Bloedbad: Lem teen die nek

Haar flanke tril bewend. Daar hang bloedreuk, sweet en rooistof in die bosveld ruimte. Die skok: die warm druppels op haar nek, dis haar eie! Hartseer snork sy oor die vrug wat nog in haar skoot woel, dit wat haar maagdelikheid ontneem het, nog voor sy dit aan die savanna kon offer.

KARONGWE SEBRA SWAAR IN DRAG MET VOLMAAKTE STREPE
KARONGWE SEBRA SWAAR IN DRAG MET KENMERKENDE SWART-EN-WIT STREPE

So begin die verhaal van ‘n gestreepte skoonheid wat se vel meedoënloos afgeslag is, sodat die mens in onnodige weelde kan leef.

DIE UITDAGING
Scrapydo daag ons uit om oor klere of modes te skryf. Egte leer- en velprodukte kom net dié toe met ekstra pond in die sak. Sebravel is gewild omrede van hul aantreklike en uitsonderlike streep-patrone en sterk blink haredos.

My eie pa het trots op die plaas rondgeloop met ‘n cowboy-hoed waarom ‘n breë sebrabelt vasgemaak was. Vandag is my broers grootwildjagters, terwyl ek meer veg vir die ‘bewaring’ van hierdie prag diere.

Sebra klere storie

STREPE IN DIE BOS
Elke keer wanneer ons sebras kiek, is daar iemand wat opgewonde fluister: “Wow – kyk net hiérdie een se strepe!” Nie een sebra se lyne is dieselfde nie. Soos die mens se vingerafdruk, is hul almal uniek en verskillend.

VIR DIE NATUURLIEFHEBBER IS DIE BOS EN SEBRA EEN
VIR DIE NATUURLIEFHEBBER VORM DIE BOS EN SEBRA ‘N ONAFSKEIDBARE EENHEID

.

Maar waarom is die sebra (Hippotigris sebra) se vel wit-en-swart gestreep?

JONG MERRIE MET DIAMANTSTREPE OP VOORKOP
MAFUNYANE JONG MERRIE MET DIAMANTSTREPE OP VOORKOP

Daar is verskeie hipoteses. Sieninge soos:

1.  Kamoeflering mag die hoofoorsaak wees. Tussen donker takke en ligte sandkolle mag die leeu nie die sebra se kleure gou raaksien nie.

2.  Ander wetenskaplikes meen dit het te doen met die paringsritueel tussen die hings en merrie.

3.  ‘n Paar jaar gelede het navorsers met ‘n teorie vorendag gekom dat die strepe steekvlieë weghou.

4.  Dr Brenda Larison van die Universiteit van Kalafornië in Los Angeles het 16 plekke in Afrika besoek waar sebras voorkom. Navorsing toon hoe warmer die gebied hoe meer strepe het die sebra.

STREEP DIE SEBRA HOMSELF KOELER?

AFGEWASTE STREPE WAT UITSONDERLIKE PATROON VORM
AFGEWASTE STREPE MET ‘N UITSONDERLIKE KLAD-PATROON  (Foto: Blommie KNP 2013)

Haar teorie is dat die lug vinniger beweeg oor die son-absorberende swart strepe en stadiger oor die wit strepe en sodoende ’n verkoelende lugstroom veroorsaak. Voorwaar ‘n selfingeboude lugverkoeler vir die sebra.

Sebra kleintjie 2
LIGTER GOUDBRUIN STREPE VAN DIE PASGEBORENE  MET BOSLUISVOEL OP DIE RUG

JONGELING DRA GOUD IN DIE MORESTOND
Vir my is daar geen pragtiger kleintjie dan ‘n  sebra-perdjie nie. Hulle sagte boudkroesies en welige maanhare streel en bekoor my oë elke keer.

Sebra kop final
DIS NET DIE MEESTERONTWERPER WAT HIERDIE SEBRA SO PERFEK KON FORMEER

 

KOERANTBERIG:

Klere-verwar-diere-in-britse-dieretuin
‘n Britse dieretuin het gister aangekondig dat ‘n verbod geplaas word op die dra van klere waarop luiperd- of sebra-motiewe gedruk is, aangesien dit die diere verwar. Volgens die dieretuin was die diere oorvriendelik met mense wat dierhuid motief klere dra.

Die diere het ook weggehardloop vir mense wat klere aan het wat soos roofdiere se vel lyk. Die dieretuin het klere beskikbaar gestel wat meer gepas is. (Internet)

MAFUNYANE HINGS LANGS DIE ...
PRAGTIGE MAFUNYANE HINGS MET PAJAMA-KLERE – April14

Het jy enige dierevelklere in jou huis? Vertel gerus meer.

