Sy rill … tot binne in haar siel. Sien weer die honger swartkopdogtertjie wat deur die verbode doringdraad wurm om by die winkende soet nektar uit te kom.
Opgewonde pluk sy. Die vrugte laat haar mond water en maak sy sommer van haar rokkie se skoot ‘n mandjie. Terug by die draad moet die kosbare vrag eers neergegooi word, dan weer opgetel word, voordat sy vinnig kan terugvlug huistoe.
Sy voel hoe honderde onsigbare doringkies hul suiers diep in haar brose velletjie insteek. Selfs haar sagte binnebeen plekkies onder die kosbare vrag begin kriewel. Maar sy weier om haar oes weg te smyt. Voel dan hoe die sout van haar trane die dorings wat op haar bolip vergader, aan die brand steek …
“Gaan ons turksvye pluk?” dring manlief weer en my oë vlieg oop.
“Nee dankie!” Ek skrik vir die drif. Skielik voel dit of my hande oortrek word met hordes onsigbare stekels.
Almal spring op die Jeep. Ek wuifel: “Goed goed, ek gaan saam, maar net om fotos te neem …”
Weereens wink die buurman se vye deur die draad na my. Maar hierdie keer is daar oorgenoeg aan die binnekant.
Deur die lens vergru die vyand: “Rerig?” snork ek liggies, geen wonder – die stamdorings van die turksvy steek wild en wragtig na alle kante en is nie skaam om hulle prik te pronk nie.
Die Opuntia tuna is deel van die kaktus familie en is die dorings en distels op hierdie plante eintlik “verskrompelde blare” wat vir ’n ander doel toegerus is.
Pynlike ondervinding vanuit my kinderjare leer: Maak eers vir jou ‘n jamblikkie ordentlik vas aan ‘n lang paal. Pluk dan nét daarmee! En moet ook nie onder die wind staan waarheen die dorings waai nie, anders “sit jy met ‘n turksvy.”
Dan word die vrug in ‘n emmer met water gedompel en goed geroer sodat die dorings kan begin loswoel.
Turksvye is van Suid-Amerika na Suid-Afrika gebring, en word oor die algemeen as ‘n pes en bedreiging beskou.
Ek glimlag vir die sebra’s agter my wat nuuskierig nader staan. Selfs húlle wonder waaroor die commotion gaan.
Nou is dit die dames se beurt.
Terwyl sy oes sing die sonbesies: “Die oes is groot maar die arbeiders is min!” Ons raak vrolik want niks is so lekker soos ‘n yskoue turksvy vanuit die yskas nie.
By die Jeep word die vye weer oorgeskep in ‘n ander houer.
Ek adem die omgewing in. Hier tussen veldblommetjies en miskruiers kan mens ontspan. Dis lekker om te weet dat die swartkopdogterjie haar vrese oorwin het.
Sy was maar net deel van die spel-van-grootword in die woeste wildernis.
This article will help the internet viewers for building up new web
site or even a weblog from start to end.
LikeLike
Pragtig geskryf.
So rustig omring deur wilde diere♥
LikeLiked by 1 person
Dit moes verskriklik seer wees!
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLiked by 1 person
om daardie ou fyn doringkie te verwyder was jou net beskore as jy dit kon raaksien.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook ‘n bekvol turksvy gekry desjare in Suidwes op die plaas. My ouma het botter gesmelt en my mond laat spoel met dit. Ek kan nie onthou hoe lank daardie proses aangegaan het nie – ek weet net dit was vrek lank vir ‘n 5-jarige 😦
Maar ja, yskoud (en geskil! ) is dit héérlik 😀
LikeLike
Eina – ‘n bek vol turksvy dorings? Ja, so iets vergeet mens nooit. Dankie jou besoek! Ek gaan daar by jou ook loer …
LikeLiked by 1 person
Oe lekker lekker…. ek ken turksvye van plaastyd as kind. Behalwe vir ‘n verdwale doring het ons lekker geeët want my oupa het ons geleer om met die blikkie turksvye te pluk. Ons het hulle dan in die sand gerol om van die dorings ontslae te raak.
LikeLiked by 1 person
Ja, ‘n koue turksvy bly maar ‘n lekker ding! Dankie vir jou besoek. Lekker.
LikeLiked by 1 person
Ai toggie die arme swartkopdogtertjie. Ek is bly jy het jou vrees oorkom. Ek geniet jou beskrywings en fotos
LikeLike
Aag dankie die besoek! Dis lekker om jou te sien.
LikeLike
Dankie jou besoek, Hillechien. Turksvye is baie baie lekker! Vernaam koud. Smaak amper soos watermelon?
LikeLike
Pragtige foto s!
LikeLiked by 1 person
so interesting.
LikeLiked by 1 person
Heb ze in Mexico toen ik er woonde ook gezien maar nooit gekocht.Hoe eet je het?waar proeven ze naar?
LikeLike
Dankie die besoek. Turksvye is heerlike vrug! Jy moet net baie versigtig dit afskil.
LikeLike
Bedankt zal het binnenkort eens proberen
LikeLike
“nie skaam om hulle prik te pronk nie” 🙂 oulik
My suster as stadsjapie (en nie-perdryer) het gaan perdry op my oom se plaas. Die perd het vasgesteek voor ‘n plaat turksvye en sy het binne in dit beland. Dit was nie pret gewees nie!
LikeLiked by 2 people
Jou suster binne in turksvye? Oe nee, dit wat seker vrekseer! Dki die besoek, dit voel so special.
LikeLiked by 1 person
Levensgevaarlijk vruchten begrijp ik, dat zijn de lekkerste
LikeLike
Dankie jou besoek by die Turksvye, Eveline. Waardeer baie.
LikeLiked by 1 person
my pa het ook so ‘n blikkie aan ‘n lang stok gehad vir die turksvye, want behalwe vir die dorings, was die slange ook baie lief om in daardie bos rond te le.
LikeLiked by 1 person
Slange in turksvy bosse? Aardeland, nie gedink hul sal daar binne wees nie, sal volgende keer eers mooi moet oplet voor ons weer net pluk. Dankie jou besoek, dit is lekker!
LikeLiked by 1 person
Jislaaik, daai klein dorinkies sit vir DAE lank nog vas op snaakse plekke🙈
LikeLike
Dankie die besoek. Turksvye dorings? Ja, hul kan voorwaar op snaakse plekke inkruip.
LikeLiked by 1 person
My mond water sommer by die gedagte aan daardie heerlike soet van die vrug. Jip, het ook deur geloop as kind. So mooi geskryf.
LikeLiked by 2 people
Hie-hie. Ja, ek dink ons het almal deurgeloop onder turksvy dorings. Dankie die besoek. Dis lekker!
LikeLike
Ai Spokie,jy maak nou herrinneringe wakker!Daar is niks so erg soos turksvydorings nie..het ook as kind ‘n stel daarmee afgetrap.So ‘n lekker-leesblog,dankie!
LikeLike
Skuus ek kom nou eers terug, Perdebytjie. Ons rekenaars al WEER hier by die werk gesteel. Dis ook die 3rde inbraak vir hierdie maand … Maar dankie jou besoek by my Turksvye. Lekker om jou te sien elke keer.
LikeLiked by 1 person
Ag toggie,mens wil sommer huil oor die inbrake!!Ek is bly jy is darem weer op die lug.
LikeLike
Ai toggie Spokie!Die diefstalle maak my woedend…sterkte!
LikeLike
mooie foto’s, waar smaakt het naar?
LikeLike