam met my. Waardeer jou woorde.
LikeLiked by 1 person
Wat fantastisch is dit.Geniet er van.
LikeLike
Dankie, dit is fantastische nuus oor die baby. Ons gaan hom baie geniet.
LikeLike
I didn’t understand everything but I think congratulations are welcome. Love to read the sud African language. Looks a little like Dutch ( my language). Have a nice evening
LikeLike
Thanks for your congratulations on baby, Hillechien. Appreciate. I want to peep into your blog today.
LikeLiked by 1 person
Ag baie geluk jong. Ek het lang jare reeds vrede gemaak met die feit dat ek nooit Ouma gaan wees nie en toe, op ‘n dag, kry ek ook een van daai sonarfotos. Het my amper onkapabel geskrik, want ek weet toe nie of ek nou regtig Ouma wil wees nie. Sy is nou sewe maande oud en ek verveel almal tot die dood met fotos op facebook. Geniet hom!
LikeLiked by 1 person
Aaag dis wonderlik om te hoor dat jy ook ‘n nuwe Ouma is. Wat van ons blog-ouens. Mag ons ook ‘n vars fotokie of 2 kry van kleinding? Eks skaars op FB. Kannie dit ook behartig. (Ek kan natuurlik nie wag om Oumie te word, het iets nuuts in my lewe nodig!) Dankie jou kommentaar.
LikeLiked by 1 person
Ek sal so maak
LikeLike
Ooooooo hier kom ‘n ding! baie geluk. Jy sal moet begin briewe skryf soos Dirkie!
LikeLike
Yip – hier kom ‘n ding. Het alreeds vir Peetma-Blommie en oupa gesê ons moet maar kleinding in Coolerbox sit as ons die katte gaan jag. Blykbaar raak hul mal as hul die geluid van ‘n baba hoor. Hul jag mos lammertjies. (Fluister: moenie pa en ma vertel nie)
Ek gaan defnitief by Dirkie kers opsteek. Eendag kan kleinding die briefies oor hom lees as hy groot is …
LikeLiked by 1 person
Eintlik is ek heeltemal in die war… (die koppie is mos maar blond ook) Verduidelik asb as jy ‘n tydjie het in ‘n epos… wie waar wanneer en so meer! Is jy opgewonde of wat?
LikeLike
Maak so.
LikeLiked by 1 person
Dankie ek het gekry … sal nog antwoord
LikeLike
Congratulations!!
LikeLike
Thanks Amy. Appreciate.
LikeLike
Pragtig! Geluk!
LikeLike
Baie dankie vir jou inloer. Sal by jou moet kersopsteek hoe om kinders te hanteer. Het vergeet…
LikeLike
Ja, dit is “on the job training” ek leer nog self elke dag…lol. Jy is welkom! 🙂
LikeLiked by 1 person
Oh wow Oumie, dis stunning! Riekert gaan verseker die beste van altwee werelde he!
(Baie oulik geskryf ook natuurlik ) 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie Sparkle! Eks natuurlik vreeslik opgewonde en kannie meer wag vir die kleinding.
LikeLike
Hoekom wys ek “anonymous”??
LikeLike
Ek het ook gewonder wat gaan aan… Baie geluk aan jou ook Peetma!! Hoop ons kry oulike fotos van die rakker. (Fluister: ons steek hom in die coolerbox weg as ons naby luiperds kom … )
LikeLike
Baie geluk 😊
LikeLike
Vreeslik dankie, ek gaan by jou kom aanklop vir mediese hulp wanneer raadop met die nuwe kleinding. Hy laat sy ma huidiglik goed les op sê met die sooibrand en naar!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig gaan dit ook verby, maar ek vertel jou n geheim ek is bang vir bsbas as hulle huil 😊
LikeLiked by 1 person
Hiehie – oulik gestel.
LikeLike
Dis pragtig!!! Baie geluk!!
LikeLiked by 1 person
Vreeslik dankie. Kannie wag vir die rakker se arrivasie. Oumie kloek al klaar.
LikeLiked by 1 person
Ek kan net dink! 🙂
LikeLike
Briljant!!! Sit sommer mt ‘n traan inni oog!!!
LikeLiked by 1 person