Lees ook die uitdaging oor klere/modes hier: https://scrapydo2.wordpress.com/2015/02/05/toeka-tokel-7-kleremode/

31 thoughts on “Bloedbad: Lem teen die nek”

  1. Kan my ook verkyk aan die Zebra kleintjies. My man sê altyd hulle laat hom dink aan tieners met daardie hare van hulle. Eers verlede jaar uitgevind Zebras se strepe verskil… soos jy sê, soos vingerafdrukke. Sal ‘n mens seker altyd verwonder aan die natuur.

    Liked by 1 person

  2. When I click your gravatar (from the Like on my blog) it takes me to a site that says “the site is no longer available.” Looks like your gravatar may not be linked to this site. (?)

    Like

  3. Ek is MAL oor sebras. Hulle het soveel karakter. En al het ek klere gemaak van diervel in my kas, glo ek nie daaraan om diere te skiet ter wille van hulle vel nie. Ek glo ook aan die bewaring van diere.

    Liked by 1 person

  4. Ja, ek het dierevelklere in my kas. En nee, die diere is nie gejag ter wille van hulle vel nie. Ek het ‘n volstruisleerbaadjie, gemaak van volstruise wat geslag is, wat in elk geval geslag sou word. Ek het skoene van egte leer.
    Ons wat van die plase af kom, is geleer dat, as ‘n dier doodgemaak word om ge-eet te word, die HELE dier gebruik moet word, anders is dit vermorsing.

    Liked by 1 person

    1. So waar, Toortsie, ek dink almal van ons het een of ander vorm van vellies of klere in ons kas. Beursies en belde is ‘n goeie voorbeeld hiervan. En ek het ook nie ‘n probleem met diere wat doodgemaak word om ‘n behoefte te vervul nie. Inteendeel, is dit Gods voorsienigheid.

      Mens moet rassioneel kan onderskei wanneer wreedheid en geldgierigheid intree (soos met renosters) of wanneer die natuur in ons behoeftes wil voorsien. My ma kon die heerlikste wildskerrie opdis. En volstruis-mince is vir my ‘n gesonde heerlikheid.

      Liked by 1 person

  5. Thank you, Spokie, for being a protector of these wonderful creatures 🙂
    Thank you for going against your family’s tradition ~ not easy.
    I salute you!

    Liked by 1 person

    1. Snaaks, ek was ook nooit lief vir dieremotief klere nie. Vernaam die bont van ‘n sebra of kolle van ‘n luiperd. ‘n Egalige kleur sou my miskien nog trek. Dankie jou besoekie.

      Liked by 2 people

  6. Dankie Spokie dit was/is n heerlike inligtingsstuk oor die zebras. Dankie vir deelname aan Toeka-Tokkel. Dit het beslis met klere en mode te doen. Interessante teorie oor die strepe. Klink of dit nogal waar kan wees.

    Liked by 1 person

    1. Dankie jou inloer en kommentaar Scrapydo. Was dit nie jou uitdaging oor modes/klere nie, het ek nie hierdie stukkie kon skryf nie. Waardeer dus jou moeite met ons.

      Like

    1. Dankie jou besoek Xena. Ja – dieremotiewe op klere was ook nog nooit vir my iets moois nie. En dankie vir jou stem op die afkoelingsteorie.

      Like

  7. Weet jy, ek moet eerlikwaar sê, die diere-motiewe op klere (opreg of nagemaak), het my nog nooit aangestaan nie. Dit lyk ietwat onvanpas aan ‘n mens – ek loop liewer net in my eie vel sonder enige ander bedekking.

    Like

    1. Hiehiehie – ek hou van jou stelling Hester, om eerder in jou eie vel rond te loop as met dierevelle. Dankie jou inloer. Waardeer.

      Like

  8. So perfek, sulke sagte oe.
    Hier by ons sien ek meer en meer dat Sebras op plase begin rondloop. Hulle is pragtig. By sommige restaurante is daar Sebrasteak ook op die spyskaart.

    Het ek maar ‘n plaas van my eie gehad, dan het ek hulle almal by my kom laat bly.

    Liked by 1 person

    1. Aaah Sparkle, ek sal maklik saam met jou op ‘n plaas met sebras bly. Sebrasteak? Moet sê, ek het dit nog nooit ge-eet, maar wonder of dit baie wild smaak? Ek ken van rooibok en buffel.

      Like

Gesels asseblief saam ...