Die Kruger Wildtuin is groen. Tangle-groen.
Selfs die langbeen-diere sukkel om kop bo gras te hou. Ek sug – die kans vir kolle in die sand of agter welige blare, is skraal. Die bosveld ruik egter vol avontuur.
My oë brand van al die stipkyk, soveel so dat die stoomende stofkol wat in die grondpad na ons aangerol kom spookerig voorkom.
Dis Skillie. En op ‘n mission! Hy marsjeer reguit op my af.
Die kar briek. Skillie bars in my lens in. Donker priemende kraalogies tuur tot diep binne in my siel.
“Waar is die marshmallows?”
“Wat?” skrik ek en tuur terug. Het die kruger-diere hul respek vir mense verloor?
Tandloos en papbek hap hy na my – en wag – en hap weer.
Ek vererg my vir die arrogansie. Ek meen – soek hy dalk ‘n pienke of ‘n witte? Realiteit skop egter in en ek antwoord beslis: “Jammer, ons is gehoorsame burgers, ons voer nie.”
Ons oë gom. Hy wag beslis, ek kliek gewis.
“Is jy verwant aan ‘n denosourus?” vra ek en verkyk my aan sy growwe skilferdobvel.
“Wel … ” skommel hy en lig sy skub-bedekte voorklou, “eet ‘n denosourus marshmallows?”
“Sorry, geen marshmallows,” snork ek en zip die kosmandjie toe.
“Sorry, geen fotos, ” wip hy en zip weg onder sappige groen gras.
Die Kruger is nat en die damme vol. By die volgende laagwaterbrug woon ‘n mega-skilpadfamilie saam hul aangenome krok-ma.
Ons stop en begin kliek. My lens sien tot binne in die hart van ogies.
“Waars die marshmallows?” koor dit.
“Wat!?” blaas ek verontwaardig. Wat gaan aan met die Kruger diere. Nes die politiek ruk dinge handuit.
Dit voel of 20 paar oë my deurboor. Naby my, heelvoor troon die patriarg.
Hy is aantreklik en glibberig. Spog met 2 geel pêrels op sy onderlip. Deur die lens sien ek hoe die borrels uit sy ronde snoetgate stoot:
“Kom ek vertel jou die geheim …” brom hy onskuldig en swaai sy volle lyf na my. Ek aanskou dit ondersoekend en skrik vir die vetterige rou wond deur sy dop wat na my gaap. Ek sluk.
“Die geheim is,” kom dit manipulerend, “as die marshmallows volop val, byt die krokodil nie na doppe nie.”
Ek hyg! Rondom raak die veld stil. Die krokodil knipoog na my. Op haar rug gewaar ek ‘n blinkding wat skree: “Help, help!”
Is dit wat mens ‘n Kruger-“bribe” noem? Ek smyt die kamera neer.
En voel hoe my vingers diep in die sagte marshmallows woel. Skielik hunker ek na die pienksoet daarvan op my bitter tong …
Love this post! How are you Lion? 🙂
LikeLike
Ai uitstekende vermaak. Dankie. My dag is nou sommer opgevrolik. 🙂
LikeLike
Wat een prachtige natuurfoto’s heb je weer geplaatst.
Altijd fijn hier op bezoek te komen.
LikeLike
hoe lekker, voel of ek vir ‘n wyle weggevoer is na ‘n lekkerder plek as my kantoor. Skilpaaie fassineer my netso.
LikeLike
Aag dankie jou besoek! Ek sit ook maar vasgevang in ‘n kantoor. Lekker werk …
LikeLiked by 1 person
Ekskuus ek weet nie hoe anders om jou te kontak nie,
Daar is ‘n aanmerking op jou Wyshede pos, ek weet nie of jy dit al gesien het nie.
Kyk in jou Spam ;-(
LikeLike
Aag dki dat jy die aanmerking raakgesien het, Tokeloshe. Ek maar dom met die tipe dinge. Weet ook nie eintlik wat om daarmee te maak nie … jy moet my maar laat weet.
LikeLiked by 1 person
Dit is seker nie ernstig nie. Gaan na jou admin toe, en dan na comments toe, jy kan dit daar delete, myne ook as jy wil.
Die skakel sal so iets wees. https://spokiesnyspoor.wordpress.com/wp-admin/edit-comments.php
LikeLike
Ek gaan probeer. Aag, baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Uitstekend! Dankie Spokie.
LikeLiked by 1 person
Sneeuvlokkie
LikeLike
Aaah! Lekker om jou weer te sien …
LikeLike
Ai lekker Spokie!
LikeLiked by 1 person
Ai dankie Dries! lekker as jy inloer …
LikeLiked by 1 person
Jy moet begin storied skryf!
LikeLiked by 1 person
Ag dankie seegogga, jy hierdie tipe storie dink ek pas meer by kinders … dankie die inloer.
LikeLiked by 1 person
Pragtige fotos!
Ag, ek is gek oor jou byskrifte. Hee-hee 😉
LikeLiked by 1 person
Dankie jou besoek Tokeloshe. Ja, mens is geneig om skilpaaie mis te kyk, terwyl hul sulke interessante diere is.
LikeLiked by 1 person
Het lijken allemaal oude mannetjes. Met een glimlach dit blog verlaat☺️
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou lees en kommentaar, Eveline. Waardeer baie.
LikeLiked by 1 person
Lekker gelees en gekyk. Jy moet dit weer doen
LikeLiked by 1 person
Hie,hie. Dankie jou besoek Tina. Skilpaaie is baie slimmer as wat mens dink …
LikeLiked by 1 person
Moet wees.
LikeLike
Wonderful reading. Love these beautiful captures!!
LikeLiked by 1 person
Wow – thanks for your visit, Amy! So special to hear from you …
LikeLiked by 1 person
My great pleasure! 🙂
LikeLike
Lekker storie en pragfoto’s! Ek is nou vreklus vir marshmallows!
LikeLiked by 1 person
Dankie die inloer Perdebytjie. Ek is net so mal oor marshmallows. Gelukkig is dit die goedkoopste lekkers op die rak.
LikeLiked by 1 person
Ja…amper waarde vir geld.LOL!
LikeLike
Dis nou sommer ‘n lekker storie saam met pragtige fotos. Skilpaaie en krokodille – is dit nou waterskilpaaie wat so braaf is? Hulle lyk vir my anders as die een wat daar in die pad af gestap het.
LikeLiked by 1 person
Waardeer jou kommentaar Hester, hier by die skilpaaie. Ja die eerste een was meer ‘n landskilpad en die laaste waterskilpaaie. Tydens ons besoek in die Kruger was daar baie in die pad. Miskien sukkel hul om deur te ruigtes te stap, en verkies ook die paaie.
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ek waardeer!
LikeLiked by 1 person
Pragtig wragtig! Lekker gelees en sommer in n bree glimlag omvou.
LikeLiked by 1 person
Dankie jou besoek trommeltjjie. Dit word hoogs waardeer.
LikeLike
Briljant geskryf! 10 uit 10 hiervoor. Ek het dit nou só geniet.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Travel! Ek waardeer dit baie. Skilpaaie is maar vaal sonder ‘n storie.
LikeLiked by 1 person
Hulle laat my dink dat hulle met ń ewigheid se wysheid rondloop.
LikeLiked by 1 person