Veldfeite

In vandag se tegnologiese tydperk is dit nie meer moeilik om jou vinger op ‘n knoppie te sit en goeie fotos te neem nie.

Die vraag wat ek moet vra is:  “KEN ek die produk wat ek wil kiek?”  Want feite omtrent die dier of omgewing gee die foto ‘n dieper betekenis en kleur die prent vir ander in.

Almal ken die Olifant. Maar weet ons dat ‘n olifant tot 6 300kg kan weeg en tot 40km per uur kan hardloop? Dis belangrik om te weet dat olifante se getalle steeds jaarliks afneem en nou slegs beperk is tot groot bewaringsgebiede. Indien ek hiervan bewus is, sal ek ook iets doen om die olifant se bestaan vir ons nageslag te help bevorder.

DORSTIGE KRUGER OLIFANT suip water vanuit 'n opgaardam voor die eerste reëns
DORSTIGE KRUGER OLIFANT suip water vanuit ‘n opgaardam voor die eerste reëns.  (Foto: Blommie 2012)

Hoeveel water moet ‘n olifant per dag drink? Ken jy die antwoord? Voeg die antwoord gerus by onderaan jou kommentaar – ek is seker daar is ander wat ook graag wil weet.

Feite verdiep waardering en ontlont nuurkierigheid. Dink net hoe lekker sou dit wees as almal hul kennis onder fotos kon byvoeg.

Wees dus welkom!

 

Veldfeite 1:   Lees hier omtrent dierspore. Kan jy iets byvoeg?      https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2014/10/02/luiperdspoor-in-die-sand/

Veldfeite 2:   Lees omtrent die bontrugwewer hier:     https://spokiesnyspoor.wordpress.com/2014/11/03/bontrugwewer/

8 thoughts on “Veldfeite”

  1. Wat ‘n stunning foto van die pragdier Spokie. Ag moeder! En kyk hoe lekker drink ons daardie water! Te mooi vir woorde! 😀

    Dis baie lekker om interessante feite oor diere op te lees en meer te leer van hulle. Ek weet ek geniet dit vreeslik as ek foto’s neem van die goggas en diere om my en hulle te gaan op-google op die internet. As ek nie weet wat dit is nie, vra ek maar rond of sluit aan by groepe op FB om my te help.

    Hierdie is so lekker pos van jou en sover ek weet, drink olifante tot 250 liter water per dag en as hul meer drink, dan is daar ‘n teken dat daar iets fout is met hul gesondheid, maar dit is maar net wat ek al opgelees het oor hulle. Of dit so is, weet ek nie. Mens kan nie altyd alles glo wat jy lees nie. 😆

    Verskoon my dat ek verder gaan lees. Jy het my nou ‘hooked’. 😀 ♥

    Like

    1. Nou toe – sien, ek het nie eers geweet ‘n olifant drink so baie water op ‘n dag en dat jy volgens dit hul gesondheid kan meet nie. Interessant! Ja, die diereryk is so ryk dat ons jaar in en jaar uit saam hul kan kuier.
      Daardie ladybird van jou het my vandag net so interesseer. Eers was ek hartseer dat hul net ‘n jaar leef, en toe bly toe jy antwoord dat daar baie kleintjies darm uitbroei.

      Liked by 1 person

      1. O, ek stem beslis hoor en dis lekker om saam mense te kuier wat net so lief is vir die natuur en diere en nog lekkerder as ons so saam kan leer. Ek geniet dit vreeslik en jou blog is so lekker kuierplek hoor. 😀

        Ek is mal oor die goggas en goete wat hier in my tuin rondwemel en ek is bly ek kon jou hartjie weer blymaak. Ek probeer maar altyd die positief in iets sien wat my ook hartseer maak. 😀 ♥

        Like

  2. Sê tog dankie aan Blommie vir die mooi foto. Ek het nooit kon dink dat ‘n olifant so goed sou balanseer op een poot nie! (Wel, sirkus olifante kan, nê!) 😃

    Like

Leave a reply to Sparkle Cancel reply

Proë die wildernis

Drome Visioene en Profetiese Simbole

LEER KEN GOD SE STEM IN JOU DROOM

Die Boek Van Die Aarde

Die Vyfde Epogale Openbaring Vir Ons Dag

Manna Tydskrif's Blog

Just another WordPress.com site

WOORD IN AKSIE KAMPE - LIMPOPO

WEGBREEK NAWEEKKAMPE OP 'N GENESINGSPLAAS

heartprints

live the story you want to tell

Christastories

"You are never too old to set another goal or to dream a new dream" - C.S Lewis

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Wegkruipplek

Dis hier waar ek kan skryf wat ek wil

Lekkervurigeaffêre

Vlammetjies vreugde en verdriet en so aan, en nee dis nie oor jou nie!

Raising My Rainbow

Adventures in raising a fabulous gender creative son.

Sonneblomsaadjies

Mag Abba Vader Sy Lig or jou skyn

Sterkloop Properties

Construction and Rental Services

Diary of an Adventurous Retiree

Making the most of the South African Lifestyle

Training for Eternity

Training for Eternity

Woestynkind

Die wandelende opinie

Abrie dink hardop

Jy is wat jy dink - nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is.

Metamorfose vir my Siel

ñ Reis na self ontdekking.... wie weet dalk loop ons mekaar raak.

eggovrou.wordpress.com/

Sprei jou vlerke

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

maletatsi

Just another WordPress.com site

Miya-se-Babbel-Bek-Blog

avontuur - verken - natuur - waag - anders - babbelbek - uniek

Musin' With Susan

Life Through My Lens

The Psalmist

Psalms and poems of praise to the Lord

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Trommeltjie

Lewenspaaie.

rondomtaliedraai

Blessed is he who expects nothing, for he shall never be disappointed. (Alexander Pope).

Lelie van die Veld

Inspirasie vir elke vrou van God. Ons gesels oor vrou-wees, vriendin-wees en Christen-wees.

twee kinders later

'n Doodgewone ma se kaalvoetstories

wildernessie

A wild enquiry | Wilde ontdekking

Rusplekkies op my Geloofspad

Past. Tommy Lessing se blog

Herriemerrie

Ietsie van alles

Karinsegriffels

My Griffels en Skryfsels

Ilze Gopal | My Denke

Natural Bipolar Poetry

Recruit's Story

The Saga Continues..

Daily Manna

By Heart of Worship

Martha L Shaw - Poet, Writer, Author, Artist

In Love Wth The Lord Poetry & Prose

Afrikaans-in-Amerika

Boeremeisie tussen die Yanks

Kouevuur

wat brand in my kop

WordPress.com News

The latest news on WordPress.com and the WordPress community.

Danie Jonker

Met my God spring ek oor 'n muur

houvanblou

My gedagtes soos ek groei, leer en leef